Hare waai by nóg skole

Leerders van die Lawson Brown High School in Port Elizabeth en EFF-lede betoog Dinsdag (30 Augustus 2016) voor die skool. Foto: Raahil Sain/ANA

Leerders van die Lawson Brown High School in Port Elizabeth en EFF-lede betoog Dinsdag (30 Augustus 2016) voor die skool. Foto: Raahil Sain/ANA

Slegs ʼn dag nadat ʼn rasseherrie by Pretoria Girls High School in Gauteng losgebars het, is die Lawson Brown High School in Port Elizabeth Dinsdag ook tot stilstand geruk nadat nog bewerings van rassisme aan die lig gekom het.

Leerders het voor die skool betoog oor beweerde verbale aanvalle op swart leerders oor hul hare. EFF-lede het ook by hulle aangesluit. Later het chaos by die skool uitgebreek toe die groep klasse binnegestorm en ontwrig het. Donovan Cairncross, die skoolhoof, het ʼn groep ontevrede ouers en gemeenskapslede in sy kantoor gespreek, maar geweier dat die media toegang kry tot die gesprek.

Leerders beweer dat onderwysers aan hulle gesê het hul hare is “onbeheerbaar” en dat leerders met afro-haarstyle of braids (vlegsels) nie toegelaat sal word om hierdie week eksamen te skryf nie.

ʼn Swart leerder het aan African News Agency (ANA) gesê sy is deur ʼn onderwyser uit die saal geroep en gevra om haar afro-haarstyl terug te kam of vas te bind. Toe sy sê dit is nie moontlik nie, het die onderwyser haar glo gevra om chemikalieë te gebruik om haar hare reguit te maak. Sy het gesê die onderwyser het daarna haar hare getrek in ʼn poging om dit in ʼn poniestert vas te bind.

Ander leerders het emosioneel vertel dat daar na hulle verwys is as “poue” omdat hulle afro-haarstyle het en dat sommige onderwyser na bewering gesê het hulle hare is “walglik en onwelriekend”.

George Lukwe, die distriksdirekteur van die departement van onderwys, het later die leerders toegespreek en gesê geen leerder sal geweier word om eksamen te skryf oor sy of haar haarstyl nie. Cairncross het aan die leerders verskoning gevra en gesê beleid by die skool wat met haarstyle verband hou sal hersien word.

Die leerders is huis toe gestuur, maar ʼn paar het steeds buite die skoolhekke rondgestaan en gesê hulle aanvaar nie Cairncross se verskoning nie omdat dit nie opreg is nie.

Intussen het haarstyle ʼn rasseherrie by ʼn derde skool ontketen nadat bewerings aan die lig gekom het dat leerders van die St. Michael’s School for Girls in Bloemfontein se hare “getoets” word deur ʼn swempet te gebruik.

JacarandaFM berig ouers het beweer dat swart leerders gevra word om ʼn swempet op hul koppe te sit om te toets hoe netjies hul hare is. Indien die swempet nie pas nie, word die hare as onnet geag. Volgens die radiostasie het ouers die saak by die Vrystaatse LUR vir onderwys aangemeld en sal stappe gedoen word om die situasie reg te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Sandra ·

Nie geweet dit is rasisme om iemand oor netheid aan te spreek. wat nou nog???????

Hunter ·

Ag weet julle wat dit is nou net om aandag soek en om te probeers wys dat wit niks meer beteken nie daar is niks fout met reels ni mar dis nou EFF wat kinders manipileer en breinwash om n issue te he met iets wat ni bestaan nie daar is n mes in vir die wit volk in die land en hulle gan alles nou doen om die hele land te kry om wittes sleg te maak

Karma ·

Pleks die spul merries doen wat hulle veronderstel is om te doen – om te LEER by die skool, sodat hul hul grade kan afhandel en deur hul skoolloopbane kan kom om so 10 jaar later, as hulle nou uiteindelik universiteit (miskien) voltooi het (‘n kursus wat eindelik 4 jaar was) ekonomies-verteenwoordigend te raak. En ja, natuurlik was die spul EFF-narre ook weer daar – hulle is orals waar daar anargie is!!!!!! Behoede hul siele as ek by enige van die geaffekteerde skole Hoof was. No. 1, hulle sou dit nie eens gewaag het om die skoolreëls of onderwysers uit te daag nie; no. 2, indien hulle dit wel gedoen het, was ses van die bestes sommer met dag 1 al op hul boude geplant; hulle sou gehok gewees het en detensie sowel as hande-arbeid in die kombuise gedoen het.

