Harde woorde val met AfriForum-voorlegging oor grondhervorming

Roets en Monique Taute, AfriForum se hoof van veldtogte en antikorrupsie-eenheid.

Die ergste en mees aggressiewe uitsprake tot dusver oor grondhervorming het vanmiddag gevolg tydens en ná die burgerregte-organisasie AfriForum se voorlegging aan die parlement se ad hoc-komitee wat moet besluit of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het die organisasie se voorlegging hanteer. Hy het begin met voorbeelde waarin die regering se grondbeleid misluk het vir sowel swart as wit boere.

Daarna het Roets aangevoer dat wat hy die ANC/EFF-alliansie genoem het, gewortel is in Marxisme en Leninisme en die sentralisering van staatsmag en die soeke om Suid-Afrika ʼn kommunistiese staat te maak.

Hy meen die doelwit is om beleid wat in die Sowjetunie, China, Kuba, Kambodja, Zimbabwe en Venezuela toegepas is, nou ook in Suid-Afrika toe te pas, en die wêreld se suksesvolste ekonomiese beleid as rassisties en onderdrukkend uit te beeld.

Dit is na Roets se mening waarom soveel swart pioniersboere kla oor die regering, en waarom 23% van Suid-Afrikaners reeds tans op staatsgrond woon, en hoekom net 6% van die grond wat oorgedra is vir restitusie, tans aan swart private eienaars behoort.

Volgens Roets is dit ʼn leuen dat wit mense grond gesteel het. Wit mense het volgens hom grond bekom op drie maniere – hulle het hulle op onbewoonde grond gaan vestig, hulle het grond deur ooreenkomste of aankope bekom, en hulle het grond verower.

Roets het toegegee dat wetgewing soos die Naturelle Grond-wet van 1913 en die Groepsgebiedewet onregte is wat reggestel moet word, maar het aangevoer enigeen wat meen wit mense kan nie grond in Afrika besit nie, is soos die Europese fasciste wat meen dat swart mense nie grond in Europa moet kan besit nie. Hy het aangevoer diegene wat meen swart mense moet grond in Europa kan besit, maar wit mense mag nie grond in Afrika besit nie, is skynheilige rassiste.

Volgens Roets het die regering reeds R50 miljard op grondhervorming uitgegee en in die proses net 5% van die grond aan swart besit oorgedra. Hy het aangevoer as die hele bedrag vir grondaankope aangewend is, sou die helfte van die land se plase aangekoop kon gewees het.

Dit sou egter volgens hom nie gestrook het met die doelwitte van die nasionale demokratiese rewolusie nie. Hy het ook die Motlanthe-kommissie aangehaal dat wanbesteding en korrupsie aan die wortel van die kwaad met grondhervorming sit.

Roets het voorts aangevoer dat onteiening sonder vergoeding sleg is vir beleggersvertroue en uitgewys dat Suid-Afrikaners sedert 2015 vir die eerste keer in die geskiedenis meer geld buitelands as binnelands belê. Hy meen om aan te voer onteiening sonder vergoeding is goed vir die ekonomie is soortgelyk as om te beweer Kentucky Fried Chicken tree op in belang van hoenders.

Na Roets se mening voldoen voorstanders van onteiening sonder vergoeding se aandrang om steeds dieselfde stappe wat in die verlede misluk het te volg, neer op Albert Einstein se definisie van gekheid: om dieselfde ding by herhaling te doen en ʼn ander gevolg te verwag.

Hy meen die ANC en die EFF put meer genot daaruit om die middelklas seer te maak as om armes op te hef. Roets het voorts aangevoer die ANC en EFF se beleid sal lei tot ekonomiese ineenstorting en hongersnood wat die armstes die ergste sal tref. Die welvarendste Suid-Afrikaners sal die land verlaat, wat die belastingbasis sal vernietig.

Roets meen daar is nie grondhonger in die land nie, want 59% van grondeise en 84% van grondbesettings is in stedelike gebiede. Swart Suid-Afrikaners verstedelik boonop vinnig en 93% van diegene wat ʼn keuse tussen grond en geld gebied is, het geld verkies.

Roets het gevra dat die grondkwessie nie ʼn raskwessie moet word nie. Hy meen die ANC en die EFF doen dit egter reeds. Hy meen wit mense word deurgaans vir die wandade van ander wit mense geblameer, maar dis ewe onaanvaarbaar as om swart mense as moordenaars uit te kryt omdat sommige swart mense moordenaars is.

Hy het gevra of swart mense nou reparasies gaan betaal vir die moorde te Bloukrans en Weenen, of die moord op die Van Rensburgtrek. Hy is oortuig daarvan dat diegene wat aandring op reparasies nie eens weet wat hierdie historiese gebeure was nie.

Hy het parlementslede daarvan beskuldig dat hulle dronk is van ideologie – ʼn ideologie nie gegrond op historiese feite nie, maar op die wil om rassehaat en hopelose sosialisme aan te blaas onder die voorwendsel van regstelling.

Roets het afgesluit deur LP’s daarvan te beskuldig dat hulle dronk is van die ideologie van die mislukkende nasionale demokratiese rewolusie. Hy het gesê hulle is magsdronk, want elke besluit is daarop gemik om hul eie mag te vergroot. Hy het beweer hulle is dronk van haat en neerbuigendheid – nie net vir wit mense nie, maar ook vir die armes wat die meeste sal ly onder haat en verdeeldheid.

Die reaksie van LP’s was ewe aggressief. ANC-LP’s het gesê dis onwaar dat groot dele van die land onbewoon was toe die Voortrekkers die binneland ingetrek het, en vir Roets vertel hoe hul oupas teen die afneem van hul grond geveg het. Hulle het hom gevra wat hy in hul posisie sou dink.

ANC-LP’s het Roets daarvan beskuldig dat hy swart mense haat, en dat sy haat vir die ANC en EFF sy denke oorheers. Daar is uit ANC-kant aangevoer dat die land nie voedselsekerheid het solank die armes honger ly soos al eeue die geval is nie.

ANC-lede het aan Roets gesê dat hulle probeer om simpatiek na hom te luister, maar dat hulle hom arrogant vind veral omdat hulle ervaar dat hy hulle uitgeskel het. Hulle het AfriForum daarvan beskuldig dat hulle so erg soos Black First Land First is en gesê die voorlegging is ʼn skande wat in die toekoms teen AfriForum sal tel, en dat AfriForum homself sal vernietig.

Die UDM het aangevoer die enigste positiewe ding van die voorlegging was dat dit so eksplisiet was. Tien grensoorloë is in die Oos-Kaap geveg met die gevolg dat 3 miljoen hektaar in die provinsie nou aan wit mense behoort en 250 000 hektaar aan swart mense. Die UDM het AfriForum daarvan beskuldig dat AfriForum die land wil terugneem na ʼn oorlogsituasie en dat hulle swart mense se harte verhard. Die UDM sien geen nut in gesprekke met AfriForum nie en oorweeg nou steun vir die verandering van die Grondwet.

Die IVP het teen AfriForum se voorlegging te velde getrek en uitgestap nadat hulle AfriForum daarvan beskuldig het dat hul voorlegging op woede eerder as historiese feite berus.

Cope het gevra of AfriForum enige oplossings aan die hand doen en die DA het hulle van AfriForum se voorlegging gedistansieer. Die ACDP het gesê Roets moet weer nadink oor sy standpunte wat nie ʼn positiewe bydrae is tot nasiebou nie en van arrogansie getuig.

