Hankey-plaasaanval: ‘Ons is soos diere gejag’

Sebenzile Simane (32), ‘n voormalige plaaswerker, verskyn in die hooggeregshof in Port Elizabeth. (Foto: Raahil Sain/ANA)

WAARSKUWING: Die berig bevat besonderhede wat nie geskik is vir kinders of sensitiewe lesers nie.

ʼn Ma van Hankey in die Oos-Kaap het Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig sy en haar drie kinders “is soos diere gejag” die aand toe ʼn man by hul plaashuis ingebreek het.

Die 44-jarige vrou het getuig sy kan steeds haar kinders se gille en die angs op hul gesigte onthou toe ʼn voormalige plaaswerker verskeie skote deur ʼn glasdeur geskiet en die plaashuis binnegekom het. Volgens die vrou het sy die aand van 23 Maart 2018 gereedgemaak om in die bed te klim en televisie te kyk toe die aanvaller net ná 20:00 toegeslaan het en haar kinders nog in die sitkamer was.

Die kinders het in die gang afgehardloop gekom en die twee jongste kinders het in haar slaapkamer ingehardloop terwyl die tiener na die badkamer gehardloop het. In dié stadium is sy reeds geskiet en het sy haar liggaam teen die deur gedruk om te probeer keer dat die aanvaller in die kamer kan kom. Hy het egter begin skote afvuur.

Volgens die vrou het dit skielik stil geword en het sy ʼn vuurwapen wat sy uit die kluis gekry het, probeer laai. “Ek het dit probeer laai aangesien ek geweet het hoe. Dit was onsuksesvol. Ek is geskiet en ek was so bang dat ek nie daarin kon slaag om dit te laai nie,” het sy in trane getuig.

Sebenzile Simane (32) het skuld ontken op ʼn string aanklagte wat insluit huisbraak, roof, menseroof, ontvoering, verkragting, poging tot verkragting, die feit dat hy ʼn kind gedwing het om ʼn seksuele oortreding te aanskou, poging tot moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie asook roof met verswarende omstandighede.

Die aanvaller kon daarin slaag om in die slaapkamer te kom nadat hy die skuifdeur se glas stukkend geskiet het. Simane het glo in die kamer ʼn vuurwapen teen die negejarige seun se kop gehou. Volgens die vrou was die aanvaller vermoedelik geïrriteerd omdat die tiener verdwyn het.

Simane het die gesin glo later na die sitkamer gedwing waarna die tiener ook met sy hande in die lug by hulle aangesluit het. “Hy was baie aggressief en het gedreig om te skiet. Die kinders was angsbevange maar doodstil aangesien hulle nie iets wou doen wat hom meer kwaad sou maak nie.”

Volgens die vrou het Simane na bewering geglo daar word R9 000 aan hom geskuld en het hy vir die kinders gesê hy is kwaad vir hul pa. “Hy wou weet waar my man was en het gesê hy sal hom eerste en dan die res van ons doodmaak.”

Die vrou het getuig sy het vir die aanvaller R600 uit haar handsak gegee, asook haar bankkaarte en vir hom gesê hy kan nog geld by ʼn kitsbank gaan trek. In dié stadium het Simane hulle begin vasbind. Hy het glo na die kinders gedraai en gesê hy gaan hul ma verkrag en hulle gaan moet kyk.

Volgens die vrou het sy hom gesmeek om haar nie voor haar kinders te verkrag nie waarna hy haar na die slaapkamer gesleep en op haar bed verkrag het. Nadat Simane haar glo verkrag het, het hy na bewering haar een dogter gaan haal en haar langs haar ma op die bed laat sit. Hy het toe glo gedreig om haar ook te verkrag.

“Ek het net geskree: moet haar asseblief nie verkrag nie, sy is te jonk. Sy is net 12 jaar oud, dis nie moontlik nie. Moet haar asseblief nie verkrag nie.”

Die vrou is hierna glo voor haar dogter verkrag. “Hy het seker gemaak sy sou kyk, al het sy probeer wegkyk.”

Die hof het hierna vlugtig verdaag aangesien die vrou erg emosioneel geraak het. Van die hofbeamptes was ook in trane ná die ma se getuienis.

Die vrou het later haar getuienis hervat en gesê sy en haar dogter is later teruggevat na die sitkamer toe waar die aanvaller een van die vrou se sigarette aangesteek en dit vir haar gegee het om te rook.

