‘Hani-moord het amper tot burgeroorlog gelei’

hof-hamer

Argieffoto.

Politieke partye het Donderdag hewig reageer op die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria dat Janusz Walus, wat Chris Hani doodgeskiet het, op parool vrygelaat word.

Die ANC het geëis Walus moet na sy geboorteland, Pole, gedeporteer word, terwyl die departement van justisie aangedui het hy sal moontlik teen die uitspraak appelleer.

“Die hof se besluit om hom vry te laat, net ʼn maand voor die 23ste herdenking van die sluipmoord op hierdie groot held van ons stryd, is uiters onsensitief,” het die ANC in ʼn verklaring gesê. “Dit ontken ook die vernietigende impak wat die moord van kameraad Chris op die ANC, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en Suid-Afrika as geheel gehad het.”

Die party het gesê Hani se moord het Suid-Afrika tot op die rand van ʼn burgeroorlog gebring. “Ons moet onthou Walus se vooruitbeplande optrede het byna tot ʼn burgeroorlog in Suid-Afrika gelei, wat net gekeer is deur die sterk leierskap van die ANC. Walus se verwagte vrylating is ʼn bespotting van geregtigheid en ʼn tragedie vir die Hani-familie en alle Suid-Afrikaners wat glo in menseregte en ons reg om te baklei vir vryheid.”

Die SAKP het ook sy teleurstelling oor die hof se besluit uitgespreek en gesê regter Nicolene Janse van Nieuwenhuizen was bevooroordeeld in haar uitspraak.

“Gedurende die hofverrigtinge op 2 Maart het regter Janse van Nieuwenhuizen bevooroordeelde uitsprake gemaak, wat insinueer dit is tyd om te vergeet en aan te beweeg. Sy het ook voorgestel die moordenaar moet met medelye behandel word, asof Hani se moord met medelye gepleeg is. Die SAKP en die familie van kameraad Hani is erg gegrief deur die regter bevooroordeelde aanmerkings, wat vir ons aandui sy het vooropgestelde menings oor die saak,” het die party gesê.

Die SAKP het gesê hulle sal die hofuitspraak bestudeer en dan besluit watter stappe hulle sal doen. “Ons sal die minister ook aanmoedig om teen die uitspraak te appelleer.”

Die EFF het hom ook teen die hof se besluit uitgespreek en gesê dit is onaanvaarbaar dat Walus vrygelaat word nadat hy slegs twee dekades van ʼn lewenslange vonnis uitgedien het.

Walus (63) het die kommunistiese Pole in 1981 verlaat om by sy pa en broer in Suid-Afrika aan te sluit. Hy het Hani op 10 April 1993 doodgeskiet, net ʼn jaar voordat die land se eerste demokratiese verkiesing Nelson Mandela en die ANC aan bewind gebring het.

Walus is oorspronklik die doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf omgeskakel toe die doodstraf afgeskaf is. Sy medebeskuldigde, Clive Derby-Lewis, is in Junie 2015 op mediese parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Essie ·

Ag genade mense… in ons kamstige “demokratiese” land word sekere mense se moordenaars vir baie langer tye toegesluit as ons stomme boere sin. Is “sekere” mense se lewens meer belangriker as ander sin? Ek vra maar net!

Tania ·

Ek stem saam met jou, hoekom is een ou se lewe meer werd as ‘n ander. Soveel mense word dood gemaak en die moordenaars gaan vir ‘n klein tydjie tronk toe. Of glad nie soms. So ja dit is soos hulle se sodra dit naby aan jou eie “huis” is dan is dit skielik belangrik of erger.

Weskaper ·

Tipies, wil altyd teen die landswette appelleer op staatskoste, dus my geld. Hy het sy straf uitgedien en kan volgens wet op parool vrygelaat word. Laat hom vry maar stem saam stuur hom terug Poland

My opinie ·

My opinie ook. …..hoeveel verkeerde dinge word toegelaat en onder die mat ingevee wanneer dit spesifieke mense pas. Wanneer die druk te veel raak word holruggeryde beskuldigings en verwyte gebruik. Dubbelstandaarde word te veel toegepas.

