Hanekom dagvaar Zuma vir halfmiljoen

Oudminister Derek Hanekom. (Skermgreep: Lubabalo Poswa/ANA)

Derek Hanekom, oudminister van toerisme, dagvaar oudpres. Jacob Zuma vir R500 000 nadat Zuma aangevoer het Hanekom was ʼn spioen vir die apartheidsregering tydens die bevrydingstryd.

Hanekom sê dis ʼn leuen en tensy Zuma sy bewering kan staaf, moet hy Hanekom R500 000 betaal vir naamskending. Hanekom vra die hof voorts om Zuma te dwing om sy bewering, wat die oudpresident in Julie in ʼn twiet gemaak het, in die openbaar terug te trek, die twiet te verwyder en in die openbaar om verskoning te vra.

Hanekom versoek die hof om Zuma amptelik en formeel te verbied om enige stelling te publiseer wat beweer of impliseer dat Hanekom ʼn vyandige agent of apartheidspioen is of was.

Laastens versoek Hanekom dat die hof Zuma moet verplig om self ʼn twiet uit te stuur wat lui: “Op 25 Julie 2019 het ek ʼn twiet gepubliseer wat beweer mnr. Derek Hanekom is ʼn bewese vyandige agent. Ek trek die bewering onvoorwaardelik terug en vra om verskoning dat ek dit beweer het want dit is geheel en al onwaar. Ek het hoegenaamd geen rede om te beweer dat mnr. Hanekom ʼn bewese vyandige agent is nie.”

Indien die hof die eis van R500 000 toestaan, sal Zuma, wie se finansiële posisie reeds swak is, self die R500 000 moet vind om die balju van die deur te hou.

In die proses wil dit dus voorkom asof Hanekom se bydrae tot die huidige oorlog tussen die Ramaphosa-groep en die Zuma/Magashule-groep in die ANC ʼn belangrike een kan wees. Hy doen ʼn regstreekse aanval op Zuma se integriteit, statuur en menswees, en as hy wen sal Zuma amptelik en feitelik korrek as ʼn leuenaar bekend staan.

Zuma, wat tydens die bevrydingstryd om demokrasie die hoof van die ANC se intelligensiedienste was, het nou al jare die taktiek om te beweer uit hoofde van daardie posisie weet hy en kan hy bewys wie die ANC verraai het, met die implikasie dat hulle verantwoordelik sou wees vir die lyding, marteling en selfs dood van diegene wat hulle vertrou het.

Zuma het hierdie beweerde kennis van hom die afgelope 25 jaar dikwels as afdreiging teen teenstanders gebruik, en as manier om kritiek teen hom te snoer. As hy nou as leuenaar, giftige lasteraar en kansvatter uitgewys word deur Hanekom se hofaksie, sal hy nooit weer daardie dreigende wapen kan gebruik nie, en sy statuur binne die ANC sal baie skade ly.

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

As Zuma wel sy bewering empiries kan bewys, sal hy sy posisie heelwat versterk. Indien sy bewering oor Hanekom waar is, sal dit voorwaar ʼn skokkende verrassing wees vir enigeen wat Hanekom se geskiedenis ken, want hy het ʼn hoë persoonlike prys betaal vir sy ANC-betrokkenheid tydens die apartheidsjare.

Hanekom het Duits en Afrikaans grootgeword en gematrikuleer aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad – die hart van die toonaangewende Kaapse Afrikaner-establishment.

Nadat hy ʼn ruk oorsee gereis het, het hy van 1978 met suiwel, pluimvee en groente gaan boer op ʼn hoewe naby Magaliesburg, noordwes van Johannesburg. Hy en sy vrou, die akademikus dr. Trish Hanekom, het in 1980 by die ANC aangesluit.

Dit was opsigself ʼn uiters gewaagde optrede want die ANC was ʼn onwettige organisasie en ANC-lidmaatskap het tot tronkstraf gelei as dit aan die lig gekom het. Boonop het die oorgrote meerderheid van die wit gemeenskap die ANC as ʼn bose vyand gesien – nie net ʼn opponent nie – en op die  platteland van die destydse Transvaal sou mense soos die Hanekoms moeilik op gemaklike wyse sosiaal by hul gemeenskap kon inskakel.

Tussen 1978 en 1983 het die Hanekoms teen groot persoonlike risiko aktief by die onwettige en geheime werk van die ANC betrokke gebly en onder meer ʼn leidende rol gespeel om aan die ANC empiriese bewyse te verskaf van hoe die destydse Suid-Afrikaanse Weermag deur geheime steun aan die rebellebeweging Renamo ʼn groot rol in die voortsetting van die verwoestende destydse Mosambiekse burgeroorlog gespeel het. Die inligting het die destydse Suid-Afrikaanse regering se buitelandse beeld effektief geskaad.