“Hy het aanhou dreigemente maak teen my man en gesê hy sal hom opkap en dat hy vir hom wag.” Sy het hierna glo aangebied om hom na ʼn kitsbank te neem aangesien hy nie haar motor aangeskakel kon kry nie. Volgens haar wou sy hom net wegkry van haar kinders af en het sy gehoop hulle sal dan hulp ontbied.

Volgens die vrou was sy in dié stadium al baie swak aangesien sy baie bloed verloor het, maar het sy met hom dorp toe gery waar hy teen omstreeks 23:30 R4 000 onttrek het. Volgens haar wou hy nog geld trek en het hy vir haar gesê om na ʼn grondpad te ry en daar te wag tot middernag. Terwyl hulle gewag het, het Simane glo weer gedreig om haar op die agterste sitplek van haar voertuig te verkrag.

Volgens die vrou het sy in dié stadium besef sy het baie bloed verloor en vir hom gesê sy “weet hy is nie ʼn slegte persoon nie” en by hom gepleit om haar kinders te gaan haal en na ʼn hospitaal toe te gaan.

Hy het kort ná middernag nog geld onttrek, die sakke vol goed wat hy geroof het, gevat en vir die vrou totsiens gesê voor hy op die vlug geslaan het.

Volgens die vrou het sy terug na die plaas gery en gesien daar is ligte aan by familie van haar man se huis. “Hulle het met hul vuurwapens uitgekom en die kinders was reeds daar. Ons was almal in so ʼn toestand.”

Die verhoor gaan Woensdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Andreas ·

So is mense ook al in parke in stede en woonbuurte agtervolg en gejag. dit gebeur nog daagliks, self in jou oprit is jy nie veilig nie.

Alledaags.

Ls ·

Nou waarvoor of vir wie staan en bid hy nou kamstig op die foto? Seker vir die duiwel.

El Shebang ·

Net Jesus Christus kan hierdie mense se shattred spirit and soul weer heelmaak. Satan came to kill, steal and destroy but I ( Yeshuah) came so you can have life in abundance. ( He also came to set the captives free!!)

Francois ·

En die res van ons sit en kyk TV en gaan met ons lewens aan asof niks gebeur het nie.
Wat se tiepe mense is ons ?

ZAR ·

Mense sonder ‘n stem Francois. Ons pleit by die regering, by die buiteland, by die VN, en oral waar moontlik, tevergeefs. Ons hoop en ons bid.

Asjas ·

Nee, ons bid vir hierdie gesin elke dag, hul lewens gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Ons mag nie haat nie, dis nie Christelik nie, maar ek wens hierdie krimineel NIKS goeds toe nie.
Dan probeer ek ook leer uit hierdie mense se ondervinding, ons leef elke dag in vrees, vra elke oomblik “wat as”, ons probeer meer paraat wees, om gewapen en agterdogtig te wees is al 2de natuur. Ons het gaan stem, dit was nie net nog ‘n lekker vakansie dag nie.
Wat meer kan ons doen? Enige voorstelle is welkom.

Nicola ·

THERE WILL NEVER BE WORDS ENOUGH TO DESCRIBE THE HELL THIS FAMILY WENT THROUGH.
ALL WE CAN DO IS PRAY

Anna ·

Ons land het mal geword. My 9 jarige seuntjie wil nie meer skool toe gaan nie want hy is bang iets gebeur met mamma. Hy weey nie eers van die keer toe ek van ‘n inbreker gevlug het nie maar hy weet van pappa wat in die verkeer beroof is en ouma wat by die huis oorval is.

Anton ·

Verkoop die plaas terwyl jy nog kan en laat al die werkers gaan. Se vir hulle dit is sy skuld.
Gaan boer in Stavropol Rusland.

ZAR ·

Dis nie lekker om hierdie goed te lees nie, maar ek wil net dankie sê aan MM dat julle ons inlig, want al is dit afgryslik, ons het nodig om van hierdie goed te weet.

Karlahari ·

Ek probeer weer….
Was die ANC se vroueliga daar om die vrou en haar kinders te ondersteun….
Indien nie, hoekom nie……

Lynette ·

Dit is ‘n baie goeie vraag. En ek wil jou antwoord, maar daar is voorwaardes om te respekteer op hierdie forum.

