Harrismith-vrou in huis aangerand, beroof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou van Harrismith is in haar huis in Bergsig deur twee mans aangeval.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou was Dinsdag laatmiddag alleen in haar huis toe sy ʼn geluid gehoor het en deur die verdagtes oorval is. Die verdagtes was met vuurwapens en messe gewapen.

“Hulle het haar met hul vuiste deur die gesig geslaan,” het Mophiring gesê. Die twee verdagtes het daarna in ʼn onbekende motor met vier skootrekenaars en van die vrou se juwele gevlug.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

Mense met inligting oor die voorval word versoek om dit by hul naaste polisiestasie aan te meld.

Mophiring het die publiek gemaan om veiligheid by hulle huise op te skerp deur onder meer alarmstelsels of enige ander soort beveiliging wat hulle kan bekostig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Louis C Prinsloo ·

“Beste alarmstelsel of enige ander soort beveiliging” is wapens wat skelms beseer of uitvee.
Voorkom eie seer en verwyder die vrees van volgende onbekende slagoffers

humor ·

Laat ons sien hoeveel kommentaar hierdie berig gaan uitlok in vergelyking met die volgende berig rakende die sg.”skop” van n ietermago in die wildtuin.

Linda Fourie ·

Humor, ek hoop nie jy dink om ‘n Ietermago te skop is snaaks of minder erg as enige ander aanranding nie, dit is vir my in dieselfde klas van walglik en totaal onaanvaarbaar. Die ou wat dit aan ‘n dier doen sal net so teen mense ook optree.

Cherokee ·

Jy het ook my volkome ondersteuning met wat jy sê, Linda.

Kiepie ·

Maroela, sy is nie deur “verdagtes” oorval en beroof nie, sy is deur inbrekers of rowers oorval en beroof. As iemand gevang word en daar word vermoed dat hy/sy betrokke was by ‘n misdaad, dan is die persoon ‘n verdagte tot skuld/onskuld bewys is. Maar as daar verwys word na die (onbekende) persoon wat die daad gepleeg het is hy/sy ‘n inbreker, nie waar nie?

Cherokee ·

Heeltemal reg, Kiepie. Ons verstaan dat hulle ligloop maar soos dit oordryf word is erg.

Verdedig julself nou ·

Daar se die polisie self ons moet ons self verdedig, so kom ons maak so, en ons berei n bitter onaangename verassing voor vir die wat ons wil kom seermaak.

Elsie ·

Ek het ‘n alarmstelsel, met radio verbind aan ‘n kontrolekamer en gewapende reaksie, laat installeer vir veiligheid. ‘n Maand later het ek my eerste inbraak gehad. Alles van waarde was geroof. ‘n Maand later, nóg een. Ek het my kamerdeur begin sluit uit vrees en heelnag in dié tronk gebly. Ook maar goed. In Maart het ek my derde inbraak gehad en 4 stelle vingerafdrukke is in my huis gekry. Na elke inbraak het ek die sisteem op aandrang van die sekuriteitsmaatskappy laat opgradeer, teen hoë kostes. Dinsdag is die sekuriteitsbeamptes wat ek al die maande betaal het om my op te pas, in hegtenis geneem vir die vlaag inbrake in ons omgewing!

Karma ·

@Elsie – presies wat ek gedink het nog voor ek jou ‘post’ klaar gelees het: “inside job”. Die sekuriteitsbedryf in SA het gepaddastoel – só kwaai dat die ‘waghonde’ (PSIRA, o.m.) wat dit moet kontroleer, nie kan nie. En dink maar wie (watter tipe mens) sekuriteitswagte raak. Ek veralgemeen grof, hier en beoog nie om enige iemand na te kom nie. Soos in die SAPD is daar ook eerbare sekuriteitsmaatskappye met hardewerkende, eerlike werknemers. Vir hulle haal ek my hoed af!

En kyk ook maar gerus wie in jou huis of tuin werk of die tuindienste doen of jou installasies/ herstelwerk rondom die huis doen. Dikwels is dit die huishulp of tuinier wat inligting werf vir die rampokkers. Baie keer word die mense gedreig om inligting te gee van die huis en omstandighede van “daai wit boer” by wie hulle werk, of anders word die mense se huise afgebrand.

Cherokee ·

My alarmstelsel is mobiel en dit is ‘n 7.62mm semi-outomaties.

SE MA NET ·

EK DINK NIE ENIGE IEMAND IS MEER VEILIG NIE EK SELF BLY IN HARRISMITH EN IS DEEL VAN N PATROLLIE GROEP, HOE OPER JOU HUIS HOE VEILIGER. WANNER JOU HUIS SO TOE IS MET ALS DIS WANNEER HUL DINK DAAR IS BAIE WAARDEVOLLE ITEMS.

Antie ·

Aangekla net van gewapende roof???? Wat van aanranding, aangesien hulle haar met die vuis geslaan het???

Johannes Meintjes ·

Jammer mevrou. Opskamers, kameras in die buurt, gewapende burgers, buurtwag patrollies en GPF aksies faal steeds daarin om Burgerlike Beskerming effektief en oortuigend op nasnionale vlak in SA te verseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.