Hawelose kom op babalykie af

Argieffoto

Argieffoto

Die Navalsig-polisie in Bloemfontein is op soek na die ma van ʼn baba wie se lykie Donderdag deur ʼn hawelose man gevind is.

Konst. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het gesê die hawelose man het omstreeks 10:45 vir kos gesoek in Signalstraat in Hilton toe hy ʼn kitskospapiersak in ’n geel plastieksak onder ʼn boom gesien het.

“Hy het die sak oopgemaak en op die babalykie afgekom.” Volgens Ntsika het die man polisiebeamptes wat in die gebied gepatrolleer het in kennis gestel.

Polisiebeamptes is na die toneel waar hulle die lyk van die seuntjie gevind het. ʼn Saak van verberging van geboorte word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om konst. Teboho Makhethe te kontak by 072 447 7595 of konst. Teboho Letshabo by 078 067 1676.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rina ·

Gebeur so baie… 90% van die kere is dit n pasgebore baba wat weggegooi word en dan sterf.. ons as mens kan by die diere gaan leer..

petro ·

So onnodig, soveel mense wat nooit kinders van hulle eie sal kan he nie en ander gooi hulle net weg. “n Kind is ‘n groot vooreg en Ons Hemelse Vader leen net vir jou die kind om groot te maak in sy wee. Wie gooi dit sommer net weg????? Watter tipe mens is jy???

ja ·

Maar dan wil mense kla oor aborsies?? Ek dink glad nie dis reg nie maar soveel minder pyn vir die kindjie….. Daai kindjie het tien teen een in daai sak versmoor…. Wie doen so iets??? Dis siek man

Zuzu ·

Ek is eintlik spraaksloos… Dit skok my so dat mense dit kan doen!! Dis barbaars… nie eers diere maak so met hulle klein nie!

Marianne ·

Setting aborsies. Nee verplig meisies onder 18, vroue met 2 of meer kinders en ALLE SASSA TREKKERS om aborsies te he.
Wat gaan aan met die vroulije geslag??? Hulle kan nie vir hulself sorg nie maar tog gaan raak hulle swanger en maak hulle babatjies dan na geboorte dood of gooi hulle WEG.
NEE MAN!
GAAN VIR ‘n WETTIGE ABORSIE SO MAKLIK EN PYNLOOS SOOS ‘n TAND SE TREK.
Die Regeering kan en moet nou intree en optree!!!!!

Fiefie ·

Marianne

‘n Vrou raak nie op haar eie swanger nie, daar moet gewoonlik ‘n man ook betrokke wees. En nog ‘n ding, Aborsie is nie pynloos nie, op skool het hulle ons met fotos gewys wat tydens ‘n aborsie gebeur, die baba word in stukke opgesny, so moet jou liefs nie uitlaat oor hoe “pynloos” of watokal jy dink dit is nie. En nog ‘n ding, as ek kan bekostig om 5 kinders te he sal ek! Die vrou/mens is gemaak om voort te plant. Moenie kom se dat mense met twee kinders met die derde kind ‘n aborsie moet he nie… wie is jy om te besluit wie moet lewe of wie nie? Mense wat aborsies kry is moordenaars!

Anoniem ·

Ek dink dis beter om voorbehoeding te gebruik. Dan hoef jy nie ‘n ongebore baba te aborteer (vermoor) nie, of ‘n pasgebore baba weg te gooi nie.

Verskillende tipes voorbehoeding is gratis beskikbaar by staatsklinieke.

Marianne ·

Anoniem wanneer laas was jy by ‘n Staats kliniek??? Ek was Dinsdag daar…. Vir elke 2 meisies wat vir die Suster dit en wag by Voorbehoed is daar 20 reeds swanger meisies wat die Doktor moet sien of wag vir Antinatal care.
SKRIK WAKKER!!!!! Vermoor soos jy dit stel ongebore Baba’s as wat hulle na geboorte vermoor word!!!

Helien ·

Ja ek kan dit nie verstaan nie. Die persoon wat n kind wil he sukkel of kry nooit die baba wat hulle begeer nie. Die wat weer n baba kan kry gooi die baba weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.