Hartkleuter se ouers neem moeilike besluit: ‘Die risiko is te groot’

Carli van Straten vroeër in die hospitaal. Foto: Facebook

“Ek het mos gesê beplanning is vir ʼn hartpasiënt ʼn vloekwoord.”

Só sê Riaan van Straten, die pa van die vierjarige Carli wat veronderstel was om vandag ʼn massiewe opehartoperasie te ondergaan, wat op die laaste nipper uitgestel is.

Klein Carli sal nie vandag die operasie ondergaan soos verwag is nie. “Die risiko is te groot en die moontlikheid dat sy nie operasie gaan oorleef nie, is te hoog. So die operasie is uitgestel,” het Van Straten gesê.

Carli, wat met vier verskillende hartdefekte gebore is, sou vanoggend ʼn “instandhoudingsoperasie” in die Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in die Kaap ondergaan om al die werk wat aan haar hart gedoen is toe sy ses maande oud was, aan te pas by haar hart wat sedertdien natuurlik aansienlik gegroei het.

Carli se dokter het Dinsdag ná “ʼn beplanningsoperasie” gesê hy sou graag die operasie op ʼn latere stadium wou doen, maar wou terselfdertyd ook nie enige kanse vat met ʼn infeksie wat dié dogtertjie vroeër vanjaar opgedoen het nie.

Die opehartoperasie sou aanvanklik eers in Junie of Julie vanjaar plaasgevind het, maar is deur dokters vervroeg nadat Carli vroeër vanjaar endokarditis opgedoen het, ʼn infeksie in die hart wat lewensgevaarlik is.

Van Straten sê nadat dokters gedink het die operasie sal noodgedwonge vandag gedoen moet word, is daar na ’n “marathon-vergadering” egter teen die operasie besluit.

“Carli het ʼn baie unieke hart en met die werk wat destyds gedoen is, het sy ʼn baie ingewikkelde stelsel in haar bors. Wanneer hulle haar oopmaak, moet alles vervang word wat beteken dat dié hele stelsel uitmekaar gehaal moet word en dan van vooraf opgebou moet word. Dít is byna ʼn onbegonne taak waaroor ons sedert die vorige operasie op ses maande senuweeagtig was,” verduidelik hy.

Hy vertel dat hierdie “instandhouding” egter die laaste stap is in die pad tot herstel. Na dít, is daar nie veel meer wat dokters chirurgies vir Carli kan doen nie.

“Dit is daarom iets wat ons almal gehoop het om sover as moontlik in die toekoms te laat doen omdat die lewensverwagting hierna nié gegee word nie. Afgesien van die groot moontlikheid dat [Carli] nie die operasie sal maak nie, is dit ook so dat as die operasie verby is, is dit klaar. As sy dán daarna in die toekoms probleme ervaar, wat net ʼn kwessie van tyd is, sal daar nie veel wees wat hulle vir haar kan doen nie,” verduidelik Van Straten.

Hy is ook nugter en eerlik wanneer hy erken daar is ʼn hoë risiko dat die endokarditis weer kan kop uitsteek en dat dit eintlik onvermydelik is.

“Omdat dit ons finale skuif is, is die besluit geneem om ʼn bietjie meer tyd te koop en om ʼn bietjie meer tyd saam deur te bring. Om [nou] te opereer kan ʼn groot fout wees maar om nié [nou] te opereer nie, kan óók ʼn fout wees,” sê hy oor die moeilike posisie waarin hulle as ouers gewikkel is.

‘Ons leef in geloof’

Die Van Straten-gesin. Foto: Verskaf

Van Straten weet dat die gesin nou ʼn kans moet vat oor wat die beste besluit rondom Carli se gesondheid sal wees, maar klou vas aan hul geloof soos hul nog met elke tree van hierdie moeilike pad doen.

