Hanteer politieke peilings omsigtig, vra Sanef

Foto: www.sanef.org.za

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sê hy het kennis geneem van die vrystelling van verskeie peilings oor die komende provinsiale en nasionale verkiesing, asook die gewildheid van sekere politici en politieke partye.

Talle politieke peilings het die afgelope weke die lig gesien, met kritiek dat sommige van dié peilings veel te wense oorlaat wat betref spesifieke doelwitte, gehoorbereik en diepte.

Maroela Media het vroeër berig ActionSA het kapsie gemaak teen drie mediamaatskappye oor hulle na bewering “politieke waninligting” help versprei het.

Sanef het nou ʼn beroep op redakteurs en joernaliste op alle mediaplatforms gedoen om die hoogste standaard van akkuraatheid, billikheid en balans in hul beriggewing te handhaaf.

Kiesers se uiteenlopende sienings, politieke toesprake en die talle peilings en opnames wat bekend gemaak word, is kenmerkend in die weke wat die verkiesing voorafgaan. Die peilings is ʼn nuttige maatstaf van die openbare mening, maar Sanef beklemtoon steeds die belang van omsigtigheid en waaksaamheid in verslaggewing daaroor.

Hy waarsku ook onbehoorlike gebruik van meningspeilings kan die openbare mening drasties verander en verkiesingsuitslae beïnvloed.

“Sanef wil sien dat gehore wat betrokke raak en geloofwaardige nuusmedia volg, beter besluite neem,” het die organisasie gesê.

Volgens Sanef sal nuusmedia in dié verkiesingsjaar onder geweldige druk wees. “Ons moet altyd daarna streef om ons gehore te prioritiseer en hul veranderende sienings in ag te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vrijburger ·

Nogal ironies dat Sanef hierdie ‘waarskuwing’ uitreik.

KB ·

Die laaste mens wat ek deesdae (veral voor ʼn verkiesing!) sal glo, is ʼn joernalis. Dus glo ek ook nie vir SANEF nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.