ʼn Hawelose man het Vrydagoggend die lewe van ʼn 38-jarige man van Limpopo gered nadat hy byna in die see by Seepunt in Kaapstad verdrink het.
“Ooggetuies het omstreeks 08:30 alarm gemaak nadat hulle gesien het hoe die man, wat ten volle geklee was, in die see voor die Protea Hotel meegesleur is,” het Bruce Davidson, stasiebevelvoerder van Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Bakoven, gesê.
Reddingswerkers van verskeie instansie is na die toneel ontbied.
Intussen het Thembinkosi Gqotso, die hawelose man wat in die omgewing van Queens Beach woon, gesien die man is in die moeilikheid. Hy het tot by die man geswem en hom terug strand toe gebring.
Davidson het gesê die man het mediese behandeling nodig gehad. Hy is op die toneel gestabiliseer en deur ER24 met ʼn ambulans na die New Somerset-hospitaal geneem vir behandeling van byna-verdrinkingsimptome en waarneming vir sekondêre verdrinking.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê Gqotso is ondersoek, maar het nie mediese behandeling nodig gehad nie.
Davidson het gesê is dit nie duidelik hoe die man met sy klere aan in die see beland het nie. Hy is glo in Kaapstad vir ʼn konferensie.
Die NSRI en Seepunt se raadslid, Jacques Weber, het Gqotso geprys vir sy optrede.
Hulle se gee daai nan n bells.
ek se gee daai man n huis!
Dis ubuntu.dis erfenis.dis die gees wat kort in sa
Ek sekondeer! Geen hom eerder ‘n huis as kontant. Hy kan dit selfs vir sy kinders/familie nalaat as hy eendag na ‘n beter heenkome ‘verhuis’ (te sterwe kom).
Gee hom R10000-00 kontant. Gee elke mens wat so iets doen R10000-00 en dit sal meskien as motivering dien vir ander mense om ook goed te doen. Mens weet nooit…
‘Meskien’? Waar kom jy aan daai woord?
Die hawelose man verdien ñ werk en blyplek!! Dit is hartseer dat daar nog steeds hawelose mense in die land is! R700 biljoen se vermorste geld kon verhoed het dat daar haweloses is. Mnr die Hawelose, ek bid iemand help u om selfonderhoudend te kan word
Ek sekondeer dit!
Ja se ek ook. Hy verdien ‘n huis en ‘n maandelikse inkomste. Hy vat nie net nie, hy gee terug in die lewe. Glo die Here sal hom ryklik seen.
Maroela, laat my asb weet wat is fout met my kommentaar?
voorspoed christa, ek raak net so vies, dan is iets gepas, dan nie, en dan skielik weer. ek dink dis soos elke een die skof hanteer, wat vir my aanvaarbaar is is nie vir jou nie. hulle is baie wisselvallig. kom ons kyk of die een deurgaan, so nie stuur ek die berig en kommentaar sommer sosiale media toe.