In 1983 het die apartheidstaat die Hanekoms uitgesnuffel en albei is van hoogverraad aangekla – ʼn aanklag wat potensieel tot die doodstraf kon lei. Hulle is uiteindelik tronk toe gestuur – Derek Hanekom vir drie jaar en Trish Hanekom vir vier jaar – vier jaar waarin hulle mekaar uiteraard nooit gesien het nie.

Toe Trish Hanekom in 1987 vrygelaat is, is sy na Zimbabwe verban. Derek het ook daarheen verhuis en die egpaar het van 1987 tot 1990 – toe die ANC ontban is – in ballingskap in Harare gewoon.

Gegewe hierdie geskiedenis sal dit vir baie mense verrassend wees as Hanekom wel vir die apartheidstaat gewerk het – hulle het hom op die oog af nie baie goed beloon nie.

Intussen sal die land dus met aandag kyk na die hofsaak wat volgende week begin – ʼn hofsaak wat groot gevolge kan hê vir die twee struggle-kamerade, en wat dui op ʼn soort openlike oorlogvoering wat latere versoening tussen die groepe binne die ANC baie moeilik gaan maak, want partye wie se leidende lede mekaar in die hof pak, het in die verlede al dikwels geskeur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Carel ·

Dit gebeur as jy teen jou beterwete handel
Hanekom moet nou maar die “shots” vat

Daan Erasmus ·

Dit is juis. Hanekom deel die “shots” uit. Jy klap ‘n ou op sy beursie, daar waar dit seer maak.

Thinus ·

Hanekom was ‘n verraier, gee nie om wat met hom gebeur nie. As jy jou met die varke meng….

Boet Vermeulen ·

Stem saam met jou, hy wou mos meng met die semels, nou kan die varke hom maar vreet, landsverraaier!

Daan ·

Zuma gaan die shots moet vat. Thinus,Hanekom en sy vrou het ‘n duur prys betaal om geregtigheid te laat geskied.Dan was Anne Frank ook ‘n verraaier.

Db ·

@ Daan. Watter duur prys om vir watter geregtigheid te betaal? Hy het sy eie mense verraai en doen dit nog steeds. Laat hy vir hom kry hoor

TN ·

@Db ___ stel jy hoegenaamd nie belang in wat ” reg ” is nie ?

marous ·

Jy kan net ‘n verraaier wees as jy teen jou eie volk draai , en hy was gelukkig nie deel nie en sal ook nooit wees nie .

Cherokee ·

Daan, onmiddelik bestaan die vraag oor jou politieke lidmaatskap. By watter party jy aangesluit het.

wet ·

Soos die gesegde se ´´hond eet hond´´. Laat ek my popcorn gaan haal.

John ·

… sy finansièle posisie swak… according to Zuma, yes. En al die miljarde? Begin ons nou glo hy is die martelaar en res, lieg soos ‘n vlieg…

Eddy ·

Oom Derek,my ma juffrou het altyd gesê: Meng jou met die semels en die varke vreet jou op. Carl Niehaus moet ook maar notisie vat!

Theoman ·

Kyk ek het nie tyd vir n ou soos Hanekom nie, net soos al die ander wit anc struglers, wat het hulle bereik? waars al die wit ministers, genade daars net een, strugle vir wat ? net nog n verraaier.

skurweberg ·

“Dit wat in donker kamer of agter toe deure gese word, sal van die dakke af verkondig word”
Hy het soos baie ander ook maar net ‘n verkeerde keuses gemaak. Kortsigtige besluite sal vir jare of in sekere gevalle vir ewig by ons spook. Soms kry jy duidelike antwoorde maar helaas is daar ook tye dat geen antwoord gegee word nie. Is dit nie moontlik waar Hanekom en baie van ons onsself vandag bevind nie.

Andre Stander ·

Die howe in Suid Afrika gee jou nie sommer net sulke bedrae geld vir geen rede nie. Jy gaan moet bewys dat jy direk finansiële skade of verlies gelei het.

Dus klink dit vir my maar effe sensionalisties. Maar as dit zuma affekteer dan seker maar goed..

Ook die feit staan – Derek was skuldig bevind aan Hoogverraad. Enige iets verder verander nie daardie feit nie.

Gert van Wierdapark ·

Vat hom flaffie! JZ sal sy “Brand-poel” by Nkan-dla moet leegtap om water en geld te spaar! Miskien sal hy geld by sy “terminaal” siek tjom, Shaikie, kan leen! He-he-he!!

