Handgranaat-moord: Weermag sal nie ondersoek doen

Argieffoto

Argieffoto

Die SA Weermag het Donderdag gesê hy gaan nie nou ʼn ondersoek doen oor hoe ʼn man van Amanzimtoti die twee M26-handgranate gekry het waarmee hy na bewering sy vrou vermoor het nie.

Joel Mahoase (44) het Donderdag in die Durban-landdroshof verskyn nadat hy Sondag glo twee handgranate na sy vrou, Lesego, gegooi het tydens ʼn rusie. Een van die handgranate het ontplof. Die vrou is met haar aankoms by die hospitaal dood aan veelvuldige beserings. Mahoase het verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en die onwettige besit van plofstof. Hy moet op 11 September weer in die hof verskyn vir sy borgtog-aansoek.

Brig. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het gesê sodra die polisie-ondersoek afgehandel is en daar bevestig is dat die handgranate wel deur die weermag uitgereik is, sal die weermag sy ondersoek van stapel stuur. “Indien daar bevestig word dat die granate in die inventaris van die weermag moes wees, sal ons ondersoek hoe ʼn lid in besit daarvan gekom het.”

Hy het gesê weermaglede word nie normaalweg toegelaat om ammunisie of wapens huis toe te neem nie.

Mahoase is ʼn voormalige lugmag-kolonel en MK-vegter. Sy vrou was ʼn lid van die SA lugmag en was gebaseer by die militêre basis op die Bluff in Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tobie ·

Dis snaaks wat deesdae gebeur. Allerhande wierd goed vind plaas

Thys ·

Geen plofbare toestelle mag in die besit van niemand wees buiten op ‘n skietbaan of terein waar militere oefining gedoen word nie. En as die terein verlaat word, moet elke persoon ‘n verklaring aflê dat hy geen lewendige ammunisie in sy besit het nie. Maar ja, hy was seker die kader baas daar. En reels geld nie vir hulle nie. Die res van die publiek gaan reguit tronk toe as jy met sulke goed gevang word. Hy het moord gepleeg met dit.

Winston ·

Dis te veel werk om die verklaring af te lê Thys. Geen rekord was gehou van wapens ammo ens tydens die “struggle”nie. Dis n westerse ding. Hoekom moet dit nou gedoen word? Ek vind dit vreemd dat so min gevalle van hierdie aard voorkom. Dalk uit voorraad uit?

Anti-Haas ·

In die goeie ou dae, was daar ‘n register waar elke wapen met sy reeksnommer, elke soort ammunisie apart aangeteken was. Hierdie register was maandeliks deur ‘n senior offisier nagegaan en alles was fisies getel.
Wonder of dit vandag nog gedoen word. Ek glo nie………. Als word mos op apartheid geblameer…….. “Ek was nie opgelei om dit te doen nie, Nie geweet nie, Ens….Ens……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.