Volgens die ACDP laat AfriForum mense hul harte verhard en is hulle ekwivalent aan Black First Land First. Die ACDP het Roets herinner aan die bergpredikasie: Geseënd is die vredemakers, want hulle sal die kinders van God genoem word.

Die VF Plus het niks gesê nie. Die EFF het gesê wit mense het swart mense se grond gevat en swart mense doodgemaak. Wit mense het die meeste grond, en Roets se voorlegging was arrogant.

Die EFF het gesê as AfriForum oorlog wil hê, sal hulle dit kry, en dat hulle die verpersoonliking van Afrikanerrassisme uit Pretoria is. Die EFF meen AfriForum se gedrag tydens lede se onlangse Amerikaanse besoek was leuenagtig en verraderlik, en dat grond bloot afgeneem moet word.

Die proses duur volgende week voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

190 Kommentare

Naomi ·

Moenie dat haat jou ontstel nie. Dis deel van die volwasse lewe. Hier en elders. Sorg maar net dat jy ‘n dik vel het.

Hoc est bellum ·

Toe ek dié lees het ek (as padda) gevoel dat die hitte van die kookwater in die pot so bietjie afgeneem het.

Casper Labuschagne ·

Dit is juis die ding, paddas kan nie self weet hoe warm die water is nie. Moenie kyk na wat die swart nasionaliste sê nie want in teenstelling met Europese land is die hoeveelheid opinies en ingeligte stemme in Afrika te min en te oneweredig versprei om ‘n goeie oorsig te kry. Kyk eerder na wat die regerende party doen as aanduiding van wat voorlê en in daardie opsig word daar nie ‘n sentimeter afgewyk nie van ‘n koers wat reguit op ‘n reuse ysberg afstuur.

Andrea ·

Uiteindelik n eerlike opsomming van hoe baie wit en swart SAners voel. Ek dink die streep is openlik in die grond van ons geliefde land getrek. Die uitkoms is redelik voor die hand liggend.

Leon ·

Die reaksie van min of meer alle verteenwoordigers in die parlement wat te verwagte.
Ek gee Roets 10 uit 10 vir sy voorlegging wat ek total ondersteun. Die waarheid pas nie die anc/eff agenda nie.

Veral om die agenda van die “nasionale demokratiese revolusie” aan OSV te koppel sal die kritici van Afriforum en Roets, hopelik eendag sal laat wakker skrik.

Aan daai klomp in die parlement (veral die verraaier Koornhof) weet die staat wat julle sogenaamd lei is ‘n mislukte staat.

Breytenbach ·

Dankie Ernst Roets en dankie Afriforum. OSV gaan eindelose armoede vir Suid Afrikaners besorg. Die ANC is verantwoordelik vir hul eie ondergang.

Jacob ·

die DA se reaksie is vir my as kaapstad inwoner die belangrikste. Dit is duidelik dat hulle populere politiek speel ten spyte van die feite. Hulle vlikvlooi steeds vir meer swart stemme in plaas van standpunt inneem.

Adriana ·

Mooi gese!! Die lot wil dit nie hoor nie maar hulle moet dit hoor!
Dankie mnr Roets wat jy vir my beteken.

Debbie ·

Daar is geen salf hier te smeer. Solank die regering voet by stuk hou dat ONS blankes die skurke is sal die massas dit aanhou glo en ons NOOIT vrede hê nie. Dis tragies, want ons jongklomp se toekoms is feitlik daarmee heen.

Never surrender ·

Thank you Afriforum and Ernst Roets for having the courage to tell it like it is. I salute you.

Boland ·

Afriforum se feite maak hulle seer want hulle weet dis waar.Ons moes al lankal die streep in die sand getrek het.Hou aan met julle goeie werk mnr Roets.

Ja Nee ·

Ek lees die eff is nie bang vir oorlog nie… Ons ook nie!

Ellisras ·

Die namloses wat nie bang vir oorlog is nie. Dit is hulle wat eerste weg hardloop.
Ernst se arrogante houding het meer kwaad as goed gedoen. Hy praat nie namens my nie.

Edy ·

Die waarheid maak seer. Hulle is kwaad dat dieselfde taktiek wat hul gebruik het om steen in die buite land te gekry het in die verlede nou ook teen hulle gebruik word. Verduideluk net vir my hoe dit aan stoot is om te sê die grond wet is voldoende maar nie om met ‘n MASJIEN GEWEER SKOTE AF TE VUUR EN LIEDERE VAN MOORD TE SING NIE!

Apie ·

Welgedaan Afriforum. Die adders weet dat julle voorlegging ook vir Pres. Trump betreik en hulle is skytbang!!

Pietman ·

Welgedaan Afrikforum!

Dit vat guts om die waarheid te praat wanneer jy omring word deur mense wat die waarheid haat.

Dit is as gevolg van ruggraatlose Afrikaner-“leiers” wat aanhoudend wou paai ten koste die waarheid dat ons vandag in hierdie gemors sit.

Hoe belaglik om Afriforum met BLF te vergelyk! Dit is omdat hulle nie die feite wat Afriforum op die tafel plaas kan weerlê nie dat hul goedkoop taktieke gebruik om Afriforum te probeer diskrediteer.

Mag almal van ons nie ophou om onverskrokke die waarheid te praat nie.

Jerry ·

Ernst jy moet dringend en ernstig herbesin. Jy gaan die forum in n groot krisis dompel!

Gerhardt O ·

As LID gaan ek more my bydrae vrywilig verhoog bloot omdat JY so behep is met Afriforum.

Lana ·

Jerry, ek het nou al genoeg van jou kommentaar gelees om te weet – jy is die een wat moet ” herbesin”!!!

Lana ·

Dankie, Ernst. Hulle weet presies waar hulle met ons staan.
Tyd vir mooi broodjies bak is lankal verby.

Twakkie ·

Jerry, verduidelik watter krisis jy meen Ernst gaan AfriForum in dompel? Die spul in die parlement sit daagliks en twak praat en bereik NIKS, want die ANC neem hulle besluite in Luthuli-huis en doen presies wat hulle wil. Hierdie voorleggings is net oëverblindery. Ten minste het Ernst hulle wakker geskud. AfriForum was die enigste mense wat reg was oor die lys, wat al klaar die lot in die parlement soos sotte laat lyk. En AfriForum het indruk gemaak in die buiteland waar dit tel. Plus AfriForum wen daagliks lede ten spyte daarvan dat Fake News24 hulle daagliks beswadder in al die media waar hulle ‘n monopolie het. Hoe sê jy nou weer, in watter moeilikheid gaan Ernst AfriForum dompel?

Be realistic ·

Ernst did nothing wrong. These people will never accept the fact that white people obtained land in SA legitimately.

Johan ·

Jerry, lyk my jy is maar n bangbroekkie. Lê jy maar stil dat hulle jou in die ribbes skop. O ja, onthou net om dankie te sê!

tamboti ·

Jerry ek dink ook Afriforum moet herbesin, dalk moet hulle eerder die reeds bestaande krisis waarin SA reeds is, as amptelike beleid aanneem?

Reguit ·

Hoogtyd dat elke groep presies weet hoe die ander groep voel.
Groep A hou nie van groep B nie.
Groep B hou nie van groep A nie.
Hierdie mooipraatjies en sus en paai tot dusver het niemand ‘n guns bewys nie.

PJC ·

Miskien maak hierdie party mense se oë oop ek kom hulle dalk agter op watter tydbom ons sit. Hopelik laat die meeste boere hulle nie op sleeptou neem deur sommige landbou organisasies wat wil voorgee dat die ANC in goeie trou wil onderhandel nie.

