Hartenbos-brand onder beheer gebring

Dik rook en vlamme kan gesien word waar die brand tans in Mosselbaai in die Wes-Kaap woed. (Foto: Andrew Sokolic via Facebook)

ʼn Veldbrand by Hartenbos Heuwels in Hartenbos, Mosselbaai is Maandagmiddag onder beheer gebring. Twee huise is in die wegholbrand verwoes en ʼn brandbestryder is beseer.

Chantel Edwards, munisipale woordvoerder, het bevestig die brand is onder beheer gebring en opruimingswerk het begin. Die R328 en ander paaie in die gebied is weer oopgemaak vir die publiek.

Maroela Media het vroeër berig hoe die vlamme gevaarlik naby huise in Hartenbos Heuwels gewoed het terwyl ʼn helikopter waterbomme vanuit die lug op die vlamme gooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karolis ·

Baie dankie MM vir die laatste berig oor die brand situasie.
Het ‘n selfoon boodskap ontvang van ‘n persoon wat die situasie absoluut uit verband geruk het. Hoop die lekeprediker lees eerder MM.

Philip ·

Hierdie brande is opsetlik. Die oorsaak word nooit gepubliseer nie. Wonder of dit ooit geondersoek word.

Gert ·

Ek stem volkome saam met jou. Dit het gebrand en klaar. GEEN HAAN SAL DAARNA KRAAI NIE. Dit is polities.

Hansie ·

Die oorsaak van die vorige brand was iemand wat n ligfakkel afgevuur het, en die persoon is aangekla. Die brandweer se eerste taak is om die oorsaak op te spoor, wat gewoonlik vinnig gebeur, dis die strafproses wat jare duur, bygese as die dokumente nie wegraak nie

Wim ·

Hansie dit was Kleinmond en omgewing se brande wat deur die ligfakkel veroorsaak is.
Hierdie brande is by Mosselbaai .

B.B. ·

Dis net vir my SKOKKEND dat ons eie mense, nie ons eie mense se kant sal kies nie….Kyk nou net weer met die Coligny moorde……Ons was nie een daar nie…..en ek glo dat daardie persoon/e het afgespring van die bakkie….dalk sou ek ook,, as ek gevang was, ook bang en op pad polisie stasie toe was..(of waar ookal heen…Nou kies sommige van ons eie mense kant TEEN daardie 2 boere…Aggenee ek skaam my vir julle..!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.