Madelein ·

Ek staan stom in my woede en haat. Hoekom is die wêreld stil terwyl hierdie wreedheid daagliks op my mense gepleeg word???? Tyd van stilte en koppe hang is verby, die tyd vir opstaan is hier!!!!

Yolandi ·

Ek wil net weet vir wie bid hy voor daardie trappe?
Nou die dag moes my man aan my verduidelik dat God Sy Seun vir almal gestuur het; vir die moordenaar ook. Wat sou gebeur het as God halfpad besluit het: Nee, nie sy Seun nie, nie vir die wereld nie. Dan was my gedoem tot die hel!
Maar ek sit en dink tog vanaand: As God bereid was om Sy seun vir so iemand te laat sterf, dan is dit liefde ver bo my verstand! Want dan moet Hy ons waaragtig liefhe en nou waaragtig kom!

Boer ·

Ek weet wat jy bedoel, Francois. Hulle wat neerhalend op jou woorde reageer, is diegene wat enersyds bereid is om soos skape te sit en wag op hulle beurt, of andersyds die tv volume te verstel, sodat hulle nie die ontsteltenis van hul volksgenoete kan hoor nie. Hulle sit kop in die sand en praat oor ander goed, soos Saterdag se rugby of die Britse adelike se jongste skande. Hulle hoop al die lelike dinge wil net weggaan! Maar dit sal nie weggaan nie. Nie voordat hierdie volk as VOLK voor God saamgetrek en ’n nuwe Gelofte afgelê het nie. Hulle wag vir ’n leier om te kom help. Daarom was die De la Rey lied so gewild. Daarom wil hulle vir Steve Hofmeyr President maak. Hulle wil alweer vir Saul koning maak! Die leier sal nie kom nie….nie voordat hierdie volk terugkeer na Hom toe nie. Dr. Malan het dit al in 1949 gesmeek met die opening van die Voortrekker Monument. “Afrikaner, Quo Vadis? Afrikaner, waar gaan jy heen? Keer terug!…” Maar die volk het nie. Daardie jaar was die All Blacks hier en die drie van Hannes Brewis nog te vars. Die afgode van sport (veral rugby) en vele ander het gepronk in die Afrikaner se gedagtes. Nee, ons Sauls het ons gekelder. Laat ons terugkeer na YHWH toe. Laat Hy die Andries Pretorius aanwys. Dan veg ons, dan maak ons skoon. Besin. Begin by jouself, Afrikaner. By jou gesin. Dit is die antwoord, Francois. Afrikaner, Quo Vadis?

Hennie ·

Die probleem is mense wil eers vir God ken en deel maak van hul lewens wanneer dinge waarlik sleg gaan.

We fear naught but God.

Ag tog ·

ag wat se QUO VADIS IS DIT MET JOU?? in die BYBEL se tyd was daar ook OORLOE >niemand het NET GEBID NIE.

Reinhardt ·

100%. Dis so maklik om n Afrikaner te verneuk, wys hom net n bietjie hardloop rugby en n lekker nat stuk biltong, dan karring ons aan en vergeet van die hede. Ek weet nie hoe mens nog sport kan kyk in ons land nie. Daar is mos sekerlik belangriker dinge om ons aandag aan af te staan. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor rugby en motorsport, maar ek kan my net nie kry om aandag aan die goed te gee nie. Daar is net eenvoudig te veel werk om te doen. Maar ek voel ek werk stroomop in die land, en dinge gaan nooit verander nie. Ons Afrikaners soek al self-beskikking sedert 1834, en behalwe vir n paar jare wat ons gedink het ons is vry, was dit nooit volhoubaar nie. Maak nie saak wie se skuld dit op die einde was nie. Quo vadis, Afrikaner. Kom ons maak soos Pontius Pilatus en …. voor dit te laat is.

Burger ·

Ag Boer, voel jy nou lekker na jou dramatiese ou prekie? Wat wil jy skoonmaak – mense in die land uitwis wat nie soos jy lyk en dink nie? Dan is jy niks beter as enige ander moordenaar nie. Jy is reg – begin by jouself en jou houding dan sal die land klaar ‘n beter plek wees. Jy maak my naar

CN ·

Hier waar ek sit, snak ek na asem, ek is stomgeslaan, het nie woorde nie. Bid en bid en bid weer ‘n keer vir hierdie arme vrou en haar gesin wat nooit so iets moes ervaar nie :(

Jaco ·

YHWH het gesê dat ons die land moet skoonmaak voordat ons hom in besit neem. Het ons geluister en dit gedoen??
Die antwoord is voor die hand liggend.
Wat gaan ons nou doen.
Psalm 139:22 sê….Ek haat hulle met ’n volmaakte haat; ek sien hulle as my vyande!