Swannie ·

As jy teen jou eie nasie draai, moet jy maar die pyn kan vat.

Dit is darem jammer dat die doodstraf destyds nie konsekwent toegepas is vir mense wat van hoogverraad aangekla was nie. Dan sou ons vandag baie minder probleme gehad het.

JP ·

Een moet die gelag betaal, werk nie so nie Hanakom {word groot}

Oom Frik ·

Ou Derek is al vanaf 94 deel van die ANC wat die land in die afgrond geplunder het en het nooit sweet blue niks daaroor gese nie of vir sogenaamde geregtigheid ( ha ha ha verskoon tog ek verstik in my koffie )
opgestaan nie . Nou ewe skielik is hy volgens Daan , TN , Marous en Skurweberg die Hero wat vir Zuma aanvat . Dink julle hy gaan saam met julle hand om die lyf staan en Kumbaya My Lord sing as daar niks oor is nie ?

John ·

Zuma se nuutste koer sinspeel op groot nuus oor sg back-biters wat nou aan die pen gaan ry. Almal spekuleer glo en baie mense is opgewonde, maar niemand weet wat hy bedoel nie. Of die OB ‘n nuwe sirkus wil begin… ons sal moet wag en sien. Ons woon in Afrika mense, enjoy the scene and the smell.

Christa ·

Thinus EK stem saam. Gesegde sê, Meng jou met semels en die varke vreet Nou op. Julle is Mos voels van enerse vere

Rubber ·

Pragtige Utopia waarvoor jy geveg het Hanekom. Ek onthou die bomme wat jou organisasie in Wimpy’s geplant het. Dan moes ons die mense met verminkte liggame gaan uit haal. Jy behoort trots te voel op jou ANC.

George in Bloem ·

Hoe se die Engelsman? “What goes around comes around” en “birds of a feather” of so iets? Hehehehe! Nee wat,ou Derek moet maar lekker bly daar tussen sy ou pelle. Dis nou een van die ANC sirkus se manewales wat my regtig min skeel. Ek kyk eerder hoe verf teen ‘n muur droog word.

·

Hy gaan ook seker nou sy eie party stig!
Zumpie gaan jou niks gee!
STRUGGLE PARTY

Db ·

@ Daan en TN – ek huil vir julle want daar is niks anders om vir julle te doen nie

Agteros ·

Hanekom is in Niemandsland. Uitgekryt deur sy vorige meester as ‘n spioen van die vyand. Joiners pas nooit regtig in nie; dié wat jou gebruik spoeg jou gou uit as hulle klaar is met jou en jou eie teen wie jy draai kyk jou ook nooit weer met dieselfde oë aan nie. Dat hy met Malema gaan vleg het om Zuma uit te werk is maar ‘n bewys dat hy nie omgee met wie hy assosieer nie.

HPV ·

Nou wat noem mens die verraad wat jou eie mense teenoor jou gepleeg het byvoorbeeld die Nasionale Party teenoor ons veiligheidsmagte en sy eie kiesers? Wat is die verskil?

Maggie ·

Haha, oom Frik…. ja-nee… dit is nie moeilik om die liberale hier raak te lees nie !! Die ou Hanekom reken dan ook, daar is niks fout met die ANC haatlied “Kill the Boer” nie.. Hy is saam met ronnie kasrils en mandela hand om die blaas. Hy en sy vrou was albei in “Exile” gewees vir jare, al in die 80’s… Hulle is lands en volks verraaiers, en enigeen wat saamstem met wat hy doen, en hom sterkte toewens, trek mekaar onder een kombers toe.. dus Daan, TN en veral Marous met jou stelling, eish…. 50 miljoen van hulle teen minder as 5 miljoen Blankes !! Sterkte as julle dink meer as 2 van daardie 50 miljoen gaan julle gesiggies herken wanneer hulle nader stap… Hulle sien die kleur van jou vel, nie waar jy jou kruisie getrek het, of wat in jou gedagtes aangaan nie. Tot die black sash antie en haar man is deur hulle vermoor… en sy was net so of meer selfs as julle tussen hulle ingewurm. Oom Frik, dit is waarom ons ou Blanke volkie nooit weer sal kan saamstaan nie. Hartseer. Daar is altyd hoop dat die mense se oë eendag sal oopgaan…

TN ·

@ Maggie __ gee dan bietjie oplossings as ons so verkeerd en julle so reg is ! Dit is maklik om ewig en altyd te kritiseer en ander mense uit te maak as renegate ens maar die meeste van julle grootmonde het weggekruip terwyl ons duur betaal het om seker te maak dat julle nie Spaans sou praat nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.