Flintstone ·

Ja en die grootste protesteerders is diè inisieerders wat geweld en moord teen witmense aanhits.En hulle reken nie dat dít binnekort tot burgeroorlog gaan lei nie???

Loon ·

Moet nogal met jou saamstem Flinstone, en ook bylas dat grondeise ook gaan veroorsaak dat n burgeroorlog dalk vinniger gaan gebeur as wat ons dink.
Dit is maar net asof hulle onder geen wette staan nie en net maak wat hulle wil.

alida ·

Hy is deur ‘n Hof verhoor, skuldig bevind en het sy straf uitgedien. Wat wil die Hani familie nog hê? Laat die man vry om aan te gaan met sy lewe. Niks gaan vir Chris Hani terugbring nie.

Wat-ek-lees ·

En die Kerkstraatbom, Magoo’s bar-bom ens. is maar niks nie. Daar het die ANC en sy meelopers mense doodgemaak wat absoluut niks te doene gehad het met hulle struggle. Maar dit werk so in die politiek van die kommunis.

Mais ·

Ek wonder of hy nou in aanmerking sal kom om tot president verkies te word? ?

Rens Roodt ·

chris hani het ook bloed op sy hande gehad soos mandela en al die anc afgevaardigers destyds – wat se chris hani se familie daarvan ??????

Magda ·

En nou is ” MEV HANI” die enigste arme slagoffer wie se geliefde vermoor is.. wat van al die duisende boere wat sommer net afgemaai word en dan kry hul moordenaars baie korter gevangenisstraf ? Dan word hul nadat 2/3des van die vonnis uitgedien is, op grond van goeie gedrag vrygelaat. Hoe regverdig is dit. Dit is tyd dat die arme weduwee vrede maak en aangaan met haar lewe-sy moes lankal..

Michael ·

Ons voel ook so as onskuldige Afrikaners elke dag aangeval vermoor en verkrag word.waneer die skuldige vrygespreek word omrede die onbekwame polisie nie hulle werk behoorlik gedoen het nie,en wanneer mense soos Zuma en Sheik verhewe bo die wet is glo my ons ken die gevoel

Connie ·

Daar is baie witkinders wat sonder ‘n pa groot word omdat hy vermoor is. Wat maak haar kinders meer spesiaal? Hulle maak my siek.

Roy ·

Wie se nie dat daar ANC kaders is wat ook dalk betrokke is by die moord van Chris Hani nie, en dat hulle die persoon in tronk wil hou sodat hy nie mag praat nie

vielies ·

Hy moes lankal parool gekry het. Parool was toegestaan as jou politieke siening korrek is en jy die skoothondjie van die regeerders was. Janusz jou veggees bemoedig my persoonlik. Jy verdien om met jou toekoms voort te gaan. Sterkte vir jou en bly oplettend in jou nabye omgewing.

Werries ·

En ek wonder… Comrade Hani en Winnie het ‘n stomende affair gehad wat direkte oorsaak was van Mandela se motivering om van haar te skei. Comrade Hani was ‘n verleentheid vir die ANC. Comrade Hani was ook betrokke by teregstellings in Angola kampe waar ontnugterge kaders wat wou terug SA toe, omgebring was. Ek wonder…..hoekom Mev Hani so weerbarstig klou om Walus in die tronk te hou… miskien gaan hy die ware rede van Comrade Hani se sluipmoord as ‘n teregstelling ontbloot….

Ronell ·

Al wat ek wil sê is: Shabir, Zuma, Vorige PolisieHoof (hoe lank het hulle gesit) hoeveel van ons mense word daagliks Vermoor. Hy moes al jare gelede uit gewees het. Vandat sekere mense aan bewind is – sit niemand langer as 6 maande vir moord nie. NOU WAT IS DIE VERSKIL NOU —— DOOD IS NIE LEWENDIG NIE.

Kaspaas ·

Burgeroorlog ??? Nou het ek lekker gelag. Wonder waar daardie verdraaide feite vandaan kom. Ook seker van Pinnochio De Klerk af.

Elisabeth ·

“Poland” is die Engelse vorm. Die Afrikaanse vorm is “Pole”. Lande het het wel Afrikaanse vorme – die Engelse vorm is byna altyd verkeerd as dit net so in Afrikaans gebruik word.