Pietman ·

Dit vat guts om die waarheid te paat. Volpunte vir Ernst Roets.

Survival Transvaal ·

Baie dankie Ernst, ek staan saam jou! Al hoekom hulle nie hou van wat jy sê is omdat hulle dit nie wil hoor. Dis tyd dat daar hard gepraat word want niemand kuister meer vir ‘n Afrikaner tot nou.

DieWaarheidIsNooitGewildNie ·

Die waarheid is nooit gewild nie, want dit is die spieel waarin ons ons gebreke sien

willie ·

Dit is soos om vegitariers na ñ braaivleis te nooi! Hulle sal nooit die partytjie geniet nie, want dit is teen hul SMAAK!

TOWER STAF ·

Wens ek het n tower staf gehad. Dan toor ek die grond terug aan die huidige bevoorregtes. MAAR al die ontwikkeling van die Kolonialiste is weg. Weg is al die paaie, karre, klere, ontwikkeling.. O ja en die Internet en rekenaars van die Europiers waarop hulle almal so lekker baljaar en hulle sienings lug. Websites waarop die witman beledig word Miskien kan ons net die wiel vir hulle los, wat hulle tot so onlangs as 300 jaar terug nie eers kon uitdink nie. Helen Zille was reg: Hulle kerm en skree oor die Kolonialiste maar die ontwikkeling en “grand” klere en fone ens. is nie ‘n probleem nie. Daar sit JuJu wat die wit kolonialiste so haat “ge-coller en ge-tie” by die Durban July. Pateties.
Nou wonder ek of hulle dink as jy grond het is jy oornag ryk.

FrankTheTank ·

Stem 100% saam jou. Wens ook altyd dit dat ons kan teruggaan waarheen ons vandaan kom. Wil dan sien hoe word die land verder verwoes gaan seker ook ons Europiers se skuld wees…… You gou Roets

Realis ·

@Frank* – Die oorgrote meerderheid van blankes se “vandaan kom” is net hier. In Suid Afrika. Pretoria, Johannesburg, Durban Pietersburg ens. Waarvanaf het jy “vandaan gekom”? Jy is welkom om te hardloop, ons bly in ons geboorteland.

Theresa ·

Moenie tee vergeet nie. Vat dit ook weg.
Nou lus vir ‘n koppie stomende koffie.

DR ·

Se altyd ons het nie leiers maar wat van Ernst Roets, well done

lindiwe sisulu ·

Ek kyk op CNN hoe hulle ‘n onderhoud met lindiwe sisulu het.
Wragtig sy sê Afriforum versprei leuens oor grond onteiening. En die eensydige CNN ou vra haar nie wat die plan is nie ..Al wat lindiwe sê dis alles leuens. Pleks die CNN ou vra haar of die ANC grond wil onteien slegs van blankes. Wat korrek volgens FOX rassisties is. O Ja maar ek vergeet Rassisme is eintlik Rassisties want ‘n persoon met herkoms van Afrika kan nie Rassisties wees nie teen ‘n Europier nie..Al vat jy sy grond omdat sy ras herkoms van Europa is dit nie rassisties nie

Riaan ·

Ernst. Jy het asyn op die miernes gegooi,en die miere hou nie daarvan nie. As hierdie klomp kommuniste wou,kon hulle al baie grond oor gedra het na hulle eie mense. Die feit bly. Hulle het reeds die land vekoop aan die Chinese,en die rooi kommuniste begin nou vra,.. waar is die grond wat ons gekoop het. Dis hoekom die sogenaamde president in China was. Nie om nuwe bande te bou nie, maar om te gaan please and explain. H.K.G.K

Francis Linström ·

Goed gestel Ernst. Dit versiersuiker moes lankal van die vrot koek afgekrap geword het.

EFF wat is leuens? ·

juju sê ook wat lindiwe sê..daar is nie so ding dat hulle die grond wil vat nie .Kamptig leuens. Nou wat is jy dan nou hier mee besig juju? Wat is die rede vir die voorleggings..is dit nie juis om te praat oor om grond te vat van die blanke. Hoe gaan almal nou grond kry? wat van jonger mense wat ouer word gaan hule net bly grond vat en uitdeel. Weet julle dit laat my aan ‘n kind dink.. Hulle skree “Trump hou jou neus uit ons sake” sodat ons kan voortgaan om die blankes te vertrap

MTSteyn ·

Volpunte vir Roets die Rots! Interessant dat die vf plus of minus doodstil sit, amper soos ‘n muis, hoor ek iemand vra? En natuurlik distansieer die ANC-lite, of die sg DA, hom van die waarheid, dit was nog altyd haar styl. Die acdp se Godsbegrip is beperk, as hulle wêreldse vrede vra, maar God se geregtigheid nalaat. Grondgryp is diefstal.
Ek is bly dat Roets na die NDR verwys, dis waaroor alles gaan. Ek reken die komende burgeroorlog is nou ‘n tree of wat nader.

Boerboel ·

Dit was nie veronderstel om n debat te wees nie. Die partye was veronderstel om net vrae te vra.

GP ·

Dankie vir goeie opsomming van die waarheid Afriforum. Oposisie sal natuurlik nie daarvan hou nie.

In my ipinie ons praat van saam staan. Kom ons almal staan saam met Afriforum. Kan nie vir hul stem nie maar sluit aan by hulle.

heinrich ·

Die waarheid maak seer! 10/10 staan sterk en hou koers :-)

HOE LANK NOG? ·

Hoe lank nog gaan die doringboompie wat langs die pad staan dit nog verduur?
As JuJu en kie opstaan vir die mede zoloes/xhosas/sothos dan is hy ‘n freedom fighter.
As Mnr Roets opstaan vir die Blankes is hy ‘n rassis.
As hulle ‘n “black Lawyers Association” stig is dit bakgat..maar ‘n blanke durf nie waag ‘n “white Lawyers association” stig…dan is dit rassisties.
My opsigter betrap onlangs twee skelms in ons kompleks en by die polisie stasie dreig die twee dat as hy ‘n saak maak gaan hulle op sosiale media sê hy het hulle die K-woord toegesnou. Noodgedwonge laat vaar hy die saak.
Nou vra ek weer hoe lank nog gaan die blankes die vertrapping verduur. wat moet dit vat dat ons kan saamstaan soos hulle saamstaan.
Hoe lank nog gaan die “ras kaart” die GAME-SET AN MATCH kaart wees vir hulle. As hulle ‘n argument begin verloor dan is jy ‘n Rassis, die geveg is oor, en hulle wen!!

Peter Holmes ·

100 % reg Ernst. Die klomp aan bevind is geharde kommuniste en marxiste. Hulle stem ook altyd in die VN teen die VSA. Saam met Zimbabwe, Palestina, Noord Korea, Vietnam, Kambodia, Venezuela. Muishond state waar hongersnood en armoede hoogty vier. Ek sien die VSA het nou ook Palestina se geldkraan toegedraai. Volgende is Suid Afrika !!!!

Se net ·

Welgedaan Afriform en Roets. DA julle stilswye val kiphard op ons ore en die VF plus skyn helder met gesnoerde monde. Waarvoor is julle bang…waarheid? Ons bolk is deur erger dinge al en ons sal weer daardeur kom. Elke noodkreet van elke vermoorde blanke skreeu ten hemele en NIEMAND kan dit stilmaak nie! ELKE LIEWE blanke boer is n gronddief? Maar ELKE liewe swart man is nie n moordenaar nie? Hoe kan enigiemand se hierdie is nie n rassekwessie nie maar ek wil net een ding se ek kan sien wie elke keer die rassedeur oopmaak. Een ding glo ek meer as ooit met my God loop ek waaragtig n bende storm!!