Die Van Straten-gesin vertrou dat die besluit om vir nou nié aan Carli te laat opereer nie, die laagste risiko inhou. “Ons is stomgeslaan deur die wonderlike liefde en genade van ons Vader in die hemel. Ons is baie dankbaar dat God ons en haar dokters gelei het tot dié besluit. [Vandag] sou dalk nie ʼn goeie dag vir ons gewees het nie,” sê Van Straten.

“As jy nog nooit die krag van God gesien het nie, moes jy vandag hier gewees het. Ons sal ʼn bietjie minder slaap as wat ons reeds doen, ons sal ʼn bietjie versigtiger wees as wat ons al klaar is en ons sal finansieel agteroor buig, méér as wat ons reeds doen, in die komende dae, weke en maande – hoe lank ons ook al saam het. Maar ons sal voortgaan om God blindelings te volg en doen wat ook al Hy sê, presies soos Hy dit sê.”

Dit is in dié stadium onduidelik tot wanneer Carli se opehartoperasie uitgestel is. Sy sal tot dan deur middel van chroniese medikasie behandel word.

“God het ons nog tyd gegee om saam te wees. En enige dag wat jy ʼn hospitaal verlaat, is ʼn goeie dag,” sê Van Straten.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Gesiggie ·

Baie sterkte vir hierdie gesin…ek het trane in my oe en besef net weereens ons het soveel om voor dankbaar te wees elke liewe dag.

Mag die Hemelse Vader julle dra ek liewe tree, elke liewe dag!

Andreas ·

Ek het nie trane nie, ek snik my hart uit, kan nie oordentlik deur die waterval sien nie, die vingers slaan duike in die toetse van die sleutelbord!

Andreas ·

en ek droom die verbeelding van ‘n toekomsvlug
vir eendag se wonderwerk
terwyl ek haar styf
styf in my arms vashou
gespaar
dank u God

Andreas ·

Ek het nie trane nie, snik my hart uit
kan nie ordentlik deur die waterval sien nie
die vingers slaan duike in die toetse van die sleutelbord
en ek droom die verbeelding van ‘n toekomsvlug
van eendag se wonderwerk
terwyl ek haar styf
styf vashou
gespaar
dank u God

Willie ·

Sterkte aan die familie..jul is ons gebede.. mad die Here se goedheid en guns met julle wees..

Christine ·

Ai, Mamma en Pappa ek kan my nie indink hoe moelik dit moes gewees het nie, maar ek is soo dankbaar dat julle so mooi vashou en vertrou op Onse Hemelse Vader. Ek bid lankal reeds vir julle gesin en dit is wat ek ook nou gesoek het om te lees of daar al nuus is van jul pragtige ou dogtertjie, Sterkte aan julle almal en ja geniet haar elke oomblik van die dag.

Ook net n mamma en ouma ·

Baie sterkte mamma en pappa! Mag God julle toevou en lei om elke dag wat oor is saam in liefde deur te bring!Net God weet wat is sy doel met die mooie ou dogtertjie en wie weet dalk gaan sy nog getuig hoe groot ons God is! Lei ook elke dr wat al die belangrike besluite oor haar lewetjie moet neem!! Ons dra julle almal op in ons gebede

LH ·

Riaan Van Straten, klein Carli is bevoorreg om ‘n Koningskind soos jy in haar span te hê! BLY vasklou aan die Here, ons wil is nie altyd Sy wil nie. Ek bid vir julle pragtige gesin en ook dat God klein Carli styf sal vashou, nou en vir altyd!

Lina Smit ·

Ai my poppie, gelukkig weet ons God kan enigiets doen. Sterkte aan jou en jou gesin

R ·

Carli ons bid vir jou en jou gesin. Vir weisheid, vrede en baie liefde en dat julle elke minuut mag geniet en koester. Wat ‘n uitdagende tyd, baie sterkte. Inspireerend om te sien julle geloof en hoop te midde van die storm op die horison. Daar is nie antwoorde vir al die vrae nie maar daar is geloof en hoop en ons bid julle baie liefde toe.

