Harties man skuldig aan haatspraak, aanranding

Brits-landdroshof (Foto: Maroela Media)

ʼn Man van Hartbeespoort wat in 2018 daarvan beskuldig is dat hy ʼn man op grond van sy ras aangerand het, is vandeesweek aan haatspraak skuldig bevind.

Tiaan Ebersohn het Woensdag in die Brits-landdroshof verskyn vir die aanranding van Hartley Sandy Ngoato, prokureur en destydse voorsitter van die Nasionale Kunsteraad, by die Schoemansville Oewerklub in Hartbeespoort.

Landdros Jethro Mosime het Ebersohn skuldig bevind aan aanranding en crimen injuria.

Ebersohn, wat ʼn eiendomsagent in Hartbeespoort is, sal op 27 Julie weer in die hof verskyn vir sy vonnisoplegging.

Die skuldigbevinding kom byna vier jaar nadat Ebersohn en Ngoato in ʼn onderonsie betrokke geraak het. Terwyl Ngoato die dag besig was om sy boot uit die water te kry, het hy en Ebersohn, wat by die oord piekniek gehou het, ʼn woordewisseling gehad.

ʼn Ooggetuie het destyds beweer dat Ebersohn op Ngoato geskree het en daarvan beskuldig het dat hy te vinnig ry.

Kort voordat die twee mekaar met die vuis bygekom het, het Ebersohn ook kru-taal gebruik. Ebersohn het volgens ooggetuies Ngoato se kop teen die grond gestamp.

Hartley Sandy Ngoato het dié foto van sy beserings op sosiale media gedeel. (Foto: Facebook)

Volgens die Hartbeespoort‑gemeenskapsontwikkelingsinisiatief het Ngoato snye aan die linkerkant van sy kop en gesig opgedoen, asook kneusplekke, littekens aan sy linkerbeen en ʼn geswelde regterhand weens die aanranding.

Ebersohn het in sy verdediging aangevoer dat hy ook ernstige beserings opgedoen het, maar die omvang daarvan was nie in sy mediese verslag vervat nie.

Mosime het tydens die skuldigbevinding gesê Ebersohn het verskeie kere tydens die woordewisseling met Ngoato die k-woord gebruik, asook gesê dat swart mense nie by die betrokke piekniekoord toegelaat word nie.

Die Hartbeespoort‑gemeenskapsontwikkelingsinisiatief het die uitspraak verwelkom en Ebersohn se optrede verdoem.

Ngoato het ook die skuldigbevinding verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tersia ·

As jy nie wil hoor nie, moet jy voel. Geen mens het die reg om iemand anders so aan te rand nie maar, volgens die berig, het altwee mans mekaar met die vuis bygekom. Hoekom word net een uitgesonder om aangekla te word?

piet ·

Nee Cherokee, dit werk nie so nie. Dit het deur die hofproses gegaan en die hof het bevind die een perd is die skuldige. Die hof weeg albei kante van die saak op maak nie saak wie die klag gele het nie. Dis in elk geval ‘n kriminele saak gewees so die staat het aangekla.

Lourens ·

Piet – ongelukkig is die standaard van uitsprake en regspleging in die landroshowe deesdae bitter laag. Landroste ken nie die reg nie; aanklaers is swak opgelei; en ondersoeke word nie behoorlik gedoen nie.

Elma ·

Geswelde regterhand weens die aanranding…….lmga.
Hy moes dalk met sy linkervuis geslaan het. Maar ja, sy deelname aan die boksgeveg was waarskynlik, volgens die regsbank, selfverdediging.

Martie ·

Sjoe nee daai was effe rof hoor, nou moet hy maar kry wat na sy kant toe kom.

Misky ·

Dis jammer dat mens nie die ander party se fotos van beserings ook kan sien nie. Gewoonlik meer agter die tipe stories.

Nommer 7 ·

Misky, indien daar sulke fotos bestaan, sou die beskuldigde dit seer sekerlik by die hof ingedien het. Die beskuldigde se mediese verslag dui nie enige beserings aan nie.

Deonne ·

Ek voel die artikel is bietjie eensydig, wonder wat is die storie agter die storie.

piet ·

Die storie agter die storie is dat die hof al die feite oorweeg het en meneer skuldig bevind het.

Nommer 7 ·

Deonne, indien daar ‘n storie agter die storie is, sou dit gedurende die hofsaak uitgekom het, dit het nie.

William ·

Nommer 7, ek hoop werklik dat jy nooit jou hoop en toekoms in die land se strafreg moet sit nie, dan sal jy n ander deuntjie sing…Niks van hierdie hofsaak was regverdig hanteer nie. Gaan google bietjie vir Ngoato…

Cherokee ·

Waarom moet Nommer 7 Google as jy reeds meer inligting ken? Vertel dit dan of erken as jy raai.

Lourens ·

Diegene wat nog glo aan die integriteit van die SA regstelsel – veral in die laer howe – lewe in ‘n droomwêreld.
En ek praat uit ondervinding.

Christine ·

Moenie verskonings soek nie. Dis uiters swak van mense om so op te tree. Common verby.

William ·

Jy slaan die spyker opi kop. Die arme man het geen kans gehad met sy saak in Brits waar die “slagoffer” ook n prokureer is en die hele magistraats hof in sy sak het nie.

Hoekom ·

Ons Afrikaners moet ons self maar beheer in sulke situasies. Suid Afrika se regstelsel is baie eensydig en ras georienteerd…

William ·

Hierdie artikel is swak en eensydig geskryf! Sies Maroela media.

Divan ·

Dit is snaaks om te sien dat mense dink dit is reg om mense aan te rand…shocking eerlikwaar niemand en niks gee jou die reg om mense net te slaan omdat jy nie van hulle hou nie….word groot

Christine ·

Ek stem saam Divan. Mens kry maar common mense wat altyd reg is vir ‘n geveg.

Pieter ·

Net nog n bewys hoe eensydig ons regstelsel is. Ek het ook al gesien hoe hulle hulle gedra by sulke plekke. Die ou het heel waarskylik teen hulle opgestaan, en toe was hy sekerlik weer n rasis,en dis hoekom hy die een is wat nou les opse. Face it, daar is veskillende kulture in SA, en hulle is nie gemaak om met mekaar te meng nie,anders was almal dieslfde. Dis is nie noodwendig n slegte ding nie. Ek is groot gemaak om asseblief en dankie te se,en ouer mense te respekteer. Ander kulture glo weer daaraan ,dat hulle nie normaal met mekaar gesels nie,maar op mekaar skree al sit hulle langs mekaar. Dit gaan als oor respke vir mekaar.Respekteer mekaar en dit sal beter gaan. As ek by n pieknies spot is ,and op my plek is, en myself gedra, verwag ek dit van die groep langs my ook.

madels ·

Ebersohn jy het droog gemaak volgens die nuus berig…jy moet nou die pak vat …..maar daar is altyd meer in n storie as wat daar gesê word, ongelukkig

Jack ·

Hou jou maar uit so n geveg. Die skaal gaan nie in jou guns kantel nie veral nie as jy nie n saak gemaak het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.