Helen Zille amptelik geskors

helen-zille-da-op-flickr

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die DA. Foto: DA/Flickr.com

Die federale uitvoerende raad van die Demokratiese Alliansie het Woensdagoggend met ʼn meerderheidstem besluit om Helen Zille van alle partyverwante aktiwiteite te skors totdat haar dissiplinêre verhoor afgehandel is.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het gesê die skorsing tree onmiddellik in werking.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag voorgestel dat Zille ʼn kennisgewing van skorsing moet ontvang, waarna sy 72 uur gehad het om redes te verskaf waarom sy nie geskors moet word nie. Ná die raad Zille se redes oorweeg het, het hulle amptelik die besluit geneem om haar te skors.

Die dissiplinêre verhoor begin Vrydag, 9 Junie 2017.

Die raad het saamgestem dat Zille se uitlatings op sosiale media en in die publiek, wat met kolonialisme verband hou, die publiek se vertroue afbreek, Suid-Afrika se versoeningsbeleid beperk en die DA se “politieke projek” ondermyn.

“Daar is geen twyfel nie dat Zille se oorspronklike uitlatings op Twitter en gevolglike regverdiging daarvan ons reputasie skade berokken het. Ons woon in ʼn sensitiewe demokrasie wat beteken dat ons openbare verteenwoordigers ten alle tye sensitief moet wees tot die regmatige woede wat persone steeds oor ons verlede en die nalatenskap daarvan ervaar,” het Selfe gesê.

“As ʼn voormalige leier en ʼn lid van die federale uitvoerende komitee, het Zille ʼn spesiale plig om die party se belange te beskerm en die party se missie te bevorder om ʼn nie-rassige, inklusiewe demokrasie te bou. Zille se uitlatings is teenstrydig hiermee.

“Maimane het alles in sy vermoë gedoen om die saak op te los. Sy vorige pogings, te goeder trou, was tot dusver tevergeefs. Hy het Zille versoek om ʼn volledige verskoning aan te bied vir haar optrede.

“Zille het egter geweier om die behoorlike stappe te doen om hierdie saak op te los. Haar voortgesette kommunikasie oor die saak berokken steeds skade vir die party,” het Selfe bygevoeg.

Hy het dit benadruk dat Zille steeds haar rol as premier van die Wes-Kaap beklee. “Daar is nie ʼn verdeling tussen staat en party nie en die skorsing het nie enige impak op haar rol in die regering nie. Die saak hou slegs verband met haar posisie in die DA.”

Lees alle vorige berigte oor Helen Zille op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

Danie ·

Jip, verseker het hulle my stem verloor. Geweet dis net n kwessie van tyd.
Tyd dat daar van die DA dieselfde voorbeeld gemaak word as van Spur.
Ons kan as ons wil!

Piet Snot ·

Ryan, hulle noem dit die “Tirannie van die Liberalis”.
Ek sal jou reg om van my te verskil, tot die dood verdedig. Maar kom dit by toepassing van daai pragtige beginsel, beter jy dink soos ek dink, anders val ek jou sonder ophou aan.

Gert ·

Dis n maklike som nes met spur
Skors heleena: verloor 2mil stemme
Skors haar nie: verloor 10mil stemme.

Callie ·

Ek waai ook. Dis die ANC se rassistiese beheptheid wat wat wil hê politieke korrektheid is belangriker as die waarheid. Die DA word al vinniger net nog ‘n ANC.

Gerhard ·

Ek stem saam. Baai baai DA. Ek stem liewer vir ‘n spul kroeke as ‘n spul tweegesig huigelaars.

Kaspaas ·

OK… ek sien in ander nuus die Britse Leeus het hulle wedstryd verloor in NZ

Andile ·

Rugby en krieket is altyd belangrikkers as ons veiligheid of toekoms en beslis meer belangrik as black sash Helen. Dit word in die Prostitusie gewaarborg deur wigte en teenwigte en om die rede het ons als hiervoor veruil. n Wyse besluit.
Wat sal ek nie gee om oor hight tee die aangeleenthede met black sash Helen te bepeins nie.

Richard ·

Lyk my dis tyd om maar van party te verander, asof daar nie genoeg ander goed is op te fokus nie hou die DA hulle hulself op met sulke snert.

