Hartswater-ongeluk: Dodetal styg

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het die dodetal aangepas ná ʼn noodlottige ongeluk Saterdag op die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap.

“Nog twee mense het Sondag in die hospitaal aan hul beserings beswyk,” het lt. Olebogeng Tawana, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê. “Dit bring die dodetal nou op 15 te staan.”

Maroela Media het vroeër berig die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn bakkie vol passasiers ʼn taxi op die N18 tussen Taung en Magogong getref het. Twaalf persone is op die toneel dood verklaar en ʼn 13de persoon is daarna by die hospitaal oorlede. Lees meer hier.

Altesaam 24 mense het die ongeluk oorleef.

Die 59-jarige man wat die bakkie bestuur het, is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Hartswater verskyn.

“Die bestuurder van die bakkie staan nou tereg op 15 aanklagte van strafbare manslag,” het Tawana bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.