Heksejag ná ‘selfmoord’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde Oos-Randse vrou en haar familie moes Woensdag van ʼn woedende groep inwoners gered word oor ʼn skynbare misverstand.

Clifford Shongwe, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het Donderdag gesê sowat 100 mense van die Etwatwa-gemeenskap, oos van Benoni, het omstreeks 16:30 na die vrou se huis opgeruk en gedreig om dit af te brand.

“Die gemeenskap beweer die vrou beoefen heksery. Hulle het haar daarvan beskuldig dat sy haar dogter vermoor het,” het Shongwe gesê.

Die polisie en metropolisiebeamptes is ontbied om te probeer om die situasie te ontlont. “Daar is toe vasgestel dat die vrou se dogter glo vroeër selfmoord gepleeg het. Sy word Saterdag begrawe.”

Die familielede is na verskillende plekke geneem vir hul veiligheid. Die oorledene se tweejarige dogtertjie is in haar pa se sorg geplaas.

Kalmte is intussen herstel en die gemeenskap het vreedsaam uit mekaar gegaan.

ʼn Geestelike leier gee berading aan die familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Krokodil ·

Dis gewoonlik die toordokter van die gemeenskap wat ‘n “heks” uitwys sodat die skare nie op hom draai nie.

John ·

Die Donker Middeleeue is met ons …of so tweeduisend jaar vroeer?

Sarie ·

Sekere gebruike & sienings, sal nòòit verander nie…. Heksery, die Voorvader-geeste & die Tokkelossie, is maar 3 daarvan… Iemand kan die hoogste pos denkbaar beklee & steeds in hierdie dingr glo & hul vertroue daarin plaas…

Jean ·

Wanneer gaan ons verlos wees van hekse en voorvadergeeste en toordokters wat mense vermoor vir muti? Van wanneer af is iemand ‘n heks met hierdie bonatuurlike magte? Die aantygings is so vals, maar as ‘n klomp mense opgesweep is, glo hulle enigiets. Nie lank terug nie is ‘n KIND wreed vermoor omdat hulle besluit het sy is ‘n heks? Hoe kan enigiemand so wreed wees? Wie besluit jy is ‘n heks?

Kiepie ·

Kom, waar is al die wat so roep vir “mob justice”? Laat hoor bietjie van julle.

Liewe Heksie ·

Dit is nie so vergesog nie. Ek moes onlangs my dogter uit ‘n puik skool in Mpumalanga uit haal, omdat sy nie meer in die koshuis kon bly nie. Kamermaats het gekla sy is “demonies” Ek het aan koshuispersoneel en skoolhoof probeer verduidelik dat sy aan ‘n slaap steurnis ly wat haar in haar slaap laat praat. Hulle het gese hulle kan dit nie aanvaar nie, en dat sy ‘n moontlike gevaar inhou vir haar kamermaats…..

Verklaring ·

Is Dit Wat die ou regering ons teen gewaarsku of wou beskerm het?

marlene ·

Ek wonder baiekeer hoeveel mense word onskuldig so uitgebrand en vermoor deur mob justice, of omdat ‘n groep mekaar opsweep en glo iemand is ‘n heks, of wat ookal. Dis eintlik skrikwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.