Hawelose sterf in brand by substasie

Argieffoto: City Power

Tegnici en ingenieurs van City Power is besig om krag te herstel na Johannesburg se suidwestelike voorstede, soos Maraisburg, Bosmont en Relief, ná ʼn brand by ʼn transformator-substasie naby Newclare.

ʼn Hawelose is dood en nog een beseer in die brand wat na bewering ontstaan het toe die twee die substasie as slaapplek gebruik het, sê Isaac Mangena, City Power-woordvoerder.

Hulle het glo probeer om die MV-skakelboks oop te maak om van die materiaal daarin te steel toe dit ontplof en die brand laat ontstaan het wat die een hawelose se lewe geëis het.

Die polisie moes eers hul ondersoek op die toneel afhandel voordat City Power-tegnici kan begin werk om die krag na die geaffekteerde voorstede te herstel.

City Power wil mense waarsku teen vandalisme en om infrastruktuur as skuiling te gebruik aangesien dit tot beserings of die dood kan lei.

City Power het sy meegevoel aan die naasbestaandes van die oorledene betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.