Handel en nywerheid aanvaar nuwe kredietwysigingswetsontwerp

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die portefeuljekomitee van handel en nywerheid het ʼn nuwe kredietwysigingswetsontwerp aanvaar.

Joanmariae Fubbs, voorsitter van die komitee, het gesê die wetsontwerp is Woensdag goedgekeur en sal verligting bied vir Suid-Afrikaners wat te veel skuld aangegaan het en nie enige ander doeltreffende metode het om hulself uit skuld te kry nie.

Sy het gesê die wetsontwerp spreek die lot van arm en lae inkomste-werkers aan wat te veel skuld aangegaan het en sal verantwoordelike lenings aanmoedig.

“Die wetsontwerp versterk die Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Kredietwet wat Suid-Afrika in staat gestel het om die grootste impak van die wêreldwye finansiële ineenstorting in 2008 te weerstaan,” het Fubbs gesê.

Die wetsontwerp wil diegene met skuld help wat R7 500 of minder per maand verdien.

Fubbs het gesê skuld sal slegs gekanselleer word nadat alle ander moontlike maatreëls uitgeput is. Riglyne sal ook kredietlewensversekering verskaf vir alle lening van meer as ses maande en tot en met R50 000.

Die wetsontwerp is by die nasionale vergadering ingedien vir oorweging en ʼn debat oor die wetsontwerp is vir Woensdag geskeduleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louis ·

Ek is bly dat mense geleer sal word hoe om lenings meer versig aan te gaan.
Kan iemand my miskien help met die regte telefoon nr of epos adres van die mense wat jou op die swartlys registreer. Ek het n mediese rekenig gehad van R290.00, wat ek nooit ontvang het nie omdat ons verhuis het. Die rekening het toe by die hof gedraai en ek het dit heeltemal vereffen toe ek daarvan bewus geword het, en het ook die bewys dat die hof die aksie teen my gekanselleer het. Maar nou bly dit op die swartlys teen my naam, alhewel die prokureur wat als namens my gehanteer het alle bewyse aan die krediet (swartlys) mense gestuur het, maar sonder sukses. Dit is al omtrent 4 jaar gelede dat die hof hul aksie gekanselleer het.

Ellisras ·

Die munt het 2 kante. Eerstens behoort mense wat min verdien nie skuld te maak nie.
2. MAAR. Mense/Mpy moet weet dit is maklik om ‘n ou om te praat om ‘n luukse item met ‘n klein paaiement vir die res van jou lewe te koop. Met die 2 de lening kan die skuldenaar nie meer betaal nie. Ons moet die aanbod stop. Die vraag het nie die vermoë om te verstaan hy stuur op ‘n ramp af.

Annette ·

Ek kan nie dink dat nog ‘n lening aan ‘n persoon hom //haar gaan help nie. In die eerste plek kon die persoon nie sy kant van die ooreenkoms na kom nie hoe gaan die persoon dit met ‘n 2 de lening kan doen. Ek dink dit is beter om sulke mense finansiele lyding te gee hoe om met jou geld deur te kom en hoe om jou inkomste tot jou beskiking te bestuur. Op die ou end is daar besighede wat daar onder lei elke keer wat die kredietbeheer wet verander tot guste van die skuldenaars. Mense moet die verskil tussen wat het ek nodig en wat wil ek net he vastel en daar aan werk.

Petro ·

Waar kan ek die hele volle artikel kry asseblief. Sal bly wees as mense geleer word hoe om hulle uitgawes te bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.