Kokkie ·

Welgedaan, Ernst. Ek stem eenhonderd persent saam met jou voorlegging. Wanneer die ANC/ EFF hulle vasloop teen grondige argumente waarteen hulle nie kan redeneer nie, verskuif hulle die aandag deur ‘n lawaai te maak en ‘n vloermoer te gooi. Viva Afriforum !♥

pieter ·

Feite is vir die meerderheid in die Parlement verwarrend en dit word emosioneel verwerp. Dit is skynbaar ‘n doodsonde om op die EFF/ANC se tone te trap. Geluk Ernst. Die toekoms gaan jou reg bewys.

Sêmaarnet ·

Presies wat ek vandag vertel het vir die mense by my werk…
Hulle dink die sjienese gaan hulle uit hul skuld red. Ek hoop nie een van ons is hier om te sien wat dan gaan gebeur nie.

Xenophobia teen die sjienees gaan hard wees vir hulle. Die sjienees gaan nie hulle twak vat nie.

RetroBoer ·

Die ACDP haal hierdie vers aan:

Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Die 2 verse net daarna lees:

Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Welgedaan Ernst! Jy is vir ons ‘n voorbeeld van selfrespek en onverskrokkenheid. Om te veg vir die waarheid is reg!

Tikkel tokkel ·

Die ACDP moet eerder ‘n kerk oopmaak POLITIEK is nie vir hulle nie . Hulle moet gaan sendingwerk doen !!

ACDP stel teleur ·

Ek het baie meer van die ACDP verwag. Uiters teleurgesteld – sal ook nie weer vir hulle stem nie.

PeaceInOurTime ·

@ACDP, Gaan vra die Engelse hoe appeasement vir hulle uitgewerk het. Engeland is steeds op die rand van bankrotskap nadat hulle Hitler moes beveg met alles wat hulle uit hulle kolonies gepers het

StaanSterkInDieStorm ·

As die ACDP nog nie God se profetiese stem gehoor het dat SA se christene hulle moet voorberei vir ‘n aanslag vanuit kommunistiese geledere nie, moet hulle hulleself eerder herdoop as die ADP.

Roets is honder persend reg – die ANC volg net deur op hulle nasionaal demokratiese rewolusie en CR se aanhaling van die massamoordernaar Mao onlangs in Sjina bevestig dit.

Merkur ·

Ek ondersteun julle Ernst Roets. Uitstekende werk! Iemand moes dit gedoen het en dit was jy en Afriforum. Hou so aan. Julle staan nie alleen nie.

Gerhard ·

Wel die waarheid het nou uitgekom. Die kamstige gematigdes was toe almal wit. Ek hoop oe is nou oop en bogpraatjies op ‘n einde.

Eish ·

Uitstekende en op die man af aanbieding. Dit was nou soos n toetsuitslag vir n toets waarvoor jy nie te goed voorberei het nie.
Trek die skoen aan as hy pas.
Dit is asof die hele parlement onder die dieselfde beswyming verkeer in hul afkeer teenoor Afriforum. Hul is so ver verwyderd van dié kiesers dat hul nie n begrip het van die lewe as burger in die helhool nie. Mnr. Roets se feitelike aanbieding is verifieerbaar en akkuraat. Sou ek dan n klip in die skoen van die sosialistiese imperialisme moet wees, laat dit so wees.
Die VF plus se stilswye is niks sinistêr nie. Inteendeel, myns insiens instemmende goedkeuring van die feite. Indien n getuie nie ondervra word nie, impliseer dit noodwendig dat sy getuienis sonder meer aanvaar word.
Dit is totaal onvanpas om nou die bergpredikasie teen die kop van Afriforum te wil gooi vanuit die ACDP se gestoeltes. Ons Heiland het nooit hom begeef in die politiek nie, nooit! Vrede is juis n uitvloeisel van geregtigheid, waarvan geen teken is in die regering nie. Hul verrottende kankerbestuur het ons gedompel in die woesteny van totale agteruitgang. Genade tog, mense met spesiale behoeftes sterf in dosyne onder hul bestuur, kantore ontbrand spontaan, staatshospitale word hospices, selfverryking is deur die bank n kenmerk van diė klublede.
Kasterolie is in n goeie dosis toegedien.

Von ·

Eish….. ste 100% saam met jou haal my hoed af vir Afriforum

Boet Meintjes ·

Baie goeie voorlegging Ernst, wat die ware toedrag van sake in die land weerspieël. Welgedaan.

Swartwolf ·

Niks wat die grond diewe meer haat as die waarheid nie. Hulle is grootbek, ons sal sien as dit by doen kom

marco polo ·

Die VF het niks gese nie. Dan wonder mense hoekom daar nie meer vir hulle gestem word nie.

Gerhard ·

Die VF+ het basies die selfde al in die parlement gesê. Mense moet net meer lees.

Magda ·

JA VF sê niks…Nie eers ondersteuning aan Afriforum Nie. 24 jaar hul broeke blink gesit in die parlement. Ernst en span moenie Gaan lê nie!

Dis so ·

Roets praat beslis nie namens al die witmense nie. Ongelukkig het hy die opsie gebruik waarin hy ons negatiwiteit teen grond hervorming en die anc beleid aan te vat. Ek se ongelukkig want dit was te veel informasie vir politici. Laat die notule wys dat die eff van oorlog praat. Nerens sien ek in Roets se voorlegging enige verwysing tot oorlog nie. Ek dink die grondgryp huidiglik buite Pretoria moet dien as ons toets saak waar die eienaar n groep witmans in diens stel as sy sekuriteit. Al wat moet gebeur is toegangs beheer moet toegepas wotd. Niemand mag die perseel verlaat of in kom nie. Geen geweld of enige so iets nie net dit. Ek glo die honger en dors sal later die bouers oorval en dan kan onderhandelings begin.

CJ ·

Oorlogspraatjies is belaglik. Gaan ons met ketties, pistole, gewere en beperkte ammunisie die massas uit townships wat ons in Pretoria omring kan afweer? Regtig?

Pottie ·

Wie gee deesdae nog oor wat n politieke party te se het? Alles is net om steun te werf. Soos byvoorbeeld “lae koste behuising is n wonderlike idee naby die waterrfront”. Afriforum gee baie meer om oor die land as die politieke gesigkopers. Ons dank Afriforum vir wat hulle doen vir die “stemloses”

JAN ·

Roets Rots!!
Sedert Afriforum ons dorp se Noodgroep bedryf het daar ruatigheid gekom.
Skitterende toespraak.
Die reaksies is veelseggend van ń voltreffer.
Sluit aan mense by die wenners van Rots.

Johan ·

DA en SA landbou. Hoor en sien niks. Mnr Roets Dankie. Boere plant minder. .

Jurgens ·

Generaal Roets jy is ń baie dapper en unieke man. Jy is ń voorbeeld vir baie van ons. Mag God jou ryklik seen. Ek is trots Afrikaans.

Theresa ·

Absoluut. Dankie vir reguit en eerlik praat.
Indien die EFF dreigend was teenoor wit-wees – dis hoe hul dink en voel. Miljoene sê nie soveel nie en voel wel – hul mag dalk tande wys en dreig, maar die stiller mense mag dalk op die ou end verrassend optree…

JAN ·

Ashwillie Willemse is heeltemal korrek oor die kwota spelery wat die show oorgeneem het.
Net Afriforum et al is meriete spelers .
Op alle terreine speel die kwota kaskenades.
Sensuur kultuur

Joe ·

Ek luister gister na Trump se toespraak oor Christenskap in USA. Ek kom toe tot die besef dat ons klaar God hier verloen het het, om nie op te staan teen hierdie kommunistiese regering wat God klaar uit die parlement en baie ander plekke het nie, Ernst het net hierdie klomp laat besef dat ons nie vir altyd gaan stibly. Wees paraat!!

