Handelaar in hof wat wapens glo onwettig verander

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn Vuurwapenhandelaar en geweersmid van Kroonstad het in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet.

Paul Notnagel (58) word daarvan beskuldig dat hy onwettige veranderings aan vuurwapens gemaak het.

Hy het Donderdag in die Kroonstad-streekhof verskyn en is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Die saak is tot 11 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Volgens kapt. Christopher Singo, Valke-woordvoerder in die Vrystaat, het beamptes van die Valke en die polisie se ballistiese eenheid Maandag Notnagel se wapenwinkel in Kroonstad deursoek nadat daar inligting ontvang is dat hy glo vuurwapens se reeksnommer verander en wysigings aan die wapens maak.

Singo het gesê daar is op 235 vuurwapens afgekom wat verander is, asook staalstensils en ʼn haelgeweer wat in Norwood gesteel is. Daar is op die vuurwapens beslag gelê en Notnagel is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AW ·

Het hy werklik gedink hy gaan wegkom daarmee…

Hoe dom !!

Mense Praat !!

Casper ·

As dit die geval is dan moet die reg sy gang gaan.Jammer meneer Notnagel maar jy is bewus wat die vuurwapenwet van handelaars verwag en van gewone vuurwapeneienaars.

Nie Verbaas ·

Weereens, n ou klein vissie. Verras ons met regeringsamptenare agter tralies.

Charl ·

Mnr Notnagel, jy nog nie geleer uit die verlede dat as jy iets soortsgelyks wil doen, doen dit in die geheim en hou jou bek styf toe, die wat jy dink jy kan vertrou is juis hulle wat jou verraai en in die rug steek ? As jy dit met goedbedoelde rade probeer doen het (gesien in die lig van blanke ontwapening deur die anc), het jy my simpatie, anders nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.