Hartbeespoortdam-kabelspoor ‘n sukses

Foto: Harties Cableway, Flickr

Foto: Harties Cableway, Flickr

Die Noordwes-provinsie het Vrydag gesê die kabelspoor by Hartbeespoortdam is ʼn sukses en het die eerste jaar ná sy opknapping reeds 30 000 besoekers gehad.

Premier Thandi Modise het Donderdag gesê die fasiliteit, wat teen R49 miljoen opgeknap is, stimuleer toerisme en bied werk aan ongeveer 45 mense.

Modise sê die Madikwe-landingstrook in Noordwes het bygedra tot die hoë volume toeriste by die Madikwe-natuurreservaat. Dit het ook bygedra tot werksgeleenthede en die ekonomie in die gebied. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.