Anna ·

Ons land het nou al so mal geword dat my 9 jarige seuntjie nie meer wil skool toe gaan nie want hy is bang iets gebeur met mamma. As ek 5min laat is om hom by die skool te kry is hy in ‘n toestand. Ons vertel nie vir hom van al die dinge wat gebeur nie maar pappa is beroof in die verkeer, ouma is oorval deur inbrekers. Van die twee insidente weet hy. Wat hy nie weet nie is dat ‘n indringer een dag in ons erf was. Ek het gevlug. Baie lelik geval in die proses maar kon darem wegkom. As ek die kans kry is ek môre uit hierdie land. Mens is nêrens meer veilig nie ????

Geskok ·

Om so berig te lees van iemand wat jy ken en aan al huis was is absoluut skokkend. Hoe is dit moontlik dat so iets tragies gebeur? En met ‘n pragtige familie!

aj ·

Elkeen is op hom /haar self aangewese vir oorlewing.

Niemand anders gaan jou beskerm nie … doen dit self!

Bewapen en verdedig jou self, jou familie, jou huis en besittings.

Galil ·

Ons kan sê wat ons wil ma ons is ni opgewasse vi di tipe oorlog voering ni………cause we are out numbered and out guned…………and they are busy with the out money ook………dan is dit finaal.

Jj ·

Ja dis waar ons mense ken nie van die tipe 4de generasie oorlog voering nie maar daar hoop dit begin by 2 huisgesinne wat besluit om mekaar by te staan dan die helle straat dan die dorp en dan helle volk. Konsentrasie van ons eie mense oorwin sulke misdade en kan selfs die regeering op sy plek sit. Lees as jy kans kry van die kibbutz sisteem in israel en van die kurds in middeooste. Eerste ding wat ons as volk moet doen is dadelik ophou om ander volke in diens te neem en eerder ons eie mense in diens neem, jou plaas gaan baie veiliger wees met 10 afrikaaner mans wat daat bly en werk

Pseudo ·

95-99% van die tyd weet die plaaswerkers daar gaan i aanval plaasvind- maar nee te bang om te waardku. So laat almal loop na i asnval en sien wie Dan vir hul gaan sorg. Alle boere moet dit doen. GEEN WAARSKUWING- GEEN INKOMSTE- GEEN KOS WANT DAARS GEEN BOER MEER NIE.

Kobus ·

Sterkte aan hierdie gesin. Mag jul fisiesie en emosionele letsels genees met tyd.
Pseudo, ek sal graag wil weet hoe jy by jou berekening uitgekom het, is daar ń studie gedoen of is jou syfers gebasseer op spekulasie?

Danie ·

Ek voel die gereg laat ons as mede Suid Afrikaners in die steek hierdie vrou en haar gesin was in hulle “save comfort” en hoeveel mense is nie of dit wit,swart,bruin of geel is wat se kleur nog HY VERDIEN DIE DOOD STRAF NET SOOS DIE MENIGTE SKELEMS WAT MOOR hulle versoek dat hulle mense regte het ek sê mense regte vir sulke mense bestaan nie hy gaan tronk toe lewenslank of dalk net 25 jaar ons belastingbetaler betaal vir sy kos verblyf en dalk nog geleerdheid hierdie gesin moet met die afgryse leef lewenslank WANNEER GAAN DIE REGERING BESEF GENOEG IS GENOEG hoekom in sekere state van amerika is die doodstraf nog wettig maar nie in SA nie.Hoeveel gaan ons as Suid Afrikaners moet opvreet ja dalk moet ek ook my tasse pak en maar groener weivelde soek of sal ek eeder sê ñ beter heenkome vir my.

Kloekie ·

Ek is so ontsteld. Net om berig te lees is om van mal te word. MAROELAMEDIA: hoekom verskyn hierdie berigte nooit op News24 nie??? Ook nie die berig van vrou en kind wat op N4 verkrag is nie?

