Harde slag toe skelmpie by venster uitval

ʼn 38-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat die vrou met wie hy ʼn hotelkamer gedeel het, by die kamervenster uitgeval het.

Volgens die polisie het die getroude man en sy vriendin op 15 Desember om 20:00 by ʼn hotel in Johannesburg ingeboek. Hotelpersoneel het vir hulle die sleutel vir ʼn kamer op die vierde verdieping gegee.

“Sekerheidswagte het in die middel van die nag ʼn harde slag gehoor. Toe hulle ondersoek instel, het hulle die 25-jarige vrou ernstig beseer in die straat voor die hotel aangetref,” het kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder in Gauteng, gesê. “Sy het aan die wagte gesê haar vriend het haar by die venster uitgestoot.”

Die hotelpersoneel het die polisie gekontak. “Toe polisie ongeveer 01:00 by die man se kamer inbars, het die man gelê en slaap asof niks gebeur het nie,” sê Mbele.

Die vrou is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas. Die man is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklag van poging tot moord. “Die motief vir die voorval is onbekend en die ondersoek duur voort.”

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cherokee ·

Die motief is nie soos gesê, onbekend. Julle het reeds gesê hy is gehok. Laat sy vrou eerder uitwerk waarom sy haar lewe vertrou in die hande van so ‘n koelbloedige monster.

Casper ·

Natuurlik is die motief nie onbekend nie.Wat gaan sy vrou sê as sy uitvind?Hy moes van sy skelmpie ontslae raak,maar dit is wreed om dit so te doen.Wat gaan hy nou vir sy vroe sê.Die waarheid gaanvtog uitkom.

Misky ·

Cherokee, ek verstaan nie jou kommentaar nie. Niemand het gesê sy vrou het iets verkeerd gedoen nie. My kommentaar dui daarop dat hy skelm is en sy dade by hotelle doen en nou is alles op die lappe

Tanya ·

Sjoe! Ek hoop die “vriendin” is ok…. dalk wou die “vriend” ontslae raak van alle bewyse dat hy ‘n lekker aandjie gehad en bang was sy verklap hulle “geheim”! Net een vragie aan die proef lees span…. as daar nog so iets bestaan, is dit Sekerheidswagte of Sekuriteitswagte?

Elinette ·

Sekerheidwagte/sekuriteitswagte – een en dieselfde ding.

bobmartin ·

Vir wat wil die man en die skelmpie by die venster sukkel as daar n bed in die hotelkamer is? Nee man. Hou op rondneuk as jy getroud is.

Kobus ·

Ek sal graag wil hoor wat sy kant van die saak is. Dalk was hy nie eens getroud nie. Dalk was die dame maar net ‘n ” pay as you go” en meneer wou of kon seker nie die rekening vereffen nie.

Strandloper ·

Moenie deur die draad vreet nie. Bloeie gaan jy bloeie!

Nozi ·

Dalk wou sy maar net korpad vat huistoe, toe werk dit nie so lekker nie, en iemand moet dan die skuld kry.

Tiptol ·

Geniet ek nou jou skerp kommentaar. Ook die enigste een wat die moeite werd is om te lees.

Blomme ·

Dalk was die man regtig aan die slaap. Dalk het die skelmpie gespring juis om die man te expose omdat hy weier om sy vrou vir haar te los.

Renier ·

Dis nou wat mens noem “stank vir dank”. Díé storie behoort interessante leesstof te word… Ha ha.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.