Hare waai by nóg skole

Leerders van die Lawson Brown High School in Port Elizabeth en EFF-lede betoog Dinsdag (30 Augustus 2016) voor die skool. Foto: Raahil Sain/ANA

Leerders van die Lawson Brown High School in Port Elizabeth en EFF-lede betoog Dinsdag (30 Augustus 2016) voor die skool. Foto: Raahil Sain/ANA

Slegs ʼn dag nadat ʼn rasseherrie by Pretoria Girls High School in Gauteng losgebars het, is die Lawson Brown High School in Port Elizabeth Dinsdag ook tot stilstand geruk nadat nog bewerings van rassisme aan die lig gekom het.

Leerders het voor die skool betoog oor beweerde verbale aanvalle op swart leerders oor hul hare. EFF-lede het ook by hulle aangesluit. Later het chaos by die skool uitgebreek toe die groep klasse binnegestorm en ontwrig het. Donovan Cairncross, die skoolhoof, het ʼn groep ontevrede ouers en gemeenskapslede in sy kantoor gespreek, maar geweier dat die media toegang kry tot die gesprek.

Leerders beweer dat onderwysers aan hulle gesê het hul hare is “onbeheerbaar” en dat leerders met afro-haarstyle of braids (vlegsels) nie toegelaat sal word om hierdie week eksamen te skryf nie.

ʼn Swart leerder het aan African News Agency (ANA) gesê sy is deur ʼn onderwyser uit die saal geroep en gevra om haar afro-haarstyl terug te kam of vas te bind. Toe sy sê dit is nie moontlik nie, het die onderwyser haar glo gevra om chemikalieë te gebruik om haar hare reguit te maak. Sy het gesê die onderwyser het daarna haar hare getrek in ʼn poging om dit in ʼn poniestert vas te bind.

Ander leerders het emosioneel vertel dat daar na hulle verwys is as “poue” omdat hulle afro-haarstyle het en dat sommige onderwyser na bewering gesê het hulle hare is “walglik en onwelriekend”.

George Lukwe, die distriksdirekteur van die departement van onderwys, het later die leerders toegespreek en gesê geen leerder sal geweier word om eksamen te skryf oor sy of haar haarstyl nie. Cairncross het aan die leerders verskoning gevra en gesê beleid by die skool wat met haarstyle verband hou sal hersien word.

Die leerders is huis toe gestuur, maar ʼn paar het steeds buite die skoolhekke rondgestaan en gesê hulle aanvaar nie Cairncross se verskoning nie omdat dit nie opreg is nie.

Intussen het haarstyle ʼn rasseherrie by ʼn derde skool ontketen nadat bewerings aan die lig gekom het dat leerders van die St. Michael’s School for Girls in Bloemfontein se hare “getoets” word deur ʼn swempet te gebruik.

JacarandaFM berig ouers het beweer dat swart leerders gevra word om ʼn swempet op hul koppe te sit om te toets hoe netjies hul hare is. Indien die swempet nie pas nie, word die hare as onnet geag. Volgens die radiostasie het ouers die saak by die Vrystaatse LUR vir onderwys aangemeld en sal stappe gedoen word om die situasie reg te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sandra

Nie geweet dit is rasisme om iemand oor netheid aan te spreek. wat nou nog???????

Karma

Pleks die spul merries doen wat hulle veronderstel is om te doen – om te LEER by die skool, sodat hul hul grade kan afhandel en deur hul skoolloopbane kan kom om so 10 jaar later, as hulle nou uiteindelik universiteit (miskien) voltooi het (‘n kursus wat eindelik 4 jaar was) ekonomies-verteenwoordigend te raak. En ja, natuurlik was die spul EFF-narre ook weer daar – hulle is orals waar daar anargie is!!!!!! Behoede hul siele as ek by enige van die geaffekteerde skole Hoof was. No. 1, hulle sou dit nie eens gewaag het om die skoolreëls of onderwysers uit… Lees meer »

Blondie

Hierdie klink politiek van aard…Ekke onthou toe ek op skool was, was daar reels wat almal moes nakom anders is jy gestraf. Disipliene is deel van die lewe.

Flibo

Hahaha. Ja wel, ek neem nie die onderwysers kwalik vir wat hulle se nie. Daar steek tog maar waarheid in, dan nie ?
N mens kan eintlik baie se hieroor maar ek sal maar liewer my mond hou, nou nou moet ek ook dalk R150 000. 00 biete betaal. Hahaha !!!

Johanna

Toe ons op Hoërskool was het die onderwyseres vroeg voor saal tyd die soom van jou rok uitgeruk as dit te kort was jou naels gesny met ‘n skêr en gewaarsku jou hare sal ook gesny word indien jy dit nie vas maak nie.

Die hare herrie moes alreeds in die begin van die jaar afgedwing geword het.