Gewalg ·

Daar is baie soos dié een, ons lewe langs hulle en tussen hulle. Hierdie boosheid is alledaags in SA. Die onrusbarende is dat dit net ‘n laag vernis is wat gewone, normaal aangepaste mense flous, wat ons sus om te dink hierdie wat tussen en langs ons is lewe, dink soos ons, het respek vir lewe soos ons, het genade en voel jammer soos ons. Dit is ons fout, want dit is net ‘n laag vernis; onder dit, is iets boos en onmenslik wat ons nie kan deurgrond nie…En dít is wat ons so weerloos maak, die teikens en slagoffers van onmenslike wreedheid.

Sakkie ·

Ai so iets moet nie gebeur nie. Ek merk dat sy die wapen uit die kluis moes gaan haal en laai. Dit is waar die aanval moes gedraai het as die wapen nie in die kluis was nie of selfs as dit reeds gelaai was. Ons kan net bid vir krag en genade vir die gesin.

Helizna ·

Want die wet sê dis waar dit moet wees, sovêr ek weet. Ek kan verkeerd wees.

pieter ·

Voel saam met julle. Net een vraag:hoekom toe eers die rewolwer probeer laai- in vandag se tyd moet mense besef hulle moet absoluut paraat wees te alle tye.

Kobus ·

Waar was daardie liefde toe hierdie gesin dit nodig gehad het? As God so liefdevol en almagtig is,
was daar mos ander alternatiewe as om jou eie seun (of iemand anders s’n) te laat dood martel? Dit maak net nie sin nie.

SNEL ·

Kobus, om jou te antw oor die dood van Sy Seun. God is Heilig en sonde is opstand teen God en die straf vir dit is die dood (Gen 2:17 en Hebreërs 9:22) vir sonde moes offers gebring word, bloed moes vloei. Dis waar Adam en Eva se eerste klere vandaan kom, van diere wat geoffer was vir die sonde, maar diere offers kon net tydelike versoening bring. Jesus wat sonder vlek of sonde was moes die ultimate prys betaal, sodat ons wat wel sonde het en Hom aanneem as ons Verlosser se sonde word dan bedek deur die Enigste een wat as mens gelewe het wat geen sonde gehad het nie. God kan nie in die teeneoordgheid van sonde wees nie, nie eers n druppel, maar as God na ons kyk en ons Jesus in ons lewens het, sien Hy nie die sonde nie, want Jesus het die prys klaar betaal. Dis liefde, dat Hy Sy lewe vir ons gegee het, die duur prys betaal het. n Vlekkelose Lam moes geslag geword het vir die wêreld se sonde. Ons het n keuse; met Jesus of sonder Hom, aanvaar Sy geskenk van lewe of sterf in sonde.

Anel ·

Die haat in my word al groter as ek al die soortgelyke berigte lees. Ek moet my elke dag daaraan herhinner dat God sê ons moet ons medemens liefhê. Ek sien die gemors bid…. tot wie? Tot sy voorvaders of korrupte regstel? Kan daar nie van hom die 1ste voorbeeld gemaak word en hy gekastreer word nie?

Helizna ·

Definieer”medemens”. Ons moet ons broeders in Christus lief hê. Hierdie drek is nie in daardie klas nie.

Regs! ·

Dit is presies wat die regering wil hê met ons moet gebeur Petro! Om ons uit te moor is nog hulle plan van die begin af! KAN DIE WITMENS DIT NIE SIEN NIE?????

DeVill ·

Ek sou seker maak hy haal nooit die tronk of hof as dit my familie was!

Naas ·

Dit is hoekom SA die doodstraf MOET hê. Gemors soos hierdie moet permanent uit die samelewing verwyder word.

MS ·

Ai, my hart is stukkend vir hierdie familie. Niemand verdien dit nie. Mag die Here se wil geskiet en die skuldige tot justice gebring word.

Ruby ·

Ek moet tyd met my Vader spandeer want ek het soveel haat en walging vir hierdie suurstofdief!

Ek neem aan die ANC vroueliga het hierdie gesin besoek en toi toi buite die hof?

Baie sterkte en genade vir hierdie gesin xx.

Asmain ·

Verstommend hoe kriminele gospel draai die oomblik wat die tronk wink. Oor n paar jaar lees ons die booswig het tot bekering gekom, was so n mooi & voorbeeldige inmate en is nou in aanmerking vir parool….alles BS!