Landi Slatter ·

Dagsê Elizabeth

Ons vra om verskoning vir die flater – dit het ongesiens verbygegaan. Ons wysig die berig.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

vierkleur ·

Miskien was hulle ook net pleinweg te bang om n burger oorlog te begin het. Dalk is die tyd nou ryp vir n burgeroorlog. Ons blankes het rede om een te begin ,aangesien daar reeds besig is met volksmoord teen ons volk

Fanie Meintjes ·

Hy het amper sy volle vonnis uitgedien, lewenslank is normaalweg 25 jaar. Dink hy het die prys betaal om ‘n terroris uit te haal. ANC se sterk leierskap, gmf, hulle was toe nog nie in beheer nie en het geld kollekteer vir die verkiesing. Ek het diens gedoen by sy begrafnis en ons kon nie eers die winkeleienaars by die Vegieland behulpsaam wees toe hulle die plek kaal steel en aan die brand steek nie. Hoeveel geweld en aanvalle is nie op sy goedkeuring gepleeg nie en daardie families het geen sê gehad in sy vrystelling deur die WVK nie, hulle moes maar net aanvaar. Soveel te meer vir die terroris se familie, aanvaar sy vrylating. Maar wag, ek het vergeet, versoening moet mos net van een kant af kom.

vermeende ·

As ek die berig lees dan kom daar net een vraag na my.
Bevestig die ANC in hulle uitlating dat ons nou die reg het om te baklei vir ons vryheid en soos hulle in n gewapende betrokke mag raag?
Ek vra want onder die puik leierskap van die ANC is n burgerolog nie afgeweer nie. Te oordeel aan die miadaat statestieke is SA nie net in n burgeroorlog nie maar ook besig met n volksmoord.

Griki ·

Hani se dood het nie ‘n impak op my lewe gehad nie – ek het nie eens geweet wie hy is nie. Dis buitendien belaglik om te sê dat een mens se dood so ‘n “verskriklike” impak gehad het nie. Dis nie asof hy ‘n minister, president, wetenskaplike of wat ookal was wat ‘n besondere bydrae tot die mens se voortbestaan gehad het nie. Nie dat ek Hani se waarde vir sy familie en vir sy ANC/SAKP-kamerade onderskat nie – gladnie. Maar meer as dit is die dam onder die eende uitruk.

Jonathan ·

Moord roof ens. is klagtes waaroor die hof beslis verderverskyn die persoon n privaat klere om nie sy reg te benaadeel nie Maar by behandeling en uitdiening van straf is daar probleme. Die gelyke behandeling voor die reg ly skipbreuk wie vertrou nou die stelsel van gelyke behandeling

Oom Boer ·

Janusz Walus, het sy straf regverdig uitgedien en dit is tyd dat die man weer sy lewe van voor kan begin. Comrade Hani se hande was bevlek met baie ongerymdhede en destydse ordentlike weermag soldate was bewus van sy verwoestinge op onskuldiges. Sedert wanneer kan daar net deur families en politiekery besluit word of iemand se vrylating (Parool) geregverdig is aldan nie. Daarvoor is daar ‘n regstelsel wat te alle tye neutraal moet staan en regverdig moet optree. Weereens is dit ‘n bewys dat daar net bevoordeling tot sekeres toegepas mag word wat net enige leek aan die dink plaas. oor regverdige behandeling en optredes. Regter Janse van Niewenhuizen was regverdig en konsekwent in haar uitspraak.

John ·

Die belangrikheid van Hani word heeltemal oordryf. Wanneer die regime terugkyk word alles aangepas om mense emosioneel op te sweep vir huidige aksies. Die weduwee van Hani, wil ek beweer, droom nog van ‘n rol as presidentsvrou. Wat duidelik is, is dat rassisme net op witmense afgespeel word. Hierdie is ‘n voorbeeld. Sodra ‘n witmens vermoor word het hy daarvoor gesoek, maar andersom heilig die velkleur die strafaksies. Dalk gaan die doodstraf binnekort heringestel word; net vir witvelle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.