BenLor ·

Mag ons Jesus vir jou n wonderwerk doen en n nuwe hartjie gee ♡ Niks is by hom onmoontlik nie.

Lindtjies ·

Carli, klein prinses ons sal aanhou bid vir jou en dat God jou sal genees. Ons dien ‘n God van wonders en by Hom is niks ontmoontlik nie. Jy is een van Sy kosbare pêrels en Hy waak oor jou.

Wonder ·

Ek is geen mediese kenner nie en ek kan myself glad nie indink wat die familie deur gaan nie. Ek kan egter saam stem met hul stand oor geloof en om te glo en hoop hul beste vertroosting is. My vraag is egter, kan sy nie n hart oorplanting kry nie? of is dit te ‘n groot risiko in kinders siende dat hul nog moet groei?

Staan Sterk ·

Die Here sal julle lei in hierdie moeilike tyd. Staan sterk en vertrou. God is Liefde en Sy Genade is onbeskryflik Groot en Hy spreek lewe oor julle pragtige kind. Julle is nie alleen nie. Daar is baie mense daar buite wat op hulle kniee gaan en bid vir julle pragtige klein poppie.

Gerda ·

Baie sterkte.Ek as n ouma van n seuntjie Michael wat nou 3 maande en 3 weke oud is wat ook gebore is met n complete AVSD heart defeck ken die gevoel.Ons engel kind is al amper 2 maande in die hospitaal.Ons het voor hy ICU toe is dag en nag by sy bed gesit.Ek ken daai gevoel daai angs die onsekerheid ons engel kind het al 3 hartenvalle gehad sy longetjie het plat geval.So ek ken julle seer en kan net se ons bid saam vir julle pragtige mooi engel kind.

? leser ·

stertkte aan julle almal
ek is nie beledigend nie, maar moenie GOD blindelings volg nie
maak seker dat julle denke oop is en gryp die lewe aan met krag en toewyding

Hou my styf vas Here wanneer my voete gly.
Hou my vas Here as ek op verkeerde paaie bly.
Troos my Here, wanneer die trane vrylik vloei.
Genees my hart Here wanneer my hart bloei.
Hou my geselskap wanneer ek eensaam voel.
Gee Sekerheid as ek dink die lewe is sonder doel.
Wees U my Vriend as my vriende my verlaat.
Wees U my wysheid as ek soek na goeie raad,
Wees U my Geneesheer as ek siek is en vol pyn.
Wees U my Kragbron as my kragte begin kwyn.
Wees U my Anker as die vloed my mee wil sleur.
Die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur.
Wees U my Stut wanneer ek op moeilike paaie loop.
Wees U my vertroue as ek voel daar is geen hoop.
Duisend maal dankie Here, dat ek dit van U mag vra.
Duisend maal dankie Here, dat U my deur alles dra.

Opgedra aan almal wat Jesus aanvaar as Redder en Vader , tot in Ewigheid , Amen

LIEZL ·

jso, Want daar is ‘n ingewikkelde stelsel wat vervang moet word wat na die hartjie gaan. So indien daar ‘n hartoorplanting plaasvind, moet die stelsel nogsteeds vervang word. Ek glo en vertrou dat Hy alreeds besig is met Sy Hand van genesing, daarom is die operasie uitgestel. Amen

Agnes ·

Geloof kan Berger versit. Geloof kan red. Ons dra Carli aan ons hemelse Vader op en vra dat Hy n wonder werk sal Laat gebeur. Hy KAN

Sandy ·

Los dit, soos julle nog die hele tyd seker doen, omdat mens kan sien julle is ‘n gelowige gesin, in God se hande. Hy sal sy besluit aan julle openbaar as die tyd reg is. Sterkte aan julle as ‘n gesin.