Diefie ·

Dankie mnr Roets. Daar is niemand so blind, soos iemand wat nie wil sien nie.

Anti ·

Pragtig Ernst; ons staan agter jou; natuurlik sal die EFF, Cope en ANC teen jou optrek, maar wat hulle vergeet is dat ons God aan ons kant het. Bloed gaan vloei en al is hulle ‘n oormag, sal ons met God ‘n bende stormloop en oor mure spring.

Susan ·

Welgedaan Mnr. Roets. Jy praat die waarheid. Dit verg baie moed.

Louis ·

Dis van stilbly en vrede probeer bewaar dat ons sit waar ons nou sit. Uitstekend Mnr Roets. Hoe meer geraas julle maak met die waarheid en feite , hoe moeilikker is dit vir hulle om met hulle planne ongehinderd aan te gaan. Iemand moet maar die Jack Russel wees wat aanhou blaf en byt want meeste wil net teruglê en kla van hulle banke af. Tot die volgende rondte ??

JJ ·

So trots op jou Mnr Roets. Gaan ook my ledegeld aan Afriforum verhoog. Vir die DA sal ek nie weer stem nie – julle is ruggraatloos!

Drikus Kotze ·

By implikasie is Black First Land First dan ook ‘n vyand van die ANC! Ek wonder vir wie gaan BFLF volgende jaar stem?

Anoniem ·

As die skoentjies pas trek hulle aan LP lede, wat julle ook wel doen. Julle WIL nie simpatiek luister na ‘n witman wat rasionaliseer nie. Julle WIL die waarheid verdoesel. Groot verskil tussen arrogansie en selfversekerd van jou feite wees! Welgedaan Mnr. Roets! Hou so voort!

Thinus Erasmus ·

Roets / De la Rey / Roets , wat het ons hier?
‘n klein vlammetjie van hoop het opgeflikker, nie vir blankes, nie vir Afrikaans sprekendes of Afrikaners nie, vir ‘n VOLK van durf en daad!

Jakes ·

Lekker Ernst!
Die tyd is lankal ryp vir leiers wat bereid is om vuur te vreet!
Ek stem 100% met julle saam.
Sê hulle!

Nic0 ·

Hulle wil nie die geskiedenis verstaan of erken nie dis makliker om jou eie ideologie as geskiedenis te probeer dwing en volgers so te belieg dat die leun aangesien word as waarheid. Mooi so Afriforum dis tyd dat iemand voorvat

Boer ·

Dankie Roets, dat jy die guts het om te sê wat gesê moet word
Ons gaan nie toelaat dat daar oor ons geloop word nie.
As daar n streep op die sand getrek moet word is ek bereid om dit ook te doen

Troffel ·

In die woorde van Paul Kruger destyds met die stryd teen die Engelse: “Net ‘n dwaas sal ‘n leeu met ‘n mes aanval, maar net ‘n lafhart sal nie terugveg as die leeu hom aanval nie.” Welgedaan AfriForum, hou so voort!!!

Elsa ·

Hi Mnr. Roets jy is n ware leier. Hou so aan ons is baie trots op jou. Jy is n opregte Afrikaner. Alles van die beste vir julle organisasie voorentoe. Dit kan net beter word.

Theo ·

Dit was nie nodig vir die VF + om kommentaar te lewer op Mnr Roets se aanbieding nie, inteendeel die VF+ stem heelhartig saam met AF, sou hulle iets se dan was die gord weer gaar, seker sou hulle ook as rassiste uit geskel word. My innige dank aan Mnr Ernst Roets vir die moed en daad en die feitlike voorlegging wat hy voorgele het. Die waarheid maak seer, en al manier om te reageer is om sleg te se en rassisme voor te hou. Die DA het weereens gewys wat sy gevoel teenoor Afrikaners werlik is, en siestog die ACDP moes ook n eiertjie le en ja Nic Koorhof ook toe joiner geword nes sy neef Gerhard. Aan jou vriende sal jy geken word.

Andre C ·

My respek vir Ernst groei by die dag .Jerry hierbo verteenwoordig die ander kant van die
spektrum.Die rasionele denker teenoor die irassionele denker!

boerseun ·

jerry laat my dink aan daai oom Frikkie wat vir sy boetie wag

Hennie ·

Roets is nie die regte persoon hiervoor nie. Hy is te emosioneel.

Jack ·

‘n Sosialis is iemand wat Lenin en Marx gelees het. ‘n Anti-sosialis is iemand wat Lenin en Marx verstaan.
– Ronald Reagan

Charles ·

Jack, jy’t sopas my dag gemaak. Baie dankie vir die wyse woorde!!!

Rasper ·

Dankie Ernst. Ons almal weet Afriforum is nie rassisties nie. Verstaan ook hoekom hulle jou saam met BFLF gooi. Solank net een kant, (ANC/EFF/BFLF), skreeu en baklei, sal daar nie oorlog kom nie. Omdat ons nog nooit terug geslaan het nie, maar SEB, AA, Onrustige aand op die plaas en kinders wat emigreer, maar moes vat op die ken. Ter wille van landsvrede, terwyl ons elke dag moet hoor dit is “ons”. Lyk my ‘n rustig Suid-Afrika is ons verantwoordelikheid. Want solank ons nie baklei nie, sal SA vrede hê. Hulle is almal bang vir ‘n Afrikaner wat saamstaan. Hulle is almal bang vir die dag wat Afrikaners gaan sê, genoeg is genoeg.

Wilma ·

Trots op Ernst. Daar is niks fout met sy voorlegging nie, elke woord daarvan is die waarheid. Die waarheid maak seer, sê die spreekwoord en die ANC sal die waarheid geweld aandoen (hul sal aanhou om leuens te vertel en dit te glo).

Hans ·

Aangesien die VF+ so ” n onbetrokke houding ingeneem sal ek persoonlik nooit weer vir hulle stem nie.

Heinrich ·

Weet nie Hans, ‘Silence means consent’ soos hulle in Engels sê. Maar ek sou ook iets van hulle wou hoor. Ek weet hulle amptelike posisie is een teen OSV maar hierdie stilte van hulle kant af was nie goed nie.

Boerboel ·

Hans, die partye kon net vir Roets vrae vra, die VF Plus kon nie net inspring en op ander partye se kommentaar reageer nie.

Spike ·

Ou eff vlooitjie en blf baardman, julle bekke is groot. PASOP, PASOP……………

Jan ·

AfriForum, ek het baie respek vir julle. Dat julle al hierdie probleme nou namens ons in die gesig moet staar. Dat julle soveel energie insit om te baklei vir dit wat REG is. Vir julle gaan dit nie oor ras nie, maar wel dat geregtigheid moet geskied. Ons het meer mense soos julle nodig.

Joshua ·

Na gister se valse en walglike beskuldigings deur ander politieke partye is AfriForum is besig om die propaganda stryd te verloor.

Nel ·

“The most revolutionary act one can engage in is… to tell the truth.” – Howard Zinn,
En te oordeel na die reaksies van gister in die parlement is dit presies wat gebeur het – ai dat die waarheid nou so kan seermaak…
Dankie Ernst Roets.

