Haweloses plak langs Madiba by Uniegebou

Die Uniegebou in Pretoria is nou ook die tuiste van etlike onwettige plakkers. (Foto: Verskaf / Leanne de Jager, DA)

Die Uniegebou in Pretoria is nou ook die tuiste van etlike onwettige plakkers wat tans in agt tente op die grasperk neffens oudpres. Nelson Mandela se standbeeld uitkamp.

Die eerste tent is reeds in 2017 deur Chief Khoisan SA, leier van die Khoisan, en sy volgelinge in die Uniegebou-tuine opgerig. Die Khoisan het destyds by dié erfenisterrein betoog om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om aan die Khoisan se griewe gehoor te gee.

Sedertdien is nóg tente deur haweloses uit verskillende gemeenskappe opgerig.

Chief Khoisan SA en Leanne de Jager by die Uniegbou waar hy al bykans drie jaar uitkamp. (Foto: Verskaf / Leanne de Jager, DA)

Leanne de Jager, DA-raadslid, het die Uniegebou Dinsdag besoek en sê dat die party uiters bekommerd is oor die toename in plakkers, asook die groot hoeveelheid rommel wat op die grasperke gestort word.

“Ons is onder meer bekommerd oor die gesondheids- en sanitasierisiko’s wat die situasie vir die Arcadia-gemeenskap, toeriste en besoekers aan die Uniegebou inhou.

“Hierdie tente het ’n permanente tuiste vir die Khoisan en ander hawelose mense geword. Daar is boonop geen sanitasie- of ablusiegeriewe nie.”

Volgens De Jager het Chief Khoisan SA boonop sy eie groentetuin aangelê en kweek hy glo sy eie dagga.

Die Uniegebou in Pretoria is nou ook die tuiste van etlike onwettige plakkers. (Foto: Verskaf / Leanne de Jager, DA)

“Die DA het simpatie met die nood en pleidooie van Chief Khoisan SA en sy mense. Die Uniegebou is egter ’n erfenisterrein en historiese baken wat as sodanig hanteer moet word.

“Dit is onaanvaarbaar en kan nie verder toegelaat word nie.”

Die DA het ’n beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp en ook die kwessie vir bespreking by die parlement ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Visentjips ·

Ja nee wat ek stem…maar ek dink hy mag dalk help met die registrasies wat so verkeerd gaan..

marius ·

Die ikoon en sy nalatenskap . Hoe ironies . Dit lyk egter in vergelyking met die res van die hool baie goed .

Aai ·

En daar sit hy sy lewe om begin iets bou of maak wat die land kan help moenie net daar sit en dat ander mense vir jou sorg.

Misky ·

Hy doen iets…… hy plant dagga. Dis mos nou wettig en die regering het die groen lig gegee

Dup ·

Hulle sal nie rus alvorens SA lyk soos pre Jan van Riebeeck se aankoms nie….

Kokerboom ·

Dis SA se vertoonvenster na die wêreld.vir die toekoms!!

Genis ·

Dit gaan oor die versuim van die staat om die Khoisan te erken as n amptelikke stam in SA… Doen n bietjie huiswerk voor julle oordeel… Die Khoisan Koning spreek hom uit teenoor korrupsie en moord, veral plaas moorde… Our people soek land verniet, maar die Khoisan mag niks kry nie, en wotrd nie erken nie…

Skillie ·

Jys reg Genis. Ramaphosa moes al lankal aandag hieraan gegee het maar dit gaan mos net oor “our peopols” hulle moet sommer op sy R30 miljoen erf in die Kaap gaan plak dan sal hy gou spring minderheids groepe beteken niks vir die kommuniste nie.

Anoniem ·

Belaglik verby. Verwyder hul van die perseel en stuur hul terug na vanwaar hul kom.
Dink hy nou vir een oomblik dat die huidige Regering aan enige van sy eiese sal voldoen. 3 Jaar lank al?

Aai ·

Hy gaan weer lekker geld maak as die toeriste weer in die land is.

Deon ·

2017… 2018 ….2019…2020….2021, geen dringendheid nie. Dis mos ons almal se gebou daardie, is dit dan nie?

Sarel ·

Waar is Malemma…Regering sal eers na die verkieding optree nie nou nie

Visentjips ·

Iemand skryf alreeds die draaiboek…sal seker wenner wees op ‘n internasionale filmfees

Jannie van Niekerk ·

Sjuut Jannie! Hou jou mond dig toe . Netnou word jy teogesluit vir rassisme.

Visentjips ·

Hulle is nou daar…laat hulle asb. klasdraf met geskiedenis as hoofvak….

piet ·

Die tente lyk beter as plakkershutte. Dis eintlik ongelooflik dat so iets toegelaat word. Eintlik ‘n belaglike storie.

Johanncb ·

“En kweek hy glo sy eie dagga”! Hoe lekker lag ek nou!

Visentjips ·

Dra asb. jou masker…..die dagga gaan nie help nie…gaan tog te jolig by daardie kampie

agnes ·

Dis tog verregaande, skandalig! Dat die regering dit toelaat is onaanvaarbaar. Wat se regering is dit? Skaam julle om ons liewe land so af te takel. Kyk hoe lyk ons stede en dorpe se agteruitgang sinds hulle aan bewind is. Ek skaam my om ons land aan besoekers te wys. Tog is ons so afhanklik van buitenlandse besoekers! Asb! Doen iets aan hierdie gespuis ANC regering .

Belinda ·

dis nou goeie nuus, dis n goeie beeldstelling van wat die nuwe suid afrika gebring het. hy word opgehef asof hy God is, maar kyk net die nalatingskap wat hy het. Eks bly dis sommer by sy beeld. kan ek kom boom rook saam die oom

Blomme ·

Plakkers het ook nou regte.. Die munisipaliteite mag nie hulle verwyder nie. Hier in ons dorp wou die munisipaliteit die onwettige plakkers verwyder.. Hul op hul beurt weier en so word dit ń regsgeding.. Die hof beveel dat indien die munisipaliteit hul vd grond verwyder hul die mense van alternatiewe verblyf moet voorsien.. Ook moes die munisipaliteit aan hulle watertenke en sanitêre geriewe verskaf. Hulle is nou nog daar tot groot frustasie vd inwoners…. Dis die storie van ons oulike demokratiese landjie… Almal vat wat hulle wil hê en intussen verkrummel ons regsstelsel. So hartseer wat met ons mooi land aan gebeur is.

anko ·

Om te dink die Uniegebou en tuine was eens ‘n prestige plek om te besoek. Goeie Griet waarheen is RSA oppad. Als gaan tot niet en word verwaarloos. Geen respek en dissipline meer nie

Danie ·

My jinne en ek wonder die heeltyd waar ek gratis kan gaan kamp gedurende desember.
Met n bykomende voordeel, gratis daggawalms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.