EKhouVANVRAE ·

is sy dan nie ‘n kanidaat vir ‘n hart oorplanting nie ?
As ek kon het ek myne vir haar gegee sy maar net 4 jaar oud het letterlik nog haar hele lewe voor haar.

Jax ·

Soos ek van haar pappa se fb inskrywing van vandag verstaan, is haar hartspier sterk genoeg – dis die “wiring “ wat probleme gee. Hartoorplanting sal dus nie eintlik help nie
Baie Baie sterkte liewe familie! Ek weet waardeur julle gaan. Ek dra julle in gebed op aan ons Hemelse Vader!

André Ch ·

Ouers, julle kind het volle kans om te oorleef,
dis in die Vader se hand.
My geval was maar soos ‘n korrel,
verlore in die sand.
‘n Hartprobleem,
erg,
het jongtyd nierversaking oorleef,
spysverteringstelsel
die verkeerdie kant om.
En hier is ek
oor die 60 jaar oud.

Yvonne ·

Bestee soveel tyd saam met Carli… môre is nie gewaarborg nie, nou is ….. Sy is in Jesus Christus se Hande e julle tree op soos julle glo is reg!
Ons staan saam met julle in gebed… Carli jy is ‘n klein vegterjie….
Jesus Christus ons staam saam vir ‘n wonderwerk. ‘N normale lewe in oorvloed vir Carli saam met haar wonderlike gesin. Amen

JOHAN ·

Baie sterkte aan julle. Die belangrikste ding wat julle doen is om toe te laat dat die Heilige Gees julle hierdeur sal neem, en blindelings God se woord gehoorsaam. Ek weet van ‘n seuntjie wat ‘n gat in sy hart gehad het wat deur gebed van die ouers die volgende dag toegegaan het. Heeltemal bonatuurlike genesing. “Vader ek vra dat U hierdie klein mensie se hartjie sal herstel tot hoe dit moet wees. Ons weet ons dien ‘n almagtige God, wat bo die reels en verslae van die dokters op die aarde is. Dat Jesus na Hy opgestaan het uit die dood nie goud gekry het nie, nie silwer, maar wel ‘n naam bo alle name. En ons op roep op die Naam van Jesus om genesing in haar hartjie te plaas, laat al die selle hulle regte plek vind, die kamers reg vorm binne die hart, die funksies van die hart perfek sal wees. Ons weet daar is nou fout maar selfs waar daar nie vis was nie het U dit gespreek en die nette was oorvol, net so glo ons dat sy gesonder as ooit sal wees! Laat U wil geskied. Amen”

LIEZL ·

Sjoe, Johan, Amen en amen. Ons moet spesifiek bid, dis wonderlik. Ons hande slaan saam, ons oë gerig op U, sodat U die wonderwerk kan laat gebeur. Menslike mediese probleme is niks vir U nie. U alleen is heilig en waardig, wees met klein Carli en maak haar sterk en dat hierdie kan omdraai in die grootste getuienis denkbaar. Mense gaan omdraai, mense gaan hul knie buig, as hulle kan sien wat ons Vader kan doen. Geloof is al waaraan ons kan vashou!

ZeeBee ·

So ‘n pragtige mamma en pappa met die pragtigste dogtertjie. Julle is sterk, Julle glo en julle het liefde in oorvloed. Ek glo saam met julle en bid dat julle die mooiste tyd saam met julle dogtertjie sal he.

Doris Gouws ·

Ek wil net vir daardie familie sê hou aan bid en glo want die tyd van wondewerke is nie verby nie, as JESUS dooies kan lewendig maak wat ons so n paar maande terug belewe het wat meer kan JESUS vir daardie pragtige dogtertjie doen, volkome genees. Prys en loof JESUS altyd. Amen!!!

lion ·

Karlie gou gou gesond word ten volle ek vra klaar vir n wonderwerk vir jou!! Ek sit dit op skrif en almal wat dit lees vra saam met my al klaar sterkte aan family .. My hart gaan uit na julle toe….lieffies..xxxxx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.