Brutus ·

Hoog tyd hulle word die waarheid vertel,hulle ontken mos alles, mooi vertel Mr Roets.

waco ·

Veels geluk Mnr. Roets. Uiteindelik iemand wat met feite praat en nie net se wat die anc en eff wil hoor nie. Ek het niks om oor skuldig of skaam te voel nie. Ek is trots op my voorouers vir wat hulle vir die land opgeoffer het. Dit sluit baie trane en bloed in en daarvoor eer ek hulle. Hulle het net gewerk en gebou nooit afgebreek en gebrand en gemoor nie.

Jerry ·

Dankie Johan. Twakkie die krisis waarin Ernst die forum dompel is dat al julle toekomstige byeenkomste, inisiatiewe en belange wat julle tot dusver opgebou het deur die goeie inisiatiewe soos Akademia, koshuise, kantore, landbou kollege, afrikaanse skole, Virseker geteiken gaan word deur totale uitsluiting, boikot, verdagmaking/fopnuus, ondermyning, intimidasie, agtervolging, afluistering, provokasie, viktimisasie, wetstoepassing, versnelde onderdrukking ens. Die forum is op sy eie met geen vriende, net vyande en waarvoor die forum sy onverbiddellike standpunte voor moet blameer. Moeilike tye le voor vir veral die leiers van die forum, maar soos ek altyd se, as jy nie aanpasbaar en redelik wil wees nie en jy wil taai wees moet jy die hele jaar kan taai wees! Interresante tye le blykbaar net om die draai en wag vir julle en die Afrikaner jeug! Sterkte, van my kant af kan jy verseker wees dat ek sal aanhou poog om julle tot beter insigte te bring, want dit sal hartseer wees indien julle die Afrikanerjeug verder van die wal af in die sloot lei en blootstel aan konflik wat vermy kon word deur doodeenvoudig net versoenend op te getree het. O ja, voor ek vergeet, julle persepsie dat ek n gatkruiper, joiner, hanskakie en verraaier is, is nie heeltemal korrek nie, omrede ek darem ook julle vriend in julle tyd van nood is! “My volk het my die rug gekeer, maar ek sal nie my volk versaak nie, inteendeel sal ek hulle van hulself red”!

Keuses ·

Jerry, dankie jy bedoel net goed…elkeen is geregtig tot sy eie opinie. Ek stem saam met Afriforum. Hulle wil bloot keer dat die grondwet verander moet word. Iemand met insig oor die saak. Die res het geen respek, geen werkbare plan en geen toekoms visie nie. Grond word gevat vir hulle eie selfsugtige redes. Dit sal verkeerd wees om stil te bly oor die saak.

Theo ·

Hans dit was nie nodig vir die VF+ om kommentaar te lewer op AF se voorlegging nie, wat sou hulle daardeur bereik het, VF+ stem inelk geval saam met AF, sou hulle iets gese het dan was hulle seker ook uit gekryt as n klomp rassiste. Die DA het sy waare kleure gewys,enige regdenkende Afrikaner moet die DA met minagting verwerp. Afrikaners se stem is goedgenoeg maar as jy klaar gestem het dan hou jou bek.

Louis Steenberg ·

Maroela media, skryf hierdie artikel slegs om Afriforum se stellings in twyfel te trek. Ek vind jul artikel baie negatief en neerhaled. Uiteindelik staan iemand op, en praat die waarheid. Ons is tog te bang om nie polities korrek te wees nie.

Graag sal ek van hierdie narre in die EFF, ANC, IVP, BLF en enige iemand anders wil se. Julle is vinnig om krItiek op hierdie stellings van Afriforum te maak, maar as julle dan so slim is, kom bewys wat hy se is nie waar nie!! Wat hy gese het is in die geskiedenis opgeteken, van 1652. Het die teenstanders van hierdie stellings, bewyse van hul beskuldigings? Die probleem in Suid Afrika is dat, as jy dit waag om van hierdie idiote te verskil , dan is jy n rassis!! Dit is maklik om te praat sonder feite, want die massas wat in elkgeval nie beter weet of omgee nie, vreet alles soos soetkoek op.

Nou se ek vir hierdie mense. DIE AFRIKANER EN BOERE SAL NIE TOELAAT DAT HIERDIE DIEFSTAL VOORTGAAN NIE. JULLE SUKKEL NOU MET DIE VERKEERDE MENSE.

die streep in die sand ·

Kyk dames en here, ek dink die tyd het gekom dat ons as afrikaners moet besef dat die oorlog op ons is. Ek dink ons moet ophou worry oor die een se vet lyfie en daai een se skewe tande, ek dink die tyd om mense heeltyd sleg te se is verby, want raai wat daai een kan dalk die een wees wat jou of jou kinders se lewens gaan red. Ons moet saamstaan, want ongeag hulle outnumber ons, n hele paar to one. so hou op oor kleinighede worry en hoe mooi of maer jy is en besef dat jy op die rand staan van n burger oorlog!

Cornelia ·

Stem saam met Mnr Eish en ander hier op die forum dat dit WYS en verstandig was van die VF+ om nie ook by te voeg het nie. Die voorlegging was onver beterlik. Die VF+ se stilte was ‘n stil Amen. As die Waarheid so vreesloos en ondubbelsinnig gespreek word, volbring die Here die res. Hou goeie moed en verheerlik God alleen. Sy Reddende Regterhand sal vriend en vyand verras.

White Rhino ·

Louis Ek stem volkome saam met jou.
Daar is altyd so baie wat klippe gooi maar hulle doen NIKS om die situasie te verbeter nie.
Laat die wat negatief is asb iets begin doen sodat ons kan sien wat julle regkry?
Ek kan nie wag om te hoor van julle nie.

Afrikaner Meisie ·

Asseblief kan ons hierdie berig in Engels kry? Feite moet gedeel word met die wêreld in ‘n taal wat meeste verstaan.
Dankie.

Pieter Pieterse ·

Google translate, kyk net na die volgorde van die woorde en die ‘tenses’ plaas dit tussen aanhalings tekens en verwys na die bron “Maroela media en die skrywers”.

Aster ·

Mooi so Ernst! Ek staan vas agter Afriforum! Maar ek dink hier kom nog oorlog.

Charles ·

Baie dankie Afriforum, veg voort asseblief !!!!
Ons was gemaak hiervoor !!!!

Marietjie ·

Baie dankie Ernst Roets, jy is die enigste een wat nie uit twee monde praat nie!! Die wat jou gister so met klippe gebooi het, het hulle pas as draadsitters en hipokrate bewys!! Ten minste weet ons daar is iemand wat veg vir ons Afrikaners se behoud in hierdie land!!

Erick ·

ACDP Kamma n Christenorganisasie. Sal nie weer vir julle stem nie. Moderne christelike kerk In Suid-Afrika nogeteeds tjoepstil. Dis wat gebeur as jy n vriend van die wereld word, jy word n vyand van God.

Pandora ·

Vergun my die aanhaling uit Jan F.E. Cilliers se gedig : “Trou”

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan;
Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan;
‘n oog wat nie wyk,
wat ‘n bars kan kyk;
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan –

Vir my die Afrikaner van durf en daad,
Wat Mammons eer en loon versmaad,
Sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
En ‘n trap van sy voet vir laag verraad!

Dankie

Charles ·

Sjoe Pandora…Dankie ! Hoendervelle hoor!!!

Waar sou ons gewees het sonder Afriforum ?

Nel ·

Aan diegene wat die Engelse weergawe van Ernst Roets se voorlegging oor grondhervorming wil bekom om oorsee te versprei kan dit op Afriforum se webblad onder die opskrif ‘blog’ kry.

honourable member ·

DANKIE Afriforum vir alles wat julle doen vir ons. Sonder julle weet ek nie wie vir ons gaan baklei nie. Julle doen baie goeie werk.

