‘Hart vol dankbaarheid’, sê Amor ná springmat-ongeluk

Amor Vittone (Foto: Facebook)

Amor Vittone (Foto: Facebook)

Die gewilde sangeres en televisie-aanbieder Amor Vittone het Donderdag gesê hoewel die tweede operasie om die geskeurde ligamente in haar linkerbeen én ʼn gebreekte enkel te herstel suksesvol was, is daar nog ʼn lang herstelpad wat vir haar voorlê.

Vittone is Maandag na die hospitaal gehaas ná ʼn ongeluk op ʼn springmat tydens haar seun, Jordan (13), se verjaardagpartytjie.

Die voorval het gebeur by Bounce, ʼn sentrum vol springmatte in Johannesburg waar waaghalse spronge en toertjies kan uitvoer.

“Ek sit vanaand hier in ʼn hospitaalbed met ʼn hart vol waardering en dankbaarheid. Die tweede operasie was ʼn sukses,” skryf sy op Facebook. “Die dokters was skepties omdat die belangrikste ligamente, weefsel en senuwee afgesny is deur die impak [van die val].”

Die sangeres het gesê sy is oorweldig deur boodskappe van aanhangers wat haar beterskap toewens en hoop sy kan spoedig weer optree. “Ek wil uit my hart uit dankie sê aan elkeen se boodskappe, gebede en liefde. My ma moes oorneem en help met die kinders. Ma, vreeslik dankie dat ma nooit opgee nie en dadda, dankie vir al julle liefde [sic].”

Amor het Donderdag met rehabilitasie begin en is tans op krukke. “Dis ʼn lang pad wat voorlê, maar ek wil hard werk sodat ek vinnig weer kan show, al is dit op krukke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

LB S ·

Ongevraagd, Alida. Sy deel ‘n huis met hom om sy kinders naby te hê, wat meer moet sy doen, hoekom moet haar lewe nou stilstaan? Moenie vergeet wat destyds gebeur het nie!
Ek is nie gek oor haar nie omdat sy soos baie ander vuil wasgoed in die openbaar gewas het, maar sy het immers teruggedraai om hom op ‘n manier wat hulle kon ooreenkom, by te staan.

Absoluut ·

Absoluut, ek stem 100% saam LB S, elke gevoel is ook myne! Amor, sterkte met jou herstel en wat tuis voorlê, steur jou aan opbouende kommentaar!

sioux ·

nee hulle woon op dieselfde “landgoed/kompkeks” in verskillende huise. dalk woon haar (genoemde) nuwe liefde ook daar.

Sies Alida! ·

…nou moet sy sit en kripeer omdat Joost siek is? Sy staan hom by en ondersteun waar sy kan. Maar sy is ook n mamma wat haar kinders moet ondersteun en SEKERLIK die lewe mag geniet saam met hulle!
Ek glo nie Joost sou van haar verwag om op die Lewe se kantlyn te sit en die “game” te mis nie…

Hats off to AMORE! ·

Im not even 40 yet and when I jump on a trampoline…. I pee my pants! Enjoy making memories with your kids.
Joost will LOVE YOU EVEN MORE for LIVING!

LB S ·

Sioex, dis ook OK. Gun haar haar lewe, dit is nie sy wat eerste wou wegbreek nie!

Louise ·

Mooi so Amor dit is wat jou kinders sal onthou ! wees altyd saam met hulle jonk en doen als saam! Ek dink aan julle in die tyd met jou beserings en veral met Joost ! Die son sal weer skyn !!!

Estelle Horn ·

Sover ek weet ondersteun Amor nog al die tyd vir Joost.

Faith ·

Sjoe julle Joost kry suurstof bid eerder dat hy en spore beter word v Kids onthalwe nou gaan julle almal tekere sies man

Estelle Horn ·

Ek is nie een van die wat te kere gaan nie, ek noem juis dat Amor Joost bystaan. Joost is altyd in my gebede sowel sy familie en vriende wat hom ondersteun.

Amanda ·

As ek korrek lees kry Maroela die inligting van Amore se FB blad. So hoe maak dit haar n aandagvraat? Ek stel nie belang in Steve of rugby nie. So ek lees nie artikels van Steve of rugby nie… so hoekom lees julle hier en vat nog die tyd om kommentaar te lewer?

humor ·

Miskien is dit tyd dat sy realisties met haar ouderdom rekening hou.

Amanda ·

Ek is 44 en het saam met my kinders by bounce gebounce. Was groot pret. So van waar jou opmerking? Moet almal na 40 maar by die huis sit en tv kyk?

Boo Humor ·

Go Amore! Jy is nog bloedjonk en pragtig! Geniet elke oomblik vam die lewe saam jou kids! Gaan mal tot jy 80 is! Die lewe is te kort om oor suurpruime soos humor te kommer…. “humor met geen sin vir humor”

Tanya ·

Sy was by haar seun se verjaarsdag partytjie! Ek dink dis wonderlik dat sy saam met haar kinders pret het! Haar kinders verdien dit na alles waardeur hulle moet gaan.

T ·

Dis partykeer te maklik om te praat. Niemand van ons is in die selfde sitiuasie nie. Respekteer beide van hulle! Hoekom altyd die lelik in iets sien, soek eerder die mooi!

Louisa ·

Ai tog mense kom ons los die aanmerkings en bid vir albei van hulle.

sarie van heerden ·

‘nGebreekte enkel is nie ‘n groot storie nie. My enkel het baie sleg gebreek en na 3 operasies met skroewe en plate in die enkel is ek nou perdfris. Was myne ‘n fratsongeluk? Ek het die huis ingehardloop met wasgoed in die reen toe ek gly en my disnis stop teen ‘n soliede muur. Nee wat, geen groot iets nie.

Emsie Mc Killop ·

Wel dit is baie seer…… maar die woorde “na die hospitaal gejaag” hierdie vroumens irriteer 7 soorte bollie uit baie mense….. hoekom is als altyd so oordrewe en dramaties….? Ag nee regtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.