Harmony se ondergrondse sitstaking verby

Argieffoto

Argieffoto

Die nagenoeg 1 700 mynwerkers, wat aan ʼn onwettige sitstaking ondergrond by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville deelgeneem het, het vroeg Vrydagoggend teruggekeer oppervlak toe.

Die mynmaatskappy het teen 08:00 bevestig dat al die werkers veilig teruggekeer het na die oppervlak.

“Die werkers het om middernag teruggekeer na die oppervlak nadat daar regdeur die aand met die stakers se vakbondbestuur vergader is,” lui die verklaring.

“ʼn Deeglike onafhanklike ondersoek rakende die omstandighede oor die onwettige sitstaking, wat byna 48 uur geduur het, is van stapel gestuur.”

Harmony het gesê bedrywighede by dié myn sal oor die naweek weer voortgaan.

Maroela Media het vroeër berig 18 werkers moes Donderdagaand na die oppervlak gebring word weens gesondheidsprobleme en dat sommige van die werkers teen hul wil ondergrond gehou is.

“Die werker wat laaste na die oppervlak gebring is, het simptome van erge uitputting en dehidrasie getoon en word deur Harmony se mediese personeel behandel,” het Harmony Donderdagaand gesê.

Die stakers, meestal glo lede van die mynvakbond Amcu, het onder meer die betaling van ʼn spesiale bonus geëis, die afdanking van die algemene bestuurder en ʼn versekering dat geen dissiplinêre stappe teen hulle gedoen sal word nie.

Die sitstaking het Woensdag begin toe werkers besluit het om nie ná die oggendskof na die oppervlak terug te keer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Heita maa dis lekka in SA! Kry nie my sin nie…staak onwettig…DEMAND…en dan word die gevolge van my ONWETTIGE aksies die wergewer se probleem?

snoefie ·

die myn moet eenvoudig sluit. aan gesien die werkers nie meer weet daar hulle brood vandaan kom nie, neem dit weg. laat hulle klippe greet want dan sal amcu hulle beslis nie van brood voorsien nie. laat hulle weer dankbaarheid in hulle hebsugtige harte ontdek.

Eddie ·

Ek stem. As hulle ondergrond wil bly sit los hom daar. Hy sal wel self boontoe kom as hy sien hy kry nie aandag nie.

Topster ·

Stel nog meer aan en laat hulle meer Demand want die wat nog vir trots gewerk het kry mos nie meer werk nie en Ja dit is die blanke man

willem ·

studente beskadig eindomme weier om klasse by tewoon dan strike hulle by die uni gebou Zuma besluit om integee op die ‘demands’ sonder om tedink aan die gevolge of boodskap wat saam gaan ”IF YOU ARE NOT HAPPY STRIKE AND DESTROY UNTIL YOUR DEMAND ARE MET” geen wonder die land mike tango ander pad kyk is mos makliker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.