Andre ·

Jerrry, ons wag op jou wyshede hoe Afriforum moes opgetree het. Jou lys oor nadele word reeds lankal gedoen deur die regering en linkse organisasies. Stem jy nie saam met Roets se argument nie of wou jy nie he hy moes dit openbaar nie ?

Tikkel tokkel ·

Het enigiemand gedink hulle sal hande klap na Afriforum se voorleggeng?. Veral dankie aan die DA wat hulle gedistansieer het van Afriforum se voorlegging. Dit bewys net weer dat die DA nie die regte party is vir my en my mense nie, feite tel geen punte vir hulle nie, almal moet net polities korrek wees. Politiese korrektheid is die teenkant van feitelike korrektheid en etiese korrektheid.

Sê maar net ·

Ernst, ek stem saam. Jy sal bietjie aan jou styl moet werk. Om ‘n sterk en vasbeslote standpunt te handhaaf is een ding, maar om as arrogant oor te kom is ‘n ander ding. Jy verloor op die langtermyn die geveg. Jy oortuig dan nie meer nie. Mense luister later nie meer wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê. Arrogansie gaan ons nêrens bring nie, ons verloor net die saak.

H van Heerden ·

Het ons blankes nie al genoeg gebuig en gekruip sedert 1993 nie? Ons moet tjoepstil luister hoe ons beskuldig word as kriminele, verkragters en diewe, terwyl Malema tekere kan gaan soos hy wil. Cyril Ramaphosa het nog nooit geheim gemaak van die feit dat hy mettertyd alles gaan wegneem van die gehate blankes in hierdie land nie. En nou staan Mnr Roets op en praat die waarheid en al wat vir jou uitstaan is ‘arrogansie’. Waar is ons rugraat heen?

Sê maar net weer ·

H van Heerden, jy bevestig net my punt. Daar is baie wat gepraat en gesê móét word, maar ons moet dit so sê dat ander ons hoor. Die reaksie van elke party op mnr Roets se voorlegging het sy styl aangespreek en nie die inhoud nie. Ek het die vorige dag na mnr Karel Boshoff (iv) se voorlegging geluister. Al die verskillende partye het geluister, selfs vrae gevra. Die EFF is selfs in die sessie stilgemaak. Ek beskou dit as ‘n suksesvolle voorlegging.
O ja en die vraag oor die ruggraat – baie dieper as wat jy dink.

Lana ·

“Sê maar net”, die tyd vir ‘n slapgat/kruip houding is lankal verby.

H van Heerden ·

ALLES wat Mnr Roets gese het is waar. Ek is moeg daarvoor dat ons moet stilbly oor al die leuens. Die ANC en EFF gaan nie stop totdat elke blanke in ‘n plakkerskamp eindig nie.

Johann M van Heerden ·

Dankie Afriforum vir jul feitelike voorlegging. Dankie vir die streep. Ek skaam my vir die DA en die Afrikaners wat hulle daarteen uitspreek. Die DA kry nie my stem nie. Maar ons is so min en die politieke stelsel bevoordeel ons nie.

Hennie ·

According to the black culture all land belonged to the kings. And the king sold or traded the land. If any of the kings subjects argued with the king it would lead to death of the subject. These kings also had war against each other. So all of the country would of belonged to 1-10 kings depending on who won what wars. So 99.999 % of people never owend land and would of never owend land. Their fore fathers also never owend land beacause all land belonged to the kings. if it wasnt for the white people no one except 1-10 would owe land. We libirated the avarage black person. This land exploration will still lead to No land to the avarage person as all land will belong to the state. Exactly where we were 200 years ago when all land belonged to a king

thea ·

n Boer seun na my hart. Hy praat net die waardheid. Sterkte saam met jou gaan ek oorlog toe

Erich ·

Al wat ek weet is dat ons land op die rand van n afgrond is en dat dit baie maklik gaan wees om teen die afgrond af te stort.

H van Heerden ·

Ons het reeds begin tuimel, Erich. Omdraai-kans lankal verby. Nou gaan die blankes moet kies – saamstaan of verkrummel.

Tien uit tien ·

YESSSSSSSSSSSSSS AFRIFORUM julle doen uitstekend as julle aangeval word. Hulle het nie EENKEER dit aangeval WAT Julle gese het nie hulle kon niks weerle nie behalwe om julle persoonlik te beskuldig van arrogansie en belediging. Dit terwyl die BLF ou rassistiese uitlatings jeens blankes gemaak het en NIKS oorgekom het nie . BYT VAS Julle is op die regte spoor . STOOM VOORT En kry nog hulp ERNST . jy kan nie alles alleen doen nie .. VEG VOORT VIR DIE AFRIKANER en vir GRONDEIENAARSKAP~!

Skaap ·

Mr Roets het nou’n goeie voorbeeld gestel van; Vrees God meer as die bose.
Ons almal het net een waarborg in die lewe, die waarborg is dat jy sal sterwe en voor God moet antwoord vir jou dade en gebrek daaraan.

Anti-Kommunis. ·

Ernst, baie dankie! Doen so voort! Vir dié van julle wat kritiek uitspreek teenoor AfriForum, net dit: Raak bewus van die metodes en strategieë waarvan Marxistiese regimes gebruik maak om hul doelwitte te bereik, aldus die nasionalisering van grond, water, minerale regte, mynbou, bankwese, gesondheidsorg en groot maatskappye. Verskeie van genoemde industrieë is alreeds in hul kloue en kort voor lank sit ons met dieselfde probleme as Zimbabwe, Venezuela, Noord Korea en Kuba. Hierdie volgende feit staan soos ‘n paal bo water: Kommunisme en sosialisme het nêrens in die wêreld gewerk nie! Hoekom sou dit in SA werk????? DIT IS WAAR TEEN ONS VEG, MENSE. KOMMUNISTE STEL NIE BELANG IN ONDERHANDELINGE NIE. Hulle versprei leuens, halwe waarhede en fopnuus om hul doelwitte te bereik………..! Word wakker Suid Afrika!!!!!!

H van Heerden ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie. Die probleem is, ons is ‘n piepklein minderheid teen ‘n oormag. Tensy ons nie ‘n manier vind om ons te verskans teen die kommunistiese bestel wat op ons afgedwing word nie, is ons verlore. Al wat oorbly is om te veg vir selfbeskikking, so ons moet die internasionale gemeenskap se ondersteuning daarvoor werf. Ongelukkig word ons gesien deur baie as ‘n gehate volk wat nou kry wat hulle verdien.

Kokkie ·

Dit gaan my verstand totaal en al te bowe dat iemand so laag kan daal soos daai Koornhof-mannetjie. Aan die anderkant te verstane as ‘n mens terugblaai na ou Piet Promise se manewales. Siessssssss! Koornhof sit nou al hoeveel jare met die korrupte Zuma hand op die blaas sonder om iets van sy ‘baas’ se korrupsie en skelmstreke te sê. En nou het hy sowaar sy mond vol oor Afriforum en Roets. Dis tyd dat die teerkwas en die vere weer uitgehaal word. Ek het baie agting gehad vir Steve Swart van die ACDP. Maar gister het hy sy ware kleure gewys. Daar is al lank genoeg stilgebly, agteroor gebuig en mooibroodjies gebak terwyl die ANC en EFF sê net wat hulle wil en dreig met geweld. En waar het die agteroorbuig ons gebring. Roer hulle, Roetsie. Roer hulle, Afriforum, roer hulle ! Ons staan bankvas by julle !

