Hef ramptoestand nóú op – Wes-Kaapse premier

Premier Alan Winde.

Die Wes-Kaapse premier sê Suid-Afrika se ramptoestand moet nou opgehef en werk geskep word.

Alan Winde sê die kruin van die vierde vlaag van die Covid-19-pandemie in die Wes-Kaap is agter die rug en die provinsie verwag ʼn voortgesette daling oor die volgende paar weke. Hoewel die getal gevalle en die positiwiteitskoers hoër was as tydens die tweede en derde vlaag, is minder mense in hospitale opgeneem en sterftes het ook betreklik laag gebly.

Die Wes-Kaap se gesondheidsorgstelsel was nie in hierdie tyd onder geweldige druk nie en die provinsie het nie eens nodig gehad om sy veldhospitale te heropen nie.

“Daar is onomstootlike data dat ons die vermoë en kapasiteit het om Covid-19 sonder ʼn ramptoestand te kan bestuur en dit is nou tyd om ons optrede te normaliseer,” sê Winde.

Volgens hom benodig die land nie meer die rampregulasies nie en die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, moet dit laat verval.

“Die nasionale regering het oorgenoeg tyd gehad om alternatiewe bestuurstelsels, benewens ʼn rampafkondiging, in werking te stel. Ek het reeds in Oktober verlede jaar gevra dat ʼn plan bekend gemaak word waarvolgens die ramptoestand opgehef kan word.

“Lede van die publiek en die ekonomie kan nie langer wag nie.”

Winde sê daar moet nou gekonsentreer word op ʼn tweede pandemie – werkloosheid – wat ook lewens eis.

“ʼn Werksgeleentheid is ʼn kans om van armoede te ontsnap. Dit is die beste manier om misdaad te bestry. Dit voorkom hongersnood en verseker kinders kan gesond grootword en ʼn leer van geleenthede bestyg. Ons moet die pandemie met dieselfde energie en geesdrif beveg – en die Wes-Kaapse regering beoog om dit te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Die ramp toestand moet dadelike op gehef word. Want dit word as n dek mantel gebruik deur sekere mense om wan orde te saai. Die president moet dadelik weer volle beheer kry.

Baardman ·

Die president het nog nooit volle beheer gehad nie. Hy is n “puppet” van sy eie kaders.

Carolina ·

Die President???!!! Regtig! Hulle is verantwoordelik vir die toestand!

Zandra ·

Ons weet dit al van 2020 af dat werkloosheid n groter pandemie is as die griep

krodedil ·

Wat se ramptoestand? Niemand volg meer die reels en regulasies nie. Al minder begin ook maskers dra. Die gewone man op staar begin besef hulle het die hef in die hand, nie ander om nie.

Johan ·

Die regulasies saai wel nog verwoesting is sekere sektore en veral die masker nonsens in die skole moet dadelik gestaak word. Dis nou net wreed.

Stefan ·

Wat is die doel van n masker dra?by n eet plek stap jy met n masker in maar sodra jy gaan sit is hy af,jy vat n masker na n kuier plek toe maar die ding bly in jou sak,in pick and pay of n checkers hang die helfde van die mense se maskers op hul ken.????‍♂️

Marius ·

Die ramp toestand was wêreldwyd ingestel om ekonomië te knak en grootskaalse werksloosheid en armmoede tot stand te bring.

Scroobs ·

Jy kan gladnie vir Alan Winde vertrou nie. Hulle is besig met hulle eie agenda, glo my . Ek kry sy mediavrystellings. Hy speel met die publiek. Hy is 1 vd eerstes wat vra vir “mandatory vaccinations” en bly nuwe entstasies oopmaak. Hy kry geld, baie…maar dit is slegs my afleiding na aanleiding van al die nuusverklarings via my media-agent.

Esme ·

Ek weet nie meer wie om te glo nie… Een oomblik is almal vir almal ‘n bedreiging en die volgende oomblik moet alle wetgewing aangepas en opgehef word. Nogal ironies, dat Mnr Winde hierdie voorstel so vroeg in Januarie gemaak het – so net na die heerlike somervakansie en net voordat die Duitsers die Kaap besoek.

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit besighede moet seerkry en toemaak en bankrot speel as gevolg van inperking en radikale ekonomiese transformasie. Dis seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. Maar as al die ANC se lekkerkry oor die “val” van wit besighede nou oor is, weet hulle dan dat die swart werkers van daardie gewese wit besighede net so werkloos is soos die gehate gewese wit besigheidseienaars? Hoe dan nou? Daardie werkloses swartmense is tog nie ook skuldig aan die misdaad van apartheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.