Harmony-staking: Myners teen hul wil ondergronds gehou

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 1 700 werknemers by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville het Woensdag met ʼn onwettige sitstaking ondergrond begin.

Die myngroep het die staking Donderdag in ʼn verklaring bevestig. “Die sitstaking het Woensdag begin toe werkers besluit het om nie ná die oggendskof na die oppervlakte terug te keer nie,” lui die verklaring.

Volgens Harmony het die stakers teen Donderdagoggend nog geen formele eise gemaak nie.

Intussen het die vakbond Solidariteit Donderdagmiddag sy organiseerder in die mynboubedryf, Coenie Rheeder, na die skag gestuur om die situasie te monitor.

Volgens Rheeder word talle werknemers teen hulle wil ondergronds gehou.

Die mynbestuur poog om met die leierskap van die stakers se vakbond te vergader met doel om die kwessie op te los en te sorg dat die werkers terugkeer na die oppervlak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kobus ·

Hul sal uitkom as water en kos opraak…seker onmenslik…maar sny kos en water verskaffing.af….dan sal die Molle vinnig uitkruip

Cherokee ·

Miskien verwys die ‘talle werkers wat teen hul sin ondergronds gehou word’ na blankes.

willie ·

Jammer vir hulle wat teen hul sin vasgekeer is! Veral Solidariteit se lede!

Annie ·

Miskien moet ons almal by die huis gaan sit … weet nie waar hulle belasting gels gaan kry nie. Is ons almal elke dag gelukkig in ons werk ….. NEE!!

Lizel ·

@Frans, dis vir jou maklik om te se maak toe die myn maar besef jy hoeveel mense dit raak? Dit raak amel om nie eers te praat van sommige besighede nie. Mynbase moet begin om hulle voet neer te sit en nie bang te wees vir die unies nie dis n onwettige staking!

Veritas ·

Volgens die berig wil dit voorkom asof sommige van die werkers, teen hulle wil onderin die myn gyselaar gehou word. Ons sal nou weer hoor dat dit, soos in die ‘Fees must fall’ geval, slegs ‘n klein groepie belhamels is wat die ander intimideer. Ek byt nie lekker hieraan nie. Is die meerderheid dan só lamsakkig dat hulle dit toelaat? My mening is dat die meerderheid lustig meedoen maar onskuldig pleit om sodoende die gevolge van hul dade, vry te spring. Indien dit wel so is, staan dit die onskuldiges mos vry om verdere stappe teen die belhamels te neem. Ons hoor egter nooit dat soiets gebeur nie. Die alewig stakende vakbondlede besef blykbaar nie dat hul dade, die reeds wankelende ekonomie, onder groot druk plaas nie.

Oh please ·

Nou as jy aan ‘n sitstaking wil deelneem beteken dit jy wil nie loop of werk of na die oppervlak gebring word nie, jy kan nie besluit nou wil jy sit en as jy lank genoeg gesit het wil jy nou weer na die oppervlak gebring word nie. Jy moet SIT waar jy gekies het om te SIT. Die HELE SA Is moeg vir julle sitstakings en stakings en oproere en opstande en getoyi toyi . julle het werk, shut up en werk en as jy nie wil werk nie, bedank dat iemand anders wat WIL werk jou plek kan inneem en vir sy gesin kan sorg!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.