Sarel ·

Wonderlik om die meerendeels positiewe reaksie te sien vir Ernst se dapper aanbieding. Ek wil graag ook net vra, waarom VF+ so aanval, hulle stem dan saam, het al verskeie kere tevore dieselfde waarhede geopper. Dit is nie nodig dat hulle hul weer herhaal nie. Hou op om die wat nog steeds probeer praat te verkleineer, sou ons die buitewereld se ondersteuning, wat ons nodig het wil wen sal ons juis moet kan wys dat ons alles probeer het om konfrontasie te voorkom en dat die soos ou Juluis ons geen keuse laat nie.
Moet asb nie sondermeer aanneem dat die wat niks se noodwendig bang is nie. Daar mag dalk net meer mense wees wat doen in stede van praat.
Dit moet altyd verkieslik wees om n geveg te probeer vermy tot op die punt waar dit nie meer moontlik is nie. Daar gaan in elk geval nie veel van die land oorbly na n burgeroorlog nie. Elkeen moet dus asb duidelik vir homself uitmaak waar hy staan. Dit is nie nodig om te se nie, ek weet die meeste harte klop reg.

Paul ·

Dankie Ernst! Jy slaan die spyker op die kop met jou voorlegging. Die reaksie van die ander partye is ‘n bewys dat jy presies reg is in wat jy s^e – hulle fabriseer feite, selfs in hulle reaksie op jou voorlegging fabriseer hulle feite.

Piet ·

Jerry, vandat die boere hulself is SA kom vestig het, is dit opgeteken in ons geskiedenis dat daar eerder met swart bevolkings onderhandel was vir grond as wat daar konflik gesoek was (konflik was daar wel soos in enige ander land), die beste voorbeeld hiervan is Piet Retief en almal weet wat van hom geword het, daarna het die boere onderhandel vir onafhanklike boere state. Die Transvaal en Oranje Vrystaat is deur Engeland aanvaar as Boere Republike totdat goud ontdek is en toe verbreek die Engelse hul ooreenkoms. Gedurende die De Klerk bewind het hyself “onderhandel” vir n parlement waar magsdeling die basis sou wees en minderhede sou erkenning kry. Nog later het Constant Viljoen onderhandel vir n stukkie grondgebied. Ek sien jy is n groot aanhanger van “onderhandelinge” en meer in besonder van Agri SA. Die waarheid my vriend mag nie onder ‘n maatemmer geplaas word nie. Die waarheid is dat jou en Agri SA se onderhandeling sal wel vir jouself dalk tyd kan koop, maar die ander ou se grond gaan gevat word. Die Engelse het ook nie die joiners se grond gevat nie, dit was die ander ou se probleem. Ek sal nie met my eie gewete kan saamleef nie.

Plankie ·

Ware kleure van DA het weereens uitgekom, ek sal nooit weer vir hulle stem nie !!!!
Dankie Ernst Ro(e)ts.

Krokkenoster ·

Puik werk Afrforum. Julle voorlegging was in die kol!

FM ·

Geluk Ernst en AfriForum. Julle koop nie populistiese politieke gesigte nie. Vandat die mense die feitelike waarhede hoor, is hulle nou skaamkwaad. Hulle het nie kennis nie, want hulle het nie die geskiedenis opgeteken nie. Hou aan om aan te hou!!!!

Simon ·

Hulle het uitgehaak toe Ernst die spieël voor hulle ophou.

Afriforum kry as Politieke Party ·

Kan julle asb regsitreer dat ons iemand het om voor te stem in volgende verkiesing….seker jul dal ook paar ander kleurige kry veral die wat jul in die afgelope weke gehelp het met plakkers op grond!! Ware leiers praat waarheid en het n plan!!

Johanna Botha ·

Die waarheid maak seer en dankie dat julle dit gese het soos dit is ….natuurlik sal dit die anc ontstig wat op alle vlakke misluk het …wie wil nou hoor dat jy n mislukking is…maar dit is tog waar want die hele SA val uitmekaar op alle vlakke onder die anc se skrikbewind ! SAA PRASA ESKOM ….noem maar op ! !

Marita ·

Nie vir hulle lekker om waarheid te hoor nie. Belangrik om op te staan vir ons regte

Peet J ·

Mnr. Roets, dankie ek hou van ‘n man wat sy man kan staan!

JAN ·

Roets se toespraak was n voltreffer – die reaksie dui daarop.
Enige reaksie is beter as geen reaksie. Hy het ons goud standaard van waarheid gestel.
Maar die olifant in die kamer word totaal ge-ignoreer naamlik die grootste grondroof ooit deur die ABO!! vir MINERALE – alles behalwe landbou!!
Wat dus verswyg is en waaroor die ACDP oa in vreemde tale spreek is die helse boodskap: dat die ware universele vyand van ons hele reenboog nasie is mynbou en en nie landbou nie.

1+1 ·

Jesaja 51 : 17-23 – Kan ook vir Suid-Afrika en almal wat daarin woon, swart en wit ‘n nuwe begin wees as AfriForum die uitnodiging van die EFF vir samesprekings aanvaar.

Piet ·

Ek kan nie sien watter voordele dit gaan inhou om iemand (die EFF) te gaan spreek slegs om vir hom te vra wat die vinnigste manier gaan wees om jou eiendom aan hom oor te dra nie. Veral in die lig gesien dat die selfde persoon by al wat n geleentheid is vertel dat hy jou haat en graag sal wil vermoor. Ek neem egter nou jou raad, want Jesaja is in elk geval een van die mooiste boekke in die bybel dan lees ek sommer verder tot by 11 Korintiers 6: 14-18!

Andrea ·

Ja-nee, Piet, klink vir my n Retief-Dingaan situasie. Ons moet seker een of ander tyd uit die arme man se fatale fout leer…

Joshua ·

Die politieke gespuis is kwaad vir Afriforum omdat die daarin slaag om die korrupte en rassistiese ANC se vergrype en plaasmoorde aan die buite wereld te toon veral tov Donald Trump wat wil weet wat hier aangaan.

Deon Kotze ·

Dankie mnr Roetz vir die durf en moed. Stem nie heeltemal saam met die sogenaamde onregte van die verlede nie maar andersins is die boodskap van om met historiese feite om te gaan nodig om hard en duidelik te hour. Die agteroorbuig van Steve Swart was weersinwekkend en getuig van politieke papheid. As hy maar net ‘n fraksie van u moed gehad het en ook as Christen om eerlik na die saak te kyk, kon hy moontlik ‘n sinvolle bydrae gemaak het. Ongelukkig is dit die soort waarmee die geskiedenis van ‘n volk nie gebou kan word nie. Die DA het sommer plat geval voor u rede. Nogmaals dankie vir u harde werk en mooi voorbeeld.

AttnieNo1 ·

Dankie Afriforum, vir al jul goeie en harde werk. Om die waarheid te praat wanneer die res vergeet het wat dit is.

Adam ·

Afriforum doen onbetwisbaar uiters goeie werk. Die manier hoe dit gedoen word, laat egter soms veel te wense oor. Roets se manier van sy boodskap oordra, wek haat op. Dalk tyd om te herbesin.

TE STUPID OM TE VERSTAAN ·

Die “honorable members” verstaan nie die bedoeling van “dronk in die ideologie”..Hulle almal dink Ernst sê hulle is dronk van die Zebra Bier.. daarom was hulle so kwaad.
Ernst moes dalk ‘n ander term gebruik het wat dink makliker maak vir die “honorable members” om te verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.