‘Hatfield se domste dief’

motorsleutels

Argieffoto.

Die polisie in Hatfield, Pretoria, het ’n man wat in ’n motoris se voertuig gevind en in hegtenis geneem is, as die “domste misdadiger” beskryf.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 22-jarige motoris het Sondag sy motor in Burnettstraat in Hatfield parkeer. “Hy het sy motor probeer sluit, maar die afstandbeheerder het probleme gegee. Hy het sy motor vir ʼn paar minute verlaat.”

Volgens Weilbach het die motoris kort hierna teruggekeer en ʼn onbekende man in sy motor aangetref. “Die motoris het koelkop gebly en die afstandbeheerder gebruik om die verdagte in die motor toe te sluit. Hy het die Brooklyn-polisie genader en die 33-jarige man is in hegtenis geneem.”

Die verdagte sou Maandag in die hof verskyn vir poging tot diefstal uit ʼn motor.

Weilbach het mense versoek om seker te maak dat hul voertuie wel gesluit is wanneer hulle dit met ’n afstandbeheerder sluit. Dit geld ook vir parkeerterreine waar daar beheerde toegang is. Motoriste moet los items in hul motor in die kattebak toesluit om grypvoorvalle en diefstal uit motors te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vygie ·

Straf “dom dief” swaar, want ‘n dief bly ‘n dief, dom of te nie… Maak ‘n voorbeeld van hom sodat hy sy dade kan oordink asook toekomstige dom diewe.. want feite is dat jou goed gesteel raak, dom of nie… jy sit sonder dit en jou swaarverdiende laptop word vir ‘n R100 of so rand verkwansel….

Jan ·

Daar is nog een met oor die 700 klagtes teen hom, glibberig, hulle kry hom net nie vasgevat nie.

Maklik ·

Maklik om te verklaar. Die dom dief het ook ‘n afstandbeheer gehad en met die druk van sy knoppie het hy verhoed dat die motoris sy voertuig kon sluit. Hy (die dief) was onder die indruk dat die voertuigeienaar gedink het hy het sy voertuig gesluit en sodoende nie verwag dat hy so gou sou terugkom. Die toesluit in die kar is egter nie gerusstellend want dit kan maak dat jy jouself binne toesluit met ‘n defektiewe, byv. pap battery, afstandbeheerder. Op die ou einde is die draai van die sleutel nog die beste en eenvoudigste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.