En as hulle die lesse ontwrig het of enige skade aangerig het, sou ek kriminele klagtes teen hulle gelê het net om hulle te leer dat dade gevolge het. Die dag wat mense- en kinderregte hier in die NSA ingestap het, het discipline en respek by die agterdeur uitgestap.

Blondie ·

Hierdie klink politiek van aard…Ekke onthou toe ek op skool was, was daar reels wat almal moes nakom anders is jy gestraf. Disipliene is deel van die lewe.

Flibo ·

Hahaha. Ja wel, ek neem nie die onderwysers kwalik vir wat hulle se nie. Daar steek tog maar waarheid in, dan nie ?
N mens kan eintlik baie se hieroor maar ek sal maar liewer my mond hou, nou nou moet ek ook dalk R150 000. 00 biete betaal. Hahaha !!!

Johanna ·

Toe ons op Hoërskool was het die onderwyseres vroeg voor saal tyd die soom van jou rok uitgeruk as dit te kort was jou naels gesny met ‘n skêr en gewaarsku jou hare sal ook gesny word indien jy dit nie vas maak nie.

Die hare herrie moes alreeds in die begin van die jaar afgedwing geword het.

Johan ·

Hulle leer Ronelle. Leer om te betoog, wanorde te skep en anargie te saai.

elize naude ·

gelukkig is die tyd verby waar onnies soveel mag het!!!

Sarie ·

Balans Elize is die antwoord. Hier tip ons weer na die anderkant toe oor. Dis ‘n politieke spel wat op ‘n subtiele manier bestuur word. Ek wed jou die EFF is betrokke.

Lance ·

Ag hulle word groot sonder reels by die huis so wat kan mens nou eintlik verwag as die ouers onopgevoed is en geen reels ken of verstaan nie …is maar n simtoom van die ouers se swak opvoeding …en SA in geheel is n veerspieeling van die benarde situasie op alle gebiede

NH ·

Jammer maar ek stem nie saam nie. Ek het n bos krul hare. Kort of lank is dit amper onbeheerbaar. Ek kan hulle dilemma goed verstaan! Elkeen van ons is sekerlik baie gesteld op ons hare, hoekom nie hulle ook nie?

Natasha kapp ·

Ek het ni net krul hare ni ek ht kroese. Ek het op skool 25 jaar terug n juffrou gehad wat my geterroriseer het tot ek my hare af gesny het en soos n seun gelyk ht. Dit was ni rassisme ni. Ek luister na al 2 kante. Mense moet verstaan ni almal het reguit hare ni! Ons kan nie rerig iets daaraan doen ni chemikalie vernietig jou hare!

Johan ·

Jy kan sekerlik probeer om dit so kort as moontlik te hou en dit met ‘n haar rek of Alice band in plek te hou (ek verneem jy is ‘n dame). Hierdie hele gedoente gaan oor meer as net hare. Dit gaan oor om disipline en gehoorsaamheid in die kinders se karakter in te prent. As hulle nie eers die skool reëls kan gehoorsaam nie hoe gaan hulle ooit onderdanig aan hulle base in ‘n werksituasie kan wees. Indien hulle eendag van plan is om in die privaatsektor vir ‘n bank of versekeringsmaatskappy te gaan werk gaan daar ook van hulle verwag word om ‘n sekere professionele voorkoms te handhaaf. Hoe gaan dit die maatskappy laat lyk as Thandi kliënte moet spreek met dreadlocks of net so moewiese Afro?

Ander Koos ·

NH, hierdie mense het nie natuurlike krul- of langhare nie. Probleem is juis om die “kunsmatige” hare te beheer. Sit politiek daarby en jy het wat nou gebeur. ‘n Ontploffing in ‘n matrasfabriek?

E.K. ·

NH en Natasha – gaan kyk gerus in supermarkte/skoonehiddswinkels ens daar is baie goeie produkte op die mark vir krulhare. Afro is niks maar die betrokke kind van die skool in Pretoria se hare is te lank en klaar, geen verskoning nie – ek herhaal wat ek ondertoe noem: my bediende was geksok om heirdie sien, haar kinders is by ‘n swart skool en so iets word geensins toegelaat en verder koshierdie tipe “uitkam” R300 of meer. Dis niks natuurlik nie, dis laat groei en aspris so uitgekam. Hoekom kan party swart kinders hulhare dan netjies hou?

