Hartchirurg Marius Barnard oorlede

Marius Barnard en sy vrou, Inez Foto: Facebook

Marius Barnard en sy vrou, Inez Foto: Facebook

Die bekende hartchirurg, Marius Barnard, Christiaan Barnard se broer, is Vrydag in Hermanus in die Wes-Kaap oorlede, het IOL berig.

Die Independent Online het Saterdag berig Barnard is ná ʼn 17 jaar lange stryd met prostaatkanker oorlede.

Die 87-jarige het sy broer Christiaan in 1967 bygestaan toe hulle die wêreld se eerste menslike hartoorplanting in Kaapstad gedoen het.

Sy vrou Inez, seun Adam en twee dogters was by hom toe hy gesterf het. “Hy het homself langer lewend gehou as wat hy moes… die ou kêrel wou nie sterf nie,” het Adam oor sy pa geskerts.

Barnard het as ʼn algemene praktisyn in Zimbabwe begin. In 1967 het hy na Kaapstad verhuis waar hy by die departement kardiotorakschirurgie aangesluit het. Hy was ʼn lid van die span wat die eerste hartoorplanting behartig het.

Hy het toekennings van verskeie lande, insluitend Italië, Griekeland en Frankryk ontvang vir sy bydraes tot die geneeskunde, het IOL verder berig.

Hy het ook baanbrekerswerk gedoen in die skep van lewensversekering vir kritieke siektes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Een van die groot manne van Suid Afrika – Rus in vrede Marius

Drieks ·

Ja dit raak ons almal. Hul was die room van ons land. Dankie wat u vir ons beteken het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.