Heidelberg-ryloper beroof, verwurg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ryloper se liggaam is Vrydagmiddag in die Glenroy-omgewing naby Heidelberg gevind nadat hy vermoedelik verwurg is.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder vir die polisie, het aan Maroela Media gesê die man, vermoedelik in sy veertigs, het saam met ʼn tweede ryloper vanaf Evander in Mpumalanga geryloop. Die twee het mekaar glo nie geken nie, maar bloot langs die pad ontmoet.

Die twee rylopers is later deur mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het in ʼn silwer Nissan Sentra opgelaai.

“Daar word beweer dat die twee in die motor in gedwing is, waar hulle van hul besittings beroof is. Die een man is verwurg terwyl die ander deur die sogenaamde polisiebeamptes bedwelm is,” het Tshilate gesê.

Die verdagtes het lank met die twee rylopers rondgery voordat hulle die man en die liggaam van die oorledene in ʼn afgeleë gebied afgelaai het. “Die man kon daarin slaag om tot by die pad te kruip waar ʼn boer in die omgewing hom later gevind en hospitaal toe geneem het,” het hy gesê.

Die oorledene het ʼn blou oorpak aangehad met die naam “Sasol” op, ʼn swart broek, wit T-hemp en swart pet. Tshilate het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat moontlik die oorledene kan eien om die Heidelberg-polisiestasie by 016 341 5175 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Dis so amusant om te sien dat velkleur net tel by o.a. aansoek vir werk maar hier waar dit dringend noodsaaklik is moet dit verswyg word.
Dit klink ook in die hoofopskrif of die persoon van Heidelberg kom maar inderwaarheid van Evander.

Eish! ·

Jip, se ek ook. Is dit ‘n swart, geel, wit person? ‘n Indier, chinees, swartman, wit man, portugees of wat? Dit kan help met uitkenning. Lengte, haarkleur, oe kleur ens>>>>>>>>>>>>>>>>

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.