Emile ·

Enige soortgelyke klagtes uit historiese swart skole wat in alle waarskynlikheid soortgelyke beleide toepas?

Ek dink nie. Hierdie is ‘n onnodige en moedswillige swart-op-wit ras opstokery.

Johan ·

Ek stem Emile. Daar was vroeër vandag of gister ‘n verklaring deur ‘n skoolhoof van Soweto uitgereik wat beweer dat Afros, braids en dreadlocks en glad nie toegelaat word nie. Hoekom is dit so onder die radar? Al wat jy hoor is hoe die nie-blanke kinders alweer deur blanke personeel in skole onderdruk word weens reëls oor voorkoms en hare. Hoe belaglik is dit dan nou nie?

Wiebo ·

Hoekom laat mense met gesag dat kinders hulle nie gehoorsaam nie? In my dae (die 80″s) kon GEEN kind met n onderwyser teepraat nie, want jy was dan met n rottang geslaan. (Hoerskool Rob Ferreira Witrivier) Seuns se hare (nie eers 1 haartjie) mag aan jou oor geraak het nie! Ek het seker meer as 300 houe met n rottang gekry op hoerskool – en my hare was kort Baie kort, want ek was moeg en bang vir slae kry. Waar ruk vandag se kinders die hele dam onder die eend uit? Kinders kort maniere en moet vasgevat word! Netnou regeer hulle die land!

Johan ·

Wiebo, om vir jou ‘n eenvoudige antwoord te gee na aanleiding van die spul grootbekke se kommentaar op News24 se Facebook blad is toepassing van die reëls deur gesagspersone teenstrydig met hierdie leerders se menseregte. Om hulle hare volgens skoolvoorskrifte te dra ondermyn kamstig hulle identiteit, kultuur en menswaardigheid.

MJ ·

Wiebo In jou dae was daar reels en lyfstraf… Nou kan n onderwyser niks aan die kinders doen nie. Veral nie slaan nie. Hard praat is teen die “arme” blootjies se mense regte. Indien die “Flikse” kindertjies swak doen in toetse kom die ma die onderwyser sien en vertel hom/haar hoe swak hy/sy klas gee en dat die kindertjie se mense regte aangetas is.

Kobus ·

Johan, daar is deesdae te veel geld by die huis, bondels, kyk met watter karre ry die ouers, hulle kry als wat hulle wil hê, in die skoot geval, bederf, nou stop jy hulle ook nie met dissipline in die skole nie, want daar is nie by die huis nie. Hulle is regte tieners wat voete stamp en hul speelgoed uit die kot gooi as hul nie hul sin kry nie.

En Lesufie is deel van die probleem, hy is soos daai wolf wat blaas en blaas en blaas met sulke bolwange, totdat die huis se mure inmekaar stort.

Rln ·

Hulle den dit alreeds! kyk hoe gaan dit by die universiteite!

Andre ·

Toe ek in 1989 – 1993 op hoërskool was, het die seuns pak gekry as hulle naels te lank was. Langer hare was ook nie geduld nie. Die skool was baie streng op netheid.

Hierdie gaan seker nou #hairmustfall wees?

elize naude ·

ek is bly om in in land te woon waar geen skooldrag heers en onderwysers met n swak selfbeeld regeer nie!

Kobus ·

Kom ek sê vir julle, deesdae is baie swart kinders werklik opgemaak en gesteld oor hoe hulle lyk, kyk nou maar in die winkelsentrums en plekke in die stede waar hulle na skool uithang, die handsakke, die klere, uit die boonste rakke, versorg, haarstyle, skoene, kouse, jy noem dit, apps, dis asof hul nuwe vryheid ontdek het. Dit lyk asof sakgeld die hoogte ingeskied het. Hulle regeer by die huis. Hierdie vryheid soek hulle nou ook in die skole.

Cherokee ·

Ek was jare laas in Fochville maar as jy Fochville ingery het vanuit Carletonville se rigting en dan links gedraai het en weer links was daar ‘n Peperkorrelstraat. Somtyds is kinders in daardie omgewing gesien op pad na skool en dit was die jare toe skooldrag en houding nog netjies was. Sal nie verbaas wees as verandering van straatname daar ook ‘n rol gespeel het nie.

foxi ·

Klomp stout kinders. Kyk te veel tv en dan word daar ‘ gecopy’
Dit het MODE geword!
Leer vir die toekoms en nie vir MODE nie!!!!

humor ·

Die oplossing is die leerders moet n skool kies waar daar eenvormigheid is. Daar moet tog net nie probleme rakende velkleur kom nie. Daar word alreeds so baie spandeer om n ligter voorkoms te kry.

