Heining deurboor man wat val

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n 30-jarige man het Dinsdagmiddag kritieke beserings opgedoen toe hy op ʼn palissade geval het terwyl hy ’n palmboom op die Intaka-eiland in die middel van die Century City-uitbreiding in Kaapstad gesnoei het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 14:20 die man ondersoek nadat hy met ’n boot deur plaaslike veiligheidswagte van die eiland gebring is tot waar paramedici hom kon behandel.

Die skerp punt van die heining het met die val die man se bors deurboor en afgebreek en paramedici moes noodgedwonge die stuk verwyder waarna hy gestabiliseer moes word.

Die man is later na ʼn private hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

Dit is in dié stadium nog onduidelik wat tot die voorval gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter J ·

As ń mens bokant ń pallisade heining moet werk hang jy ń paar ou buitebande daaroor. ń Veiligheidsharnas wat aan die boom vas was sou ook gewerk het. Wat is sy toesighouer se verskoning oor hoekom hy so onveilig gewerk het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.