Heining deurboor man wat wil oorklim

’n Gedeelte van die palissade moes afgesny word om die man te bevry. (Foto: Netcare 911 / Shawn Herbst)

’n 43-jarige man is Maandag ernstig beseer toe hy oor ’n palissade by ’n huis in Durban-Noord in KwaZulu-Natal probeer klim het en in die proses deurboor is.

Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê nooddienswerkers is kort ná 02:00 na die huis ontbied waar hulle die man op die heining aangetref het.

Volgens Herbst woon die man in dieselfde straat, maar behoort dié huis aan ’n ander gesin wat hom nie ken nie.

“Met die nooddienste se aankoms op die toneel het die man onderstebo gehang met die skerp punte van die palissade diep in sy onderlyf gepen.

“Hy het oënskynlik probeer om oor die palissade te klim toe hy geval het en deurboor is.”

Herbst sê ’n gedeelte van die palissade moes met behulp van die eThekwini-nooddienste en ’n Netcare 911-tegnikus afgesny word om die man te bevry.

“Die man het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal geneem is.”

Dit is onduidelik waarom die man oor die palissade probeer klim het.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, is die voorval nie by die polisie aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Misky ·

Hulle wonder hoekom hy oor die palissade wou klim….. dink ons almal weet en was nie om tee te drink nie

Niklaas ·

Hy wou dan net werk soek by daardie huis se eienaar , niks anders nie…

Vonkprop ·

Ek moet sê daardie palissade werk. Ek en my vriend het krieket in die agterplaas gespeel en hy slaan die bal oor die heining. Ek klim op die heining om beter te sien waar die bal dalk kan lê. Ek besluit toe om af te spring en met die afspring toe haak die palissade se punt onder my broek in en ek hang vir genade daar. My vriend het in daardie oomblik weggekyk en toe hy weer kyk is ek net weg min wetende ek hang aan die heining vir die hele wêreld om te sien. Dit is nou 20 jaar later en lag nog steeds oor daardie dag. So ja kan definitief palissade aanbeveel as ‘n flytrap.

Baardman ·

My goeie genade, die rede hoekom hy oor wou klim is om te moor en te roof. In curfew tyd. Hy wou verseker nie n night cap gaan drink nie.

Alet ·

Wat ek wonder is hoe het die huismense geweet hy is daar? Honde geblaf? Alarm afgegaan? Mede tee drinkers die nooddienste gebel?

Mads ·

Een van die dae word ons dalk ook verbied om sulke skerp pallisades te hê….?!

Hoekom ·

02H00 in die oggend, hy wou sekerlik net seker maak die mense in die huis is veilig en so aan…Hoekom dan anders sal jy daardie tyd oor iemand anders se palisade wil klim?

Klipkop ·

Hy het seker soos daardie Natalse oud rugbyspeler wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is, ook net per ongeluk oor die verkeerde heining geklim, want dit was laat en hy kon nie sien nie. Ai tog!!!! Die verdomde rassiste wat sulke gevaarlike heinings opsit sal aan die pen moet ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.