Hawelose moor glo vriend oor brood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hawelose man van Bloemfontein in die Vrystaat het glo sy vriend met ʼn mes doodgesteek oor ʼn brood.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens inligting het die twee mans al lank saam op straat gewoon. Die twee was glo Donderdagaand saam in die middestad besig om te bedel op een van die straathoeke.

Volgens Marope het die twee mans glo stry gekry nadat die oorledene glo nie ‘n brood met sy vriend wou deel nie. Die vriend het glo ʼn mes uitgepluk en die ander man doodgesteek en weggehardloop.

Die oorledene is omstreeks 21:30 deur ʼn verbyganger gevind. Paramedici is ontbied en het die man op die toneel dood verklaar. Die oorledene is slegs geïdentifiseer as mnr. X. Shibane (29). Die polisie soek intussen na die verdagte. Enigiemand met inligting kan ao. Khaile Mathibela skakel by 082 779 8868.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Dis jammer om te dink tussen duisend mense is daar iemand wat so honger was dat hy n moord gepleeg het vir n stukkie brood en hier was hy letterlik honger nie onwettig n plek betree en dan gesê hy is honger nie. Ai, kon hy nie maar net vir iemand gevra het vir ietsie nie, ek is seker na n klomp “nee’s” behoort daar darem n helpende hand te gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.