Hekkwotas by wildtuin toegepas

kruger-wildtuin-paul-kruger-hek

Die Paul Kruger-hek. (Foto: SANParke)

Die Krugerwildtuin verwag baie besoekers op Erfenisdag en oor die naweek en sal om die rede streng daaglikse hekkwotas toepas.

Dagbesoekers word aangeraai om vooruit vir hul besoek te bespreek ten einde toegang tot die wildtuin te verseker .

Volgens Isaac Phaahla, woordvoerder vir die wildtuin, moet dagbesoekers reeds vroeg by die hekke opdaag aangesien diegene wat eerste daar is, eerste gehelp sal word. Besoekers kan ook vooraf bespreek deur 012 428 9111 te bel.

“Die prosedure is dat sodra die daaglikse kwota bereik is, slegs mense met besprekings toegelaat sal word. Daar is ’n moontlikheid om meer mense toe te laat as daar mense is wat die park verlaat, maar mense kan nie op die proses staatmaak nie, aangesien dit kan beteken dat hulle vir ure lank in die tou staan, maar uiteindelik steeds nie die wildtuin kan binnegaan nie.”

Dagbesoekers wat vooraf bespreek, moet ’n nie-terugbetaalbare deposito van R46 per volwassene en R23 per kind betaal om hul toegang te bevestig. Dagbesoekers met voorafbesprekings moet op die spesifieke dag voor 13:00 by die betrokke hek wees aangesien hul bespreking hierna sal verval.

“Besoekers word ook herinner aan die reëls en voorskrifte van die wildtuin, met die klem op veral rommelstrooiing, die spoedgrens, oor die uitklim uit motors en geraas. Verder word besoekers se aandag ook weer op die Covid-19-reëls en ‑voorskrifte gevestig, alhoewel ons nou volgens vlak 1-riglyne werk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

Twintig jaar terug het niemand nodig gehad om ons te maan teen geraas en strooi van rommel nie. Ek wonder wat het verander.

Johann ·

En die oor be”volking” van die kampe? Lekker ge ocupy tydens Lockdown en nou BLY hulle? Volgende brand hulle die veld af!

Niklaas ·

Eintlik is die KNP nie te aangenaam as jy deurgans groot getalle mmense en motors sien. Veral tussen kampe as jy aankom by hordes toeriste in motors by ‘n toneel van een van die Groot 5.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.