Harties-bootramp: ‘Gemeenskap staan saam in tyd van nood’

Die boot brand by Hartbeespoortdam op 19 November 2016 (Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit)

Die boot brand by Hartbeespoortdam op 19 November 2016 (Foto: Hartbeespoort Emergency Rescue Unit)

Talle lewens is Saterdag gered toe die Hartbeespoort-gemeenskap in samewerking met nooddienste van die omgewing op ʼn noodkreet gereageer het en ʼn brandende partytjieboot op die Hartbeespoortdam te hulp gesnel het.

Volgens Loanne Louw, woordvoerder van Hartbeespoort Emergency Rescue Unit (Heru), het dié redding daartoe bygedra om die lewensverlies as gevolg van die tragedie tot vier te beperk.

Louw het gesê Heru is net na 14:00 om hulp genader nadat die boot, wat van die Kosmos-oewer af begin vaar is, naby aan die Broederstroom-oewer aan die brand geraak het. “Daar was verskillende groepe partytjiegangers op die boot en die skatting is dat daar soveel as 200 mense op die boot was.”

Volgens Louw is Heru se span verdeel met een groep wat op die Broederstroom-oewer gekonsentreer het en die ander op die oewer by Kosmos. “Die SAPD se watervleuel was op die water besig met reddingsaksies terwyl private booteienaars gehelp het deur hul bote te gebruik om die passasiers na verskillende oewers van die Hartbeespoortdam te neem.”

Die boot brand by Hartbeespoortdam op 19 November 2016 (Foto: NSRI)

Die boot brand by Hartbeespoortdam op 19 November 2016 (Foto: NSRI)

Jerry Bouwer, ook van Heru, het gesê dit het geblyk dat van die kleiner bote oorlaai is deur passasiers wat van die brandende boot gevlug het. “Dit was blykbaar toe een van dié oorlaaide bote omgeslaan het dat twee van die insittendes in die water beland en verdrink het. Op die Kosmos-oewer was lede van die publiek reeds besig om een van die drenkelinge se lewe te probeer red met mond-tot-mond-asemhaling en na ʼn ondersoek van Heru se span was dit duidelik dat daar niks vir dié slagoffer gedoen kon word nie. Sy is deur lede van ons span dood verklaar.”

Volgens Louw is Heru kort daarna weer gekontak vir hulp waar lede van die gemeenskap verbete geveg het om nog ʼn drenkeling se lewe. “Volgens omstanders was dié vrou ongeveer 20 minute onder die water en na ʼn ondersoek was dit duidelik dat daar ook niks vir dié slagoffer gedoen kon word nie. Die derde drenkeling se liggaam is deur een van die bote na die oewer gebring.”

Louw het gesê nadat partytjieboot na die Kosmos-oewer gebring is, is die dood van die vierde slagoffer in die toilet van die boot bevestig. “Vir Heru se span was dit duidelik dat die goeie samewerking tussen die nooddienste en die gemeenskap die omvang van die tragedie tot ʼn groot mate beperk het. Ons sê graag baie dankie aan die Necsa-nooddiens en die SAPD se watervleuel, sowel as elke lid van die gemeenskap wat ʼn bydra tot hierdie grootse reddingspoging gelewer het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Amanda ·

Waarom is daar nie fotos van die mense wat tot die redding gekom het nie? Op die nuus het ek gesien die meeste van die mense op die brandende boot was swart. Die mense wat gewoontlik daar op die dam rond is is wit. So is dit nie grootliks wit mense wat tot die redding gekom het nie. Dit maak seker nie n goeie storie as mens wys dat mense mekaar help ongeag van velkleur nie.

Simon ·

Die booteienaars rondom Harties het soos regte klomp “rassiste” op getree om hulp te verleentheid aan anders-kleuriges in nood.
So het die “rassiste” voorkom dat hordes van hulle verdrink in die proses.

Karin ·

Well done. Hartiesgemeenskap. . jammer DAT die partyboot Se eienaar op radio gese het. Dit was verkeerd van die publiek om te help. .

charmaine ·

Dit boot was al n vorige keer ook in die nuus omdat hy oorlaai word en mense afgeval het? Miskien moet hulle die boot en eienaar bietjie ondersoek, geld gierigheid is n lelike ding veral tydens kantoor funksies.

m ·

Weet Malema al dat wittes hulle hulp aangebied het. Ons is nie almal so rassisties soos hy nie.

Harties ·

Hoekom kry hierdie reddingspoging nie ook soveel media dekking en erkenning soos die trokbestuurders in die vloede nie? Ja hulle was wonderlik, maar so was hierdie mense wat ander van ‘n wrede verdrinkingsdood gered het. So selektief word net goeie dade van ‘n sekere groep mense en slegte dade van s’n aan ‘n groot klok gehang. Die media moet begin intree, ek dink dit is niks minder as reg nie, en hulle het die mag in hulle hande. Gebruik dit om positiewe nuus oor die kleurspektrum heen te versprei.

Harties Inwoner ·

Ai as jy al die kommentaar lees is dit net wit/swart….Die mensdom moet begin saam staan en die wit/swart begin aanvaar….Mense se lewens tel hier…Dankie aan almal wat gehelp het.

charmaine ·

Ons raamwerk en denkvermoe is net anders as ander mense s’n. Ons is geleer jy help, jy werk hard en jy versorg en jy bou op. Voorbeeld is daar is n tassie projek daar is kos insamelings Mandela dag en ons help ons medemens waar ons kan maar dit is altyd die wittes met al hierdie wonderlike idees kom en ons voed, klee en help enige kleur. Dis wat die Here van ons vra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.