‘Heksmoordenaar’ agter tralies

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 31-jarige man van KwaZulu-Natal is vandeesweek in die Durbanse hooggeregshof tronkstraf opgelê nadat hy ʼn man wat hy van heksery verdink het, lewend verbrand het.

Volgens kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, is Mzuyana Mzi Mntambo Maandag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan moord en brandstigting.

Mntambo het op 9 Februarie verlede jaar die slagoffer, Xolani Khomo (51), in die Umlazi Glebe-informele nedersetting aangeval.

“Hy het na die slagoffer se huis gegaan en hom van heksery beskuldig. Hy het daarna Khomo se huis aan die brand gesteek terwyl die slagoffer in die huis was,” het Naicker gesê.

Khomo het ernstige brandwonde regoor sy lyf opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

Die polisie het ná ʼn deeglike ondersoek Mntambo se blyplek opgespoor en hom op 15 April 2014 in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anesta ·

Dis lekker, 15jaar vir moord…. Na 3jaar is hy weer n vry man

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.