Harry gee vir Cyril ʼn portret van beeste

President Cyril Ramaphosa, sy vrou dr. Tshepo Motsepe en die hertog en hertogin van Sussex kuier in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Die koninklike egpaar, Harry en Meghan, is Dinsdag deur pres. Cyril Ramaphosa en sy vrou, dr. Tshepo Motsepe, in die presidensiële woning in Pretoria ontvang.

Dit was die laaste van ʼn twee week lange besoek wat die hertog en hertogin van Sussex in Suid-Afrika afgelê het. “Dit is wonderlik om julle hier te hê, baie welkom!” het Ramaphosa tydens die welwillendheidsbesoek gesê.

Gedurende die besoek het die egpare ook geskenke uitgeruil. Die Sussex-egpaar het aan die president ʼn geraamde portret van ankole-beeste gegee, die einste beesras wat Ramaphosa op sy plaas in Mpumalanga aanhou. Ramaphosa het op sy beurt vir die koninklikes ʼn fotoboek oor sy eie kudde, Cattle of the Ages, gegee.

President Cyril Ramaphosa en sy vrou dr. Tshepo Motsepe verwelkom die hertog en hertogin van Sussex in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Harry het vroeër die dag, tydens sy besoek aan die Britse Handelskommissaris in Johannesburg, gesê hy het hoop vir Afrika en dat die verhouding tussen Brittanje en Afrika belangrik is. Ramaphosa het self verlede jaar ‘n besoek aan prins Harry se ouma, koningin Elizabeth II afgelê toe hy in Londen was vir die konferensie van Statebondsleiers.

Harry het Suid-Afrika reeds verskeie kere in die verlede besoek – sy vorige meisie Chelsy Davy se pa was ‘n Suid-Afrikaner – en het gesê hy sien reeds uit na sy volgende besoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Daniel ·

Mens sou sweer dat die koninglikes die enigste mense op aarde is. Hulle is net gewone ? mense.

Magda ·

Nie snaaks nie – maar geen Brit sal ek ooit voor opstaan nie – Julle skuld met wat hier in SA aangaan – Onthou die konsentrasie kampe en verwydering van almal van ALLE plase af (wit en swart)

Diertjie ·

Kom kuier sonder jou wagte ons sal sien of die kuier nog so lekker is as n skelm jou beetkry

Ai ja jai ·

Vader tog, spaar ons nog ‘n besoek. Hoop nie dis gou nie, gaaaa…..aaaaappp

Ai Tog ·

GAAAAAAPPPP!!!!! TEN MINSTE KAN HY HULLE NIE OOK SLAG VIR SY PRIVAAT PARTYTJIE NIE.

Posduif ·

Ek sou graag vir die prins ‘n portret wou gee van die Cullinan diamant wat in sy ouma se septer is, sowel as die ander gedeeltes wat in haar privaat versameling is, om haar daaraan te herinner dat dit moet terugkom SA toe as ‘n teken van vergifnis vra vir Britanje se “plunder-imperialism” in SA oor die eeue heen. Ons neem dan haar geskenk aan, vergewe hulle en vat dan Barclays Bank as ‘n troosprys vir ‘n regstelling vir die ongeregtigheid van die verlede. Hoe klink dit?

@Posduif ·

Soos ‘n uitstekende plan. Nou al duskant (laat ek maar sê keelvol, want die onderkant is onaanvaarbaar op MM) vir dié twee se patetiese publisiteits poging.

Linda ·

Nee jong Posduif, hulle het net die armoedigste swart gebiede besoek en aan die wereld vertoon. Ons kan maar net hoop hulle merk die verskil op tussen die weelderige Presidentswoning en die karige gehuggies waarin die president se ANC volgelinge woon.

wilma ·

hyt hoop vir Afrika. Magtig man is hy simpel. het hy nie gesien hoe lyk Afr nee. Nee was seker net in Botswana en Malawi.. hy moes ander Afrika lande besoek het en wonder wat sy kommentaar sou wees

smurfie ·

Dis seker ñ skildery.
ñ Portret is van ñ persoon se gesig.

Neels ·

@ Posduif ….. uitstekende voorstel!!
My Ouma het albei haar broers verloor in die Anglo-Boere oorlog en gelukkig die konsentrasie kamp by Brits oorleef.

marous ·

cyril gee vir harry ‘n portret van ‘n stukkende riool aanleg ….

Hanlie ·

Hulle sien nie rerig Afrika en sy armoede nie, dit word van hulle weerhou.

SjN ·

Ironies genoeg, CR kry n portret van beeste, Zuma het sommer n trop beeste wat vir opkomende boere in noorwes bedoel was, gekry.

gatiep ·

Waarvoor word daar so bohaai in SA gemaak van die klomp kamptigge royals.
Wanneer sal die klomp engelse tog wakker word wat die klomp so aanbid,besef hulle nie wie en wat die klomp is nie.
(I am a woman of collor)maak dit haar nou extra spesiaal?

Hannatjie ·

Ek dink die Cullinan diamant is veiliger in koningin Elizabeth se paleis, as in Suid-Afrika, veral met ons huidige regering.

Spook op thaba ·

@Willie….Nee ek weet ok nie…klink my hulle is van oorie water…

K P ·

Ek hoop daardie groepie engelse kry hulle ry soos gister terug van waar hulle gekom het

Regs! ·

Die “handlers” kom kyk net of hulle “puppet” nog in lyn is met hulle agenda!

Vra net ·

Ek kan nie die teenkanting teen die koningklikes vanaf die kommentare hierbo verstaan nie? Harry en Meghan was regtig nie deel van die Boereoorlog nie? Indien jy sulke “grudges” hou, is julle seker ook heeltemal ten gunste van SEB? Hoe kan julle nie aanbeweeg nie, maar verwag dat apartheid vergeet moet word? Vra net…

Regs! ·

Dit gaan nie net oor die Boereoorlog nie. Die koningshuis in Engeland beheer nogsteeds ons regering. Hulle vat al ons minerale . Aan wie dink jy behoort De Beers en Anglo Gold? Hulle besit ons land. Gaan doen gerus die navorsing. SA is geregistreer as een van hulle besighede. Daar is ‘n 119 wette in ons land wat teen jou velkleur tel. Dink jy regtig ons regering is slim genoeg om dit self uit te dink en te implementeer?

Piet die Mamba ·

Jammer die oom en tannie is nie na die Britse Konsentrasiekamp begraafplase geneem is nie!

Niks om oor huis toe te skryf nie. ·

Die laaste Engelsman wat iets beteken het was Margaret Thatcher. Sy was ‘n Yster. Voor háár was dit Churchill, en voor hom Shakespeare. En so tussenin ‘n paar kerkhervormers soos Knox. Die res is maar afgewater.

P ·

Ag shame, mens so sweer hulle is so belangrik assablief. Hulle ook maar net mense soos ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.