Harmony-staking: 18 werkers na oppervlak gebring

Argieffoto: Leandro Neumann Ciuffo van Rio de Janeiro, Brasilië (Mina da passagem) via Markos90, Wikimedia Commons

Argieffoto: Leandro Neumann Ciuffo van Rio de Janeiro, Brasilië (Mina da passagem) via Markos90, Wikimedia Commons

Pogings om 1 700 mynwerkers, wat aan ʼn onwettige sitstaking ondergrond by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville deelneem, te oortuig om na die oppervlak terug te keer, was teen laat Donderdagaand nog onsuksesvol.

Die mynmaatskappy het in ʼn verklaring gesê 18 werkers moes egter na die oppervlak gebring word weens gesondheidsprobleme. “Die werker wat laaste na die oppervlak gebring is, het simptome van erge uitputting en dehidrasie getoon en word deur Harmony se mediese personeel behandel,” lui die verklaring.

“Die werkers se formele eise is ontvang, wat onder meer die betaling van ʼn spesiale bonus insluit, die afdanking van die algemene bestuurder en ʼn versekering dat geen dissiplinêre stappe teen hulle gedoen sal word nie. Die mynbestuur gaan voort om by die werkers te smeek om ter wille van hul gesondheid en veiligheid na die oppervlak terug te keer en die kwessies waaroor hulle ongelukkig is aan te raak deur die vasgestelde prosesse.”

Die maatskappy het gesê Harmony se uitvoerende hoof, Peter Steenkamp, het ʼn beroep op die mynvakbond Amcu gedoen om saam met die bestuur te werk om die situasie vinnig en veilig op te los.

Maroela Media het vroeër berig die sitstaking het Woensdag begin toe werkers besluit het om nie ná die oggendskof na die oppervlak terug te keer nie. Harmony het aanvanklik gesê daar is geen eise aan die bestuur gestel nie en hulle kon dus nie onmiddellik die redes vir die sitstaking bevestig nie.

Die NUM het ook gesê hulle weet nie wat die werkers se eise is nie. Livhuwani Mammburu, NUM se woordvoerder, het teen Donderdagmiddag gesê die vakbond stel nog ondersoek in of hul lede by die staking betrokke is.

Intussen het die vakbond Solidariteit Donderdagmiddag sy organiseerder in die mynboubedryf, Coenie Rheeder, na die skag gestuur om die situasie te monitor.

[OPVOLG] Harmony se ondergrondse sitstaking verby

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

En so gaan dit tengronde….more het niemand werk dan wil hulle weet hoekom… los hulle net daar of flush them out….

Willem ·

So as jy weet jy mag nie iets doen nie dan doen jy dit en vereis dan net dat jou sal ophou as daar nie stappe teen jou geneem sal word nie ……. los hulle daar hulle benadeel hulle self

Andre ·

Los hulle net daar as hulle honger word sal die meerderheid wat nie wil staak nie took maar die gevolge moet dra

Elsie ·

Hulle eis alewig. Alles moet gaan soos hulle dit wil hê. Dis so belaglik as hulle ook aandring om iemand uit ń sekere pos te kry. Sekere dinge moet mens net aanvaar en aangaan. Altyd net ń handjie vol wat die gitaar wil slaan maar die wêreld word omgekeer om aan hulle eise te voldoen. Los hulle net waar hulle is, dit is immers hulle keuse.

Jane ·

Die SA myne gaan almal toemaak mense, as julle wakker was sou julle agtergekom het al die groot mynmaatskappye onttrek (en Julius juig hieroor – want hyt te min kennis hiervan) en word onder julle sterte uitverkoop. Jy gaan nog dink jy staak, dan het jy nie eers meer werk nie. Dan het jy of ‘n ander werkgewer (Zuma, Malema, Mandela en Kie) of niks .. dan gaan jy soos Aurora se werkers afchop. Lekker staak, die Groot Mynmaatskappye in SA het opgegee met ondankbare werkers, vra vir Anglo en Lonmin wat het hulle gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.