Devill ·

Dis my probleem ook. Elke dag net meer en meer.

Dit kan nie so aangaan nie. Dit is besig om my siel te vernietig! Dit is besig om elke aspek van my lewe te besoedel!

Wat gaan ons doen?!

hercu ·

as voormalige moord & roof speurder moet ek myself baie hard knyp om nie te sê wat ek wil sê nie, anders gaan ek ‘n baie goeie advokaat nodig hê

baie sterkte aan die gesin, daar lê ‘n moeilike pad vorentoe – mag die HeiligeGees julle toevou in Sy liefde en elke traan verstaan en opdroog!

Tiger ·

Eks ‘n vrou maar sal hom graag aleen wou aanvat.Hy sal daarna nooit weer ‘n bedreiging vir iemand wees nie en die staat en belasting betalers niks verder kos nie.Dis gewaarborg.

Kloekie ·

Kan mens nie die berig op facebook sit en ANCWL tag nie??

Piet ·

Iemand het hier in die laat tagtiger jare gese dat S A P lede nie mag in eie hand moet neem nie. My reaksie was ; “Jy weet nie wie en wat daar buite rondloop nie . Kom saam na die tonele . Sit saam in die ondervraging”. …………. Hy moes nooit n hofsaal gehaal het nie !

@Piet ·

Jy moet dit weer en weer herhaal Piet….mense het nie ‘n benul van die tipe ‘mense’ waaruit ons samelewing bestaan nie.

SELF N MA ·

Ek wil soveel dinge se maar sal seker tronk toe vir dit so sal maar mooi woorde gebruik. Ek is self n mamma ek kan net dink aan die angs wat sy as ma moes deurmaak die wete dat so ‘n drek iets aan haar kinders haar dogter kan doen , mamma my hart bloei vir jou ek hoop julle genesing fissies en geestelik kom maklik. Mag hy lank sit en swaar gestraf word.

Sam Brooked ·

My innige simpatie met die slagoffers.
Ek wonder steeds waarom is ons boere nie paraat nie? Soos dinge gaan hoort geen vuurwapen in ‘n kluis nie. Indien ‘n wapen aangeskaf is vir selfverdediging, dan is die plek waar hy gebêre moet word baie voor die handliggend: op die self. Ek glo dat hierdie voorval baie anders kon verloop as dit die geval was. Om een of ander rede dink ons boere dat dit nie met hulle sal gebeur nie.
Ek haal graag die Latyn aan:
“Sis vis pacem, para bellum” wat beteken: as jy wil vrede hê, berei jouself voor vir stryd. As ek ‘n boer was, sou ek en my vrou ten alle tye gewapend wees. En as my kinders groot genoeg was, sou hulle ook voorbereid wees.

English Spealking Afrikaner ·

Pardon me for writing in Eng, but it is easier.

I’ve lost an uncle to a farm murder. Terrible things happened to me as I tried to expose the corruption at Univ FortHare, after my best friend was murdered – himself trying to expose the corruption. A kibbutz lifestyle on SA farms is a MUST. And neighbours MUST all be members of neighbourhood-watch – if there isn’t one – start one! Rotate a cell-phone check-in every 2hrs from 8pm to 6am. Stay at home mums – continue 2hrly celll check-ins.

Get busy protecting yourselves or busy dying – talk and hand wringing is good for emotional release, but ACTION is needed! I joined Suidlanders 1.5yrs ago. Now a lot wiser and a lot more prepared. Heed my words. It could save a life, and could prevent women and girls from being raped. Fathers! Take the lead – start your protection strategy now.

Last but not least – do you have emergency stores? If not, why not? Who do you think is going to provide you & your family with food/meds etc when the SHTF? Don’t forget pet food stores and lots of water. Think you are safe in your city? Think again!!

God bless you all.

English Spealking Afrikaner ·

Apologies for the duplicate post. Did not realise the first one sent – laptop typing…. And apologies for the typo in my name. Should read as ‘English speaking Afrikaner’.

George Becker ·

Burger dis mense soos jy wat afstammelinge is van die joiners van die vryheids oorlog teen die britte. Altyd sarkastiese aanmermerkings maar as dit met jou gebeur gaan jy natuurlik die hardtse skreeu

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.