SJ ·

Sonder dissipline is as daar geen hoop. Die oud soldate wat grens toe was, ander wat SAP toe ens, moes nie die haarstyl gebruik om beter soldate te word of misdaad beter te bekamp nie, als het gegaan oor dissipline,sonder dit is daar niks. Waarvoor is daar reels,nie om te breek soos die grappie gaan,maar om te volg. As die klomp Braid,rasta,afro goed dit net wil verstaan. Volg die reels en jy is daar< breek en jy is weg, shame ,hoe moeilik om te verstaan.

Johan 2 ·

Die engelse moet maar vir hul kry. Het mos lekker gejuig in 1994 met die einde van beskawing in Suider Afrika.

sj ·

Elize lees Johann 2 reg. ons nasie het al baie verdra, die Engelse was ons glad nie goedgesind, nou ervaar hulle Afrika by hulle,Die wat net wil plak,geld kry en niks doen want hulle is voorheen benadeeld. Ek het nie eers petrolgeld lughawe toe nie, maar ek is bevoordeel.

Chris ·

Goed soos kleredrag op skool en hare dissipline is nie daar om kinders te irriteer nie. Dit is daar om kinders van kleins af te leer dat daar is reëls en regulasies in die lewe. Begin by klein goedjies soos hare en klere en dan gaan die groter prentjie vir jou eendag oopgaan as jy jou in die korporatiewe en grootmens wêreld bevind.

KarooKlong ·

elize naude,
graag nooi ek jou om kommentaar te lewer op die berigte op die Maroela blad. Baie lekker plek om jou mening te gee oor die gratis nuus van die dag.

VL ·

Nee mense gryp nou hier na strooihelms. Skoolreels is al honderde jare in gebruik. Dis eenvoudig: kort hare- kuif uit jou oe of jy steek hom vas of jy dra n kopband en jou hare mag nie aan jou kraag raak nie. Lang hare moet styf teen jou kop wees in n poniestert maak nie saak watter tipe hare jy het nie. Geen kleure of perms nie. Daar is mense wat onbeheerde hare het maar daar is ook baie goed op die mark beskikbaar om dit onder beheer te kry. Dit gaan alles hier oor die trots wat jy vir jou skool en skooldrag moet he …. niks meer nie.

Marli Hendriks ·

Watse slapgat houding is dit? Hulle lê op die grond en “betoog”. Nie eers die ruggraat om dit ordentlik te doen nie.

Kloekie ·

Swempet????!!! Dit se vir my net een ding: die leerders LIEG!

Hunter ·

Kloekie kom ek jo se die ding word deur die leiers van suid afrika aan gepor hulle steek hulle eie mense aan om te lieg en dinge te begin hulle trek nou al so ver om hulle eie jeeg aan te steek om ons swak te laat lyk ekt nooit geglo aan siener van rensburg se goed ni maar as ek nou na sy goed kyk word alles waar tyd vir ons raak min

Tinktinkie ·

Louwrens verstaan ek reg dat dissipline en gesag al was wat n 100% slaagsyfer kon regverdig? Die feit dat my naels lank is of my hare oor my kraag hang het niks te doen met hoe ek presteer nie! Onderwysers doen baie meer skade as goed aan kinders, die onderwysers wat werklik n passie vir ondderig het in ons land kan op 1 hand getel. Ek praat uit ondervinding en my PhD navorsing het dit bevestig!! As dit jou kind was vir wie daar gesê is haar hare stink of sy lyk soos n bosaap, wonder ek hoe jy en jou vriende op d groep sou reageer??? Ons lewe in n verligte eeu, ja dissipline is belangrik maar gaan belaglike reëls dit vaslê? Daar is soveel kreatiewe en beproefde maniere om dissipline uit te oefen, sonder argaïese reëls!!

