Harrismith-betogings: Man brand dood in trok

Die polisie was eerste op die toneel en het die brandende Scania-vragmotor met ‘n sleepwa in die veld aangetref (Foto: Yusuf Abramjee, Twitter)

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn vragmotorbestuurder Woensdag dood is toe sy voertuig buite Harrismith aan die brand geslaan het. Dit volg nadat ’n groep betogers sy vragmotor met klippe bestook het. Die bestuurder het daarna beheer oor die voertuig verloor en van die pad afgery.

Gewelddadige betogings woed sedert Maandag in die omgewing van Harrismith. Maroela Media het vroeër berig talle paaie in en om die dorp is met brandende buitebande versper en betogers het verskeie voertuie en selfs polisiebeamptes met klippe bestook. Betogers is glo ongelukkig met dienslewering in dié gebied.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê volgens ’n ooggetuie het die betrokke vragmotor omstreeks 18:45 by die Makgolokweng-afrit, buite Harrismith verby ’n groep mense gery. Een van hulle, vermoedelik ’n betoger, het die vragmotor met ’n klip gegooi. Dit het moontlik daartoe gelei dat die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor het.

“Die vragmotor het die veld ingery, ’n hoë wal getref en toe aan die brand geslaan,” bevestig Mbambo.

Mbambo sê die polisie was eerste op die toneel en het die brandende Scania-vragmotor met ‘n sleepwa in die veld aangetref.

“Die polisie kon in daardie stadium nie die bestuurder sien nie. Nadat die brand in bedwang gebring is, het hulle sy uitgebrande liggaam op die passasiersitplek van die vragmotor gewaar.”

Die polisie het die eienaar van die vragmotormaatskappy waaraan dié betrokke vragmotor behoort het, opgespoor. Die vragmotorbestuurder is as ’n 35-jarige inwoner van Clanwilliam in die Wes-Kaap geïdentifiseer. Sy naam kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie.

Die polisie het ’n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Misky ·

Dis moord en nie strafbare manslag nie. Hy het die klip gegooi direk en doelbewus na die trok. Dis geen ongeluk nie

Leana ·

Misky ek stem saam dis plein moord nikse gestrafbare manslag nie.

Ben ·

Stem saam. Dis onaanvaarbaar. En die ergste van als is. Dit gaan net erger word.

Kokerboom ·

Verwyder ASB nou vir Cele en sy skoothondjie Kommissaris. Gebruik drones by sulke betogings om skuldiges te identifiseer en kla almal aan. Die boewery moet nou einde kry. Kan die President van SA nie maar ruggraat kry? Innige simpatie met familie van oorledene

Stephen ·

When one reads the meaning of a State in Anarchy,
South Africa is a typical example. Wikipedia describes it correctly “Anarchy is a society being freely constituted without authority or a Governing body” In practical terms anarchy can refer to the abolition of traditional forms of Government.
It can also designate a nation that has no system of Government or central rule.
I rest my case

Mieke ·

Ai.. so jammer vir sy geliefdes en familie. Hierdie bestuurders het beslis meer ondersteuning nodig. Hulle lewens is dikwels in gevaar vanweë die aard van hulle werk asook die kriminele gedrag wat in SA hoogety vier. Waar is hoedman???

Genis ·

Ou Cyril wys jou staal en raak onslae van jou kamma cowboy hoed generaal polisie president.. Hy het seker drie grade in onbevoegtheid

Jack ·

Ok neem dieselfde insident en ruil die mense om.Was die bestuurder swart en die klipgooier wit was daar nou dadelik polisie gestuur en moordklag oopgemaak.Die witman agter tralies met geen parool en die die nuus vol van die arme swart man se dood.

Werner ·

Dit is hierdie tipe anargie wat n oorlog voor af gaan.Berei julke maar voor daarvoor.

marius ·

Jy is heeltemal reg . Dit kom en NIEMAND gaan dit keer nie .

Tino ·

So spontaan aan die brand geslaan, ek dink julle moet wysig met aan die brand gesteek. Klippe maak nie sommer net vuur nie…

Frank ·

Bestuurder is seker katswink gegooi, anders sou hy mos uitgeklim het?
Of miskien is hy dood gegooi met ‘n groot klip/baksteen???

marius ·

Wat sou die klagte wees as dit ‘n polisie voertuig was waarin jy gesit het cele ? Strafbare manslag ? Dalk aanranding gewoon ? Dalk niks ?

Andre ·

Weereens’n geval van geen dissipline en betogers kan maak wat hulle wil maar bewaar jou as jy ‘n betoger te na kom. Sjoe! wonder hoe lank die vuisvoos land dit nog kan uithou. Vertrou God sal die bestuurder se familie dra deur hierdie hartseer tydperk

Moeggeploeg ·

Watter betoger gaan aangekla word van die menigte wat daar was? Daar sal niks van kom nie

Sarel ·

Mzn boet met sy lewe…..strafbare manslag?
Wil sien of enigeidmand gearresteer sal word.

J P ·

Die kans dat enige persoon ooit vir hierdie misdaad in hegtenis geneem sal word is skraal.
Daar is geen politieke wil om die skuldiges aan die pen te laat ry nie. My innige meegevoel met die familie en vriende van die vermoorde.

Johannes ·

Snaaks die lawaaimakers en opstokers as wit mense betrokke is is nou doodstil. Geen beskerming van eiendom is nou ter sprake nie. Geen regverdigheid of gelyke behandeling vir selde misdaad nie

Lorna ·

Omw dood is dood maar wat n vreesbevange manier om te sterf
RIV

david ·

Die politieke wil om hierdie soort wanorde te beheer, ontbreek heeltemal.
Die polisie se ondersoek na strafbare manslag terwyl dit eintlik moord was.
bewys net hoe swak–miskien moedswillig –hierdie regering is.
In ons Reg is daar ‘n beginsel wat lui:” meneer, jy kon voorsien het….”
As mense dan weens ‘n noodlottige ongeluk a.g.v. dronkbestuur aangekla kan word,
hoeveel des te meer hierdie klipgooier…..hy kon ook mos voorsien het…?

Herman ·

mmmmm dienslewering siestog. Maar stem gerus voort vir die gene wat nie die dienste lewer nie. Net n verskoning om die hele land tot op die grond af te brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.