Hekke na Kruger deur betogers versper

kruger-wildtuin-paul-kruger-hek

Die Paul Kruger-hek. Foto: http://greater.krugerpark.co.za/

Minstens twee hekke na die Krugerwildtuin was Dinsdag ontoeganklik weens mense wat teen swak dienslewering betoog op paaie wat na die wildtuin lei.

William Mabasa, SANParke se woordvoerder, het in ʼn kort verklaring die betogings bevestig. “Gaste van die Kruger Nasionale Park word hiermee in kennis gestel dat die Paul Kruger- en Phabeni-hekke ontoeganklik is weens betogings op die R40 van Hazyview na die Paul Kruger-hek. Die hekke word tans afgesper,” lui die verklaring.

“Die Numbi-hek is ook ontoeganklik weens betogings op die R538. Gaste word aanbeveel om tot verdere kennisgewing van alternatiewe roetes gebruik te maak, bv. die Malelane-hek, om die wildtuin binne te kom of te verlaat.”

Dié betogings kom kort voor die skoolvakansie wat Woensdag begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Yebo ·

YES daar speel nog iets binnekort bankrot want as die TOERISTE nie daar kan in nie . en moet vrees vir hulle lewens gaan die bietjie wat daar aangaan ook binnekort tot ‘n einde kom . so VERNIETIG die massas alles . want hulle KAN!!

Amelia ·

Ons gebruik al vir jare nie meer hierdie hekke nie. Voel net nie veilig om daar deur Hazyview te ry. selfs kampe te naby aan grensdraad is nie meer veilig. Arme buitelanders het nie ons instinkte vir gevaar nie. Sanpark moet mense aanraai om suidelike hekke te gebruik en hul veiligheid verseker. Mens betaal vrek baie om daar te bly!

snoefie ·

weereens word veiligheid gyselaar gehou vir n gemeenskap se hebsug. word hulle nie geleer mens…
betaal vir dien nie?
betaal vir land nie?
betaalvir huise nie?
betaal vir skoon lopende water nie?
betaal vir elektriseteit nie?
betaal vir skoling nie?
WELKOM IN WITMENSLAND!

Paul ·

Ons woon in die omgewing, hierdie gebeur elke nou en dan op pad na die Orpenhek, Phabeni en Numbihek deur Nkuhul nedersetting.

Boeta ·

Kan nie verstaan kry so 10.000 oud soldate met die ou weermag opleiding bewapen hulle soos daai tyd en ontplooi hulle by die problem areas en sien daar

ASkies ·

Whaaaaaaa terwyl ‘n majoor skreeu “steek witmense se oe uit”, dink jy die weermag met sulke majore gaan die swartmense keer om onskuldige lede van die publiek aan te val en dood te maak en met klippe te bestook en hulle uit die karre te ruk, te vermoor en hulle karre uit te brand . WATTER WEERMAG???

Hansie ·

ASkies, Boeta het gesê oud soldate. Ek sal volunteer daarvoor!!

Piet Snot ·

Het toevallig vanoggend met my vrou gepraat om daar vakansie te gaan hou.
Dalk nie so ‘n goeie idee nie.

Paul ·

Piet, ons woon in die omgewing en het nog nooit probleme by Phalaborwa-hek of hier in die suide by Malelane-hek ervaar nie, ook nie Krokodilbrug nie. Op die pad na Orpenhek was daar in die verlede nie veel probleme nie. Die paaie na die hekke in die berig hier bo genoem, gaan almal deur nedersettings.

Hanna ·

En so word die wetsgehoorsame burgers weereens gyselaar gehou… Belaglik! Weermag bestaan net in naam, so dit sal niks help om hulle in te roep nie.

Opinie71 ·

Waar sal die polisie of weermag nou die onskuldiges beskerm? Hulle word mos net ontplooi om ministers en die Guptas op te pas.

Alida ·

Die weermag is so hatige op die blankes lees n vorige berig. Hoe sal hulle dan nou blanke toeriste beskerm?

Cherokee ·

Een belofte ten minste waarmee die ANC geslaag het – om die land onregeerbaar te maak. Nou byt hulle selfs die spit af. Dit het toe geboemerang.

snoefie ·

hulle het nooit besef hulle sal moet maai wat hulle gesaai het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.