Tinktinkie ·

Oooeee die kommentare!!! Al wat ek kan sê is…..julle maak my dag!! Ek lag te lekker en wonder wat party mense op d groep rook???

keelvol ·

Ons seun se werk vereis dat hy uniform dra. Hare word maandeliks gesny. Hu trots is ons op hom. Reels by skole is daar om nagekom te word. Ai die kulture. Dis ma moeilik

Really ·

1. Dit het by 1 skool begin, nou is daar sommer talle skole en stories.
2. Eksamen is om die draai??? Mmmmm dit lyk my of hulle taktiek gebruik om nie te skryf nie.
3. Die foto sè alles ons LÈ voor die hek wat punt 2 net bevestig

alex ·

Is daar dan nog wit onderwysers oor? Hulle moet net hulle monde hou en NET skoolhou. Vergeet van stupid reëls. Doen NET wat jou posbeskrywing se jy moet doen. Ek was die slagoffer van regstellende aksie en glo my asseblief as ek se dis NAG daarbuite vir n wit mens sonder werk. Vreet liewer ons dom owerhede se nonsens op maar behou darem jou werk en inkomste

GPC ·

Rasisme? Die EFF werk kliphard agter die skerms, oral waar “wit” betrokke is gooi hulle die die “rasisme” kaart. Die Stem, nou’s dit netheid. Wat is volgende. Ek hoop hulle ruk op na die skole in Soweto wat saam met die “wit” skole staan. Maar hulle kan nie, swartes kan mos nie rassisties wees nie, al vereis hulle dieselfde reëls.

m ·

So drama oor hare….. ag nee rerig ons is seker die enigste land in die wereld wat so issue van alles maak en as daar nie iets is nie dan gaan soek hulle vir hom tot hulle hom kry. Nou is dit weer die hare storie wat ons seker nou vir die volgende 6 maande gaan besig hou…………………………………….. daar is net soveel meer belangrike dinge in hierdie land wat aandag nodig het…… ten minste kan ek my daggie met n laggie begin…….

SV ·

‘n Kind se dissipline is ‘n spieel wat aangaan in sy/haar ouer huis. ‘n Kind is veronderstel om by reels te hou, sou hy nie sal daar natuurlik op getree word. Ouers is maar som tyds net so groot probleem. Kinders het geen respek vir ouer persone of reels nie. Gelukkig by ons skool in die Noorde van Pretoria is daar dissipline.

Dieper dinge ·

Die wortel van die saak gaan nie oor hare of skoolreels nie. Dit is net die volgende stap van “struggle” en losmaak van als westers. Gaan kyk na Frans Fanon se idees oor stappe wat gevolg word “post kolonialisme” of “post apartheid”. Ons het begin met dienstebetogings, toe universiteitsbetogings en nou is dit skole. Dit wat ons nou sien is beplan.

Frans C ·

Sonder selfdissipline en selfrespek kan daar geen dissipline of respek vir ander wees nie.
Selfdissipline help jou om vrese vir die onbekende te oorwin en selfrespek kweek respek vir ander of jy nou met hul optrede saamstem of nie.

Sonder die twee bestanddele sal Suid Afrika maar nog net ‘n Afrikstaat bly en omdat dit ontbreek lyk Suid Afrika soos dit tans lyk.

Caja ·

Uittartend, arrogant, ongedissiplineerd, onopgevoed, disrespekvol, eiegeregtig, selfsugtig en sommer plein voor op die wa, skors almal wat nie die skool reels nakom nie. Reels is daar vir ‘n rede. G’n wonder dit gaan so in hierdie land nie! Van jongs af maak en breek hulle nes hulle wil want hulle ouers stel die voorbeeld. As jy nie jou sin kry nie skop ‘n kabaal op of tart gesag. Pateties

E.K. ·

Weereens – hoe kan PARTY swart kinders hul hare perfek netjies en in bedwang hou? My bediende se dat die meisie van Pretoria se hare wat ‘n hoog om haar kop staan kos by goedkoop plekke ongeveer R300.00 om dit so te kry! Daar is goeie produkte op die mark wat in werklikheid goed is vir die hare om dit in bedwang te hou en in alle prysklasse!Hierdie is uit en uit ‘n uitdaging aan die disipline van die skole. Gaan kyk gerus by swart skole hoe netjies is hul hare!

Eliza-beth ·

Ek dink mens moet foto’s by swart skole gaan neem en wys hoe die hare daar gedra word en dit ORAL op sosiale media versprei!

Leonie ·

Regtig ?? Die kinders is by die skool om te LEER. Los hulle hare uit. Nie alle kinders kan haarprodukte bekostig om hare reguit te maak of te laat vleg ens nie. SA skole moet wakker skrik. Konsentreer op die kind se punte. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.