Heftige reaksie op Cosatu-rassedreigement

Tony Ehrenreich. Foto: sowetanlive.com

Tony Ehrenreich. Foto: sowetanlive.com

Die vakbond Solidariteit en die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het Donderdag heftig reageer op Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu en ANC-raadslid van Kaapstad, se uitlatings dat almal daarby sal baat as meer as die helfte van wit senior bestuurders in dié provinsie afgedank word.

Luidens ‘n berig wat Donderdag in die Cape Argus publiseer is, het Ehrenreich gesê wit mense se diens sal “binne ʼn jaar” beëindig moet word indien die ANC die verkiesing in dié provinsie wen.

Die berig lui onder meer: “Hulle [blankes] moet hul eie besighede op die been bring. Hulle is in staat om dit te doen omdat hulle die netwerke asook die geskiedkundige infrastruktuur het wat daarvoor nodig is.” Lees meer hier.

Volgens Solidariteit is sy uitlatings van alle waarheid ontbloot, en is daar slegs ʼn paar honderd senior bestuursposte in die Wes-Kaapse provinsiale regering terwyl daar meer as 600 000 werklose mense in die provinsie is.

Piet le Roux, woordvoerder van Solidariteit, het gesê deur die rassekaart uit te pluk, het Ehrenreich nou getoon dat sy argumente opgeraak het. “Dit is slegs ʼn poging om die aandag af te trek van die regering se voorgestelde regstellendeaksie-regulasies wat veral bruin mense in die Wes-Kaap gaan benadeel. Ehrenreich se plan om ʼn paar honderd wit staatsamptenare af te dank, saai slegs rasseverdeelheid en gaan nie die benarde posisie van bruin en swart werklose mense in die Wes-Kaap oplos nie. Cosatu se lidorganisasie Popcru het selfs Solidariteit se aansoek namens bruin werknemers van die departement van korrektiewe dienste (DKD) teengestaan.”

Le Roux sê na raming is daar slegs sowat 400 top- en senior bestuursposte in die Wes-Kaapse provinsiale regering. Indien Ehrenreich reg is dat sowat 57% van die poste deur witmense beklee word, beteken dit dat sy plan om 50% van senior wit amptenare af te dank, slegs sowat 114 poste vir mense van ander rasgroepe beskikbaar sal stel.

Die VF Plus het op sy beurt gesê die toekenning van “Nar van die Week” gaan vandeesweek aan Ehrenreich. Die party het verlede week die “eer” van “Nar van die Week” aan sportminister Fikile Mbalula toegestaan vir sy uitsprake oor raskwotas in sport. Lees meer hier.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor arbeid, het gesê sulke uitsprake is ongrondwetlik en ‘n bewys dat Cosatu ware rassiste is.

Hy het gesê indien die VF Plus in ‘n opposisie-koalisie in die Wes-Kaap regeer, sal dié party toesien dat Cosatu se greep op die ekonomie in dié provinsie gebreek word sodat ware ekonomiese groei kan plaasvind wat almal, en veral die bruinmense en Khoisan, van armoede kan bevry.

Volgens adv. Alberts is Ehrenreich se verdere uitlatings dat “sonsondergang-klousules” wat werk aanbetref nie meer bestaan nie en dat die voortgesette voorkeur vir wittes wat werk aanbetref stopgesit moet word, skokkend rassisties.

“Die VF Plus sal aanhou veg dat meriete in die werkplek moet geld, ongeag kleur. In ‘n koalisie-regering in die Wes-Kaap sal ons ook toesien dat wit en bruin nie onderwerp word aan die ANC-regering se kwotas in die werkplek wat op die nasionale demografie gegrond is nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Babs ·

Moet asb nie ‘n nar so beledig nie. ‘n Nar het verstand – Ehrenreich sit op syne.

Demokraat ·

Die wittes moet hulle eie besighede begin omdat hulle glo die geskiedkundig infrastruktuur het aldus Tony Ehrenreich.

En Tony, die anderskeuriges het al 350 jaar blootstelling aan die wittes se vaardighede en kundigheid en kon tot vandag toe steeds nie voorbeeld neem en iets daarmee doen nie. Noudat hulle die landsregering moet bestuur, maak hulle ‘n gemors daarvan en ondergrawe goeie regering met korrupsie, bevoordeling en swak bestuur – verder breek hulle die eertydse infrastruktuur af en laat toe dat die massas swartes steeds in armoede leef. Goeie standaarde swig onder barbarisme en demokrasie moet plek maar vir Afrika-outokrasie en diktatoriale regering.

Nee Tony, moenie die kundigheid verdryf nie – gebruik dit tot ‘n goeie samelewing en tot ‘n vooruitstrewende en stabiele RSA.

monique ·

Het alberts nie geweet as blankes hul eie besigheid begin..moet hy n swart vernoot he nie…wat n grap…wie die laaaaaste lag….lag die lekerste..en as jy dom is is jy dom….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.