Hankey-plaasaanval: ‘Ek sal sy gesig nooit vergeet’

Sebenzile Simane (32), ‘n voormalige plaaswerker, verskyn in die hooggeregshof in Port Elizabeth. (Foto: Raahil Sain/ANA)

ʼn Ma van drie wat voor haar dogter verkrag is tydens ʼn plaasaanval naby Hankey in die Oos-Kaap, sê sy sou nie haar aanvaller verkeerdelik kon identifiseer nie aangesien sy nie sy gesig sal kan vergeet nie.

Die 44-jarige vrou is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth onder kruisondervraging geneem nadat sy gister begin getuig het.

Haar man was die aand van die aanval, 23 Maart 2018, nie tuis nie aangesien hy op ʼn jagtog was. Sy en hul drie kinders was alleen tuis.

Sebenzile Simane (32) het skuld ontken op ʼn string aanklagte wat insluit huisbraak, roof, menseroof, ontvoering, verkragting, poging tot verkragting, die feit dat hy ʼn kind gedwing het om ʼn seksuele oortreding te aanskou, poging tot moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie asook roof met verswarende omstandighede.

Volgens Simane se prokureur dring Simane daarop aan dat hy nie die man is wat die gesin aangeval het nie en dat die vrou hom verkeerdelik uitgewys het. Hy het egter erken dat hy met die vrou se bankkaart geld by ʼn OTM onttrek het nadat beeldmateriaal deur die polisie bekom is.

Simane beweer ʼn vriend het die vrou se bankkaarte vir hom gegee. Hy beweer hy het geld getrek en toe die kaarte vir die vriend teruggegee.

“Ek het vir hierdie man my bankkaarte gegee en het persoonlik vir hom my PIN-kode gegee,” het die vrou egter volgehou.

Die gesin in gelukkiger tye op die plaas. (Foto: Verskaf)

Die vrou het vroeër getuig hoe sy R600 uit haar handsak gehaal en vir die aanvaller gegee het en met hom na ʼn OTM gery het nadat hy nie haar voertuig aan die gang kon kry nie.

“Hy was so naby aan my, ek sal nooit sy gesig kan vergeet nie.” Die vrou het getuig die grootste trauma wat sy ervaar het, was in die tyd toe Simane by haar en haar drie kinders was.

Tydens haar getuienis Dinsdag het die vrou vertel hoe sy geskiet is en toe verkrag is. Die aanvaller het hulle almal vasgebind en toe glo na die kinders gedraai en gesê hy gaan hul ma verkrag en hulle gaan moet kyk.

Volgens die vrou het sy hom gesmeek om haar nie voor haar kinders te verkrag nie waarna hy haar na die slaapkamer gesleep en op haar bed verkrag het. Nadat Simane haar glo verkrag het, het hy na bewering haar een dogter gaan haal en haar langs haar ma op die bed laat sit. Hy het toe glo gedreig om haar ook te verkrag.

“Ek het net geskree: Moet haar asseblief nie verkrag nie, sy is te jonk. Sy is net 12 jaar oud, dis nie moontlik nie. Moet haar asseblief nie verkrag nie.” Die vrou is hierna glo voor haar dogter verkrag. “Hy het seker gemaak sy sou kyk, al het sy probeer wegkyk.”

Die vrou het ook Woensdag getuig dat die polisie haar by die Humansdorp-hospitaal se verkragtingsentrum wou laat ondersoek. “Die hospitaal was chaoties, daar was bloed oral.” Sy is later na ʼn private hospitaal geneem.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Meatball ·

Hoe baie haat en wreedheid kan iemand in hulle he om so iets te wil doen? Dis asof die.mensdom net al hoe erger word.

Baie sterkte aan die gesin????

PJC ·

Ek weet wat met hierdie ou sou gebeur as ek hom in die hande kon kry. Wat hierdie arme vrou moes deurmaak kan min van ons ons seker indink.

Helena. ·

Dis liggies uit gedruk. Hys nie vloekwoorde waardig nie..ek haat met rede..as ek meer sê gaan ek tronk toe, en hel toe.
Hoop hy word baie swaar gestraf. Sterkte aan die vrou en haar kinders..

Anoniem ·

Hoe siek kan n nens wees geen gewete geen liefde. Skiet verkrag en dan moet die arme vrou hom nog bank toe ry in so toestand. Sulke gewetenlose mense hoort nie in die sameleweing nie !!!!!!!!!

Danie ·

hierdie prokureur wat die rower, dief verkragter verteenwoordig sal hy n rower verteenwoordig wat dit aan sy eie vrou of dogter dit aangedoen ??? sommige prokureurs het geen gewete.

