Handelskamer ‘teleurgesteld’ oor petrolprysverhoging

Argieffoto.

Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het Maandag gesê hy is teleurgesteld in, maar nie verbaas oor die verhoging in petrolpryse nie.

Maroela Media het vroeër berig die prys van 95-oktaan petrol sal van Woensdag af vir die eerste keer ooit meer as R17 per liter in die binneland wees. Die departement van energie het aangekondig dat 93-oktaan-petrol Woensdag met 99c per liter styg en 95-oktaan-petrol met R1 per liter styg. Diesel word R1,24 per liter duurder. Paraffien styg met R1,39 per liter en gas met R1,79 per kilogram.

Motoriste in die binneland sal nou R17,08 moet opdok vir ʼn liter 95-oktaan-petrol. Aan die kus kos dit nou R16,49 per liter. Die groothandelprys van diesel styg tot R15,65 in die binneland en R15,16 aan die kus.

Janine Myburgh, president van die handelskamer, het gesê die verhoging is ongelukkig te wagte weens die verswakte rand en duurder ru-oliepryse. “Dit is ʼn situasie wat ons al vroeg in September voorspel het moontlik tot ʼn skokkende verhoging kan lei. Nou het dit uiteindelik ʼn werklikheid geword.”

Sy sê tesame met ʼn krimpende ekonomie plaas dié verhoging groter druk op ondernemings en huishoudelike gebruikers.

“ʼn Groot deel van die skade is ongelukkig deur eie toedoen weens grootskaalse korrupsie, wanbestuur van ons staatsondernemings en die dreigende onteieningskwessie wat nie enige vertroue wek in beleggers nie. Suid-Afrika het soveel potensiaal en tog lyk dit of ons net so hard op die rempedaal trap as wat ons op die versneller probeer trap om vinniger vooruit te gaan. Die gevolg is dat ons baie vinnig op pad is nêrens heen nie,” het Myburgh bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris Ws ·

Alles te danke aan die president.Hy’t mos baie aandele in myne en hulle verkoop hul minerale vir Amerikaanse dollars so hoe swakker die rand hoe meer kry hy.Hy’t gevolglik nie ‘n saak met die brandstof prys wat styg nie.

Manie ·

Waar’s die groot mond Malema wat in die parlement gesê het “laat die rand val”. Miskien kan hy nou vir die armes gaan verduidelik hoekom hulle meer gaan betaal vir omtrent alles

anton ·

Ek is al naar as ek die brandstof se prys hoor!!! Dit is belaglik verby.
40% van die prys per liter, is a.g.v die regering se belastings!!!
Dus om en by R6-80 per Liter wat ons net aan belastings betaal!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Amper Anton……….maar dis eintlik R5,30 per liter wat na die regering toe gaan vir verdere wan-besteding. As jy dan gaan google hoeveel brandstof in SA verkoop word, dan genereer hierdie R5,30 vir die regering ongeveer R200 miljoen per dag!!!……..en niemand kan eintlik sien waarheen dit gaan of waar dit aangewend word nie….

Thinus ·

Als waarop die onbevoegde en korrupte ANC regering hulle hande le is een groot gemors. Hulle kan net nie ‘n land regeer nie en ons as belasting betalers en verbruikers moet heeltyd pa staan vir hulle chaotiese en swak deurdenkte belyde. Maar omrede meeste massas wat vir hulle stem minimum tot geen bydrae maak tot die ekonomie of belasting nie, karring hulle net voort omdat hulle grants kry waarvoor hulle nie ‘n vinger hoef te veroer nie. Met so ‘n populistiese en onbeholpte regering sal ons nooit vooruit gaan nie. Maak nie saak wie die president is nie. Solank die ekonomie gyselaar gehou word deur sosialiste en die unies, sal ons stagneer en dan terugwaarts beweeg. Dus moet die massas wakker skrik en stem vir vooruitgang en nie net ANC omdat dit ‘n swart regering waarborg nie.

Celtis Africana ·

” n Groot deel van die skade is ongelukkig deur eie toedoen weens grootskaalse korrupsie, wanbestuur van ons staatsondernemings en die dreigende onteieningskwessie wat nie enige vertroue wek in beleggers nie.”
Trots Suid Afrikaanse maaksel, tuisgemaak, tuisgebrou met baie skop!
Ek distansieër myself totaliteit van hierdie tuisgebroude mengsel synde ek in n staat van lydende verset is teen die kapasiteitsgestemde regering en sy stemvee.

morne ·

oor 10 jaar wonder ek hoe hulle dit gaan reg kry om grants te kan bekostig lees minsters betaal maar 1200 rand huur vir hulle woonstelle en dg s75 rand sekerlik belaglik vir mense wat 200000 rand n maand verdien.

Willie ·

Met die ANC is ons land nou so vinnig aan die beweeg dat ons binne n jaar terug sal wees by Jan van Riebeeck se tyd.. die man wat die ANC nou nog nagmeries besorg… o wee wat dan ??

anneke ·

ek sal maar liewer niks se nie…..ons bronne was mos verkoop aan ander lande ….. nou sit ons met die gemors van elke maand meer en meer betaal…..lekker land hierdie…..ek se maar liewer niks verder nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.