Hankey-plaasaanval: Verdagte vrygelaat

Argieffoto

Die 30-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die aanval Vrydagaand op ʼn 44-jarige ma van drie op ʼn plaas buite Hankey in die Oos-Kaap, is Dinsdag vrygelaat.

Speurders van die Hankey-polisie en beamptes van die provinsiale georganiseerde misdaadondersoekeenheid het sedert die voorval onverpoosd gewerk en het die man Sondag omstreeks 22:30 in hegtenis geneem.

Die man sou na verwagting Dinsdag in die Hankey-landdroshof verskyn het op aanklagte van huisroof, poging tot moord, verkragting, die rig van ʼn vuurwapen, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal en ontvoering.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die man is egter vrygelaat weens onvoldoende bewyse in die stadium.

“Die polisie is steeds toegewyd om die saak te ondersoek en die skuldige aan te keer. Die ondersoekspan volg verskeie leidrade op,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die slagoffer moes Vrydagaand met ʼn koeël in haar lae rug saam met haar aanvaller na ʼn kitsbank toe ry sodat hy geld uit haar rekening kon onttrek.

“ʼn Verdagte het na bewering net voor middernag toegang tot die huis verkry deur verskeie skote deur ʼn glasdeur te skiet. Die vrou was tydens die voorval alleen tuis saam met haar minderjarige kinders en is in die skietery gewond,” het Swart vroeër gesê. Die vrou se man was na bewering op ʼn jaguitstappie ten tyde van die voorval.

Swart het gesê die verdagte het die vrou in haar voertuig na ʼn kitsbank in Hankey geneem om daar geld te gaan onttrek. “Terwyl die verdagte besig was om die geld te onttrek, kon die slagoffer daarin slaag om met haar voertuig weg te kom. Sy het na ʼn ander plaas in die gebied gery en hulp ontbied.”

Die vrou is ná die aanval na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy is intussen ontslaan, maar is erg getraumatiseerd.

Die slagoffer se naam mag nie bekendgemaak word nie om haar identiteit te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eugene ·

Belaglik. Hierdie land het in n wettelose hool verander. P.W Botha was reg ons kan nooit n Reënboog nasie wees nie . Eerder n swartpot van ongeregtigheid,misdaad,korrupsie,geweld en haat, wat deur die duiwel en sy magte gestook word.

Alida ·

Die vrou kan hom mos erken as die polisie die moeite gedoen het om hom na haar toe te vat. Nou is weg vir altyd.

SAnik(s) ·

Boerenasie moet self verantwoordelikheid neem vir eie veiligheid, eie taal en eie kultuur. Ons kan dit in elk geval beter dien as die ineptokratiese regering waar jy beloon word vir substandaard resultate.

Elsabe ·

Baie jammer vir die trauma waardeer hierdie familie gaan. Daar is wette in hierdie land wat ‘n misdaad slagoffer moet beskerm maar dit word nie toegepas nie. Wette word vir gerieflikheid toegepas. Dit is so frustrerend om heeltyd te hoor ons verdien dit as gevolg van …….. maar heng dit word net erger en erger en geweldadiger. My kinders moet hier uit.

Geskok ·

Wat!!!!! Wat ‘n skreiende skande!!!!! Onvoldoende bewyse!!!! Die polisie van vandag is een helse groot grap!!!!!

PJC ·

Pieter en Alida ek stem saam met julle, die vrou kan mos die aanvaller uitken al is dit op ń foto.

tamboti ·

Ja en wat van kamera by kitsbank- is daar en het SAP dit ondersoek?????

AmY ·

Tamboti, van die manne in die SAPS is te onopgelei om aan die kitsbankkamera te dink. ?

Hoe Naïef ·

In die oë van die polisie, aanklaer en landdros is die sanvaller ‘n held. Sien enige persoon betrokke voldoende bewyse. Ek wonder!

Magda ·

Niemand kon die verdagte uitken op enige stadium nie. More is mense dood oor die idiote die moordenaar los gelaat het. Erger as dit kan dit nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.