Kobus ·

Danie, wag tot jy of iemand naby aan jou van iets aangekla word, dan praat ons weer. Die prokureur moet sy kliênt se weergawe voorhou en die getuienis teen sy kliênt toets. Die regter besluit of hy skuldig is of nie.

Anneli ·

Ek stem dat dit moeilik is om te glo iemand moet hom verdedig. Maar dalk het sy prokureur nie ‘n keuse gehad nie. Dalk is hy/sy van “legal aid” en aangestel deur die staat en het nie noodwendig hulle kliente gekies nie. Mens moet hulle “obligation to fairly represent their client” hier respekteer, al is dit vir my ook bitter moeilik.

Asmain ·

Daar het jy dit nou, ek het in spanning gewag om te sien met watse belaglike verweer sy prokurower vorendag gaan kom.

Ja Nee ·

Hoe kan jy nie rassehaat he in ons land nie. Ek verseker het diep seer wat nooit sal heel nie.

Stan ·

Danie, hierdie prokureer weet as hy die man genoeg tou gee, hang hy homself.

Johan ·

Daar sterf nog n stukkie van my siel nadat ek die berig lees. Mag onse Vader in die Hemel Hom ontferm oor hierdie gesin.

Ls ·

Vigilante groepe uit Suid- Amerika wat geen gevoel het en sy eie ma se keel sal sny vir geld moet ingebring word hiernatoe. Skaduwees in die donker wat vinnig en sekuur kan optree nog lank voor ons polisie n poging aanwend. Al wat die polisie moet kry is n gewese verkragter vasgespyker aan n boom.

Liendempers ·

Sy het alles gedoen om haar kinders te beskerm……ek probeer soveel dinge uitdink wat erg is wat die rubbish moet tref, maar niks is erg genoeg nie. Ek huil nie maklik met berigte lees nie. Die ene maak seer en laat die trane loop. So baie van ons vra dat Jesus hom moet ontferm oor die slagoffers, of die slagoffers moet vertroos. Ek wil vra dat Jesus tog nou maar moet kom en ons moet kom haal. Ek dink dis tyd.

Sieldood... ·

En die haat bou!En die ver regses begin groei …Moet nie wonder hoekom nie!!!

Landi ·

Hy gaan tronkstraf kry en binne n jaar is hy weer uit op die straat en gaan met net dieselfde oor en oor en oor doen. DIe rassehaat raak net erger want hulle kom weg met alles. Maar ons blankes is te sleg om n slag saam te staan en iets omtrent die plaasmoorde te doen.

ELSA ·

EK BID VIR JOU EN GESIN – STERKTE – DIT IS WREED WAT MET JOU,JULLE GEBEUR HET

Bolla ·

Landi neem inisiatief en begin doen wat jy dink ons blankes moet doen, want eerlikwaar weet ek nie wat om te doen en waar om te begin nie.

Joe ·

Mev, eerstens is jy n hero. N hero omdat by jou kinders beskerm het en die meeste op jouself gevat het en kop gehou het. Ek wil egter elke vrou mooi vra om waar nodig te gaan vir deeglike vuurwapen opleiding. Selfs in die donker moet ons vrouens n vuurwapen kan laai en hanteer. Leer ook wat om te doen as n vuurwapen stoor. Mev moet ASB nie die sien as kritiek nie maar dis iets waaruit ons vrouens iets kan leer. My hart breek vir julle want ek dink nie iemand kan ooit emosioneel genees van sulke ondekbare trauma nie. Ek hoop en bid vir n regverdige verhoor. Dat geregtigheid sal geskied. As daar in ons land tog net n doodstraf was. Aan die gesin weet dat daar baie mense wat aan julle dink en vir julle bid. Ek weet mens mag nie haat nie, maar dit raak moeiliker by die dag. Sterkte vir julle.

Stiks ·

Sy dag sal kom. Hy sal op die regte oomblik homself op die verkeerde plek bevind. “ what goes around comes around”!

Wesley ·

Is daar n laer vorm van lewe as politici en regs”geleerdes”?

Herman ·

Landi, Ek is jammer, maar jy weet nie waarvan jy praat nie. Was jy al betrokke by ‘n plaasaanval of roof of iets soorgelyks? Ek glo nie. Daar word baie gedoen deur baie van ons blankes, maar sodra ons iets doen word dit baie vinnig aan die groot klok gehang en word ons baie vinnig die oortreders wat voor die hof moet verskyn, gewoonlik skuldig bevind word en vonnisse moet uitdien terwyl die werklike misdadigers vry uit die hof stap en maar net aangaan met hulle misdaadveldtogte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.