Petrus ·

Zille se uitlatings dat kolonialisme nie slegs negatiewe nalatenskap het nie is bewysbaar. Enige een met ‘n gebalanseerde beskouing moet dit tog kan insien.

Die DA se blinde ideologiese en ongebalanseerde optrede bewys maar net dat hulle finaal besig is om in ‘n tweede ANC te ontaard.

Hartseer.

Piet ·

Stem heeltemal met jou saam, Petrus. Die waarheid mag nie gesê word en wil “hulle” nie hoor nie. As daar klinklare bewyse gegee moet word hoef ons net na die geskiedenis van die afgelope 21 jaar te kyk. Van die goeie wat daar was is niks meer oor nie.

Rozanne ·

Ja!! Ek stem. Sy moet haar eie party begin saam met Steve Hofmeyr. Image dan hierdie land van ons?!!

Koos1 ·

Nee Hellen, moenie jou eie party begin nie, daar is genoeg partye!
Sluit net by die regte een aan asb.

Eps ·

Die DA is soos ‘n verkleurmannetjie wat van kleur verander om homself van die oppervlak vermom. DA is swart wanneer dit by die massas kom en pikswart wanneer hul iets vir witmense moet doen en sien en verstaan nie ons ware geskiednis nie. Hoe kan mens veroordeel word as jy die ware geskiednis oor vertel. Dit lyk my lieg is die regte ding om te doen in die land. Ons almal weet hoeveel mense vermoor was, maar op die ou end het almal onder mekaar getrou en aan beweeg. Geen wonder die land is in skerwe nie want daar word te veel op die verlede gekonsentreer eerder as om vorentoe te beweeg en die land ‘n beter plek vir almal te maak. Mens moet aan beweeg en die verlede los waar dit hoort.

KarenG ·

Nooit gedink ek sal dit se nie, maar ja wat, dink ek gaan maar ‘n ander party oorweeg. Dis asof die DA nou ‘n voorbeeld van haar wil maak. Ek al so goed keelvol vir al die politieke gemors in die land.

Nuil Skaam ·

Soos n hond wat sy eienaar byt. Zille – you made your bed… Meng jou met die semels.
Ek kan aan nog vele idiome dink, maar die feit van die saak bly staan – Zille het die fout gemaak om te dink dat die res van die land soos ons dink, oa oor ‘colonialism’ . En met ons bedoel ek blankes. Haar poging om die DA se kieserskorps na nie-blankes toe te verskuif, hoewel suksesvol, het ongelukkig met n prys gekom. Een wat sy nou moet betaal. Die feit van die saak bly staan dat ons as buitelanders in ons eie land geag word (en ons weet hoe vriendelik wêna teenoor outsiders is)
Ons het net mekaar.
Staan sterk en staan saam.

WP ·

Laat my dink aan die storie van die rivier,die padda en die skerpioen…

Magda ·

Nuil Skaam.. sy was nie verkeerd nie, kolonialisme het nie net slegte dinge gebring nie, ongelukkig weet die massas nie wat kolonialisme beteken nie. Danksy kolonialisme ry jy vandag op teerpaaie, ens.

Leendert ·

Die realiteit is dat die DA se groei is in die swart mense en hul aspirasies geseltel, daarom neem hulle die ANC se beleid aan. Hulle is nie gepla of hulle wit stemme verloor nie, want hulle kan nie aan die wit mense se aspirasies voldoen nie, soos taal, regstellende aksie afskaf, gelyke indiensneming, ens, ens, ens, hul swart kiesers sal dit ook toenemend nie toelaat nie.

Dit het vir hulle ‘n bonus geraak dat die wit mense vir hulle stem. Hulle het nou ‘n berekende besluit geneem en of hulle die wit mense langs die pad verloor, gaan geen verkil maak nie.

Dus het die wit mense of dit nou Afrikaans of Engels is, by ‘n kruispad gekom en sal hulle moet besluit waar hulle tuis hoort. Begin NOU aan jou en jou kinders se toekoms bou, dat jou stem gehoor kan word in die parlement en daar waar dit saak maak, in die kommitees. jou stem gaan net verlore raak in die DA, dit is ‘n gegewe.

Cherokee ·

Dit is egter so dat sy verraai word deur selfs die wittes in haar party met James Selfe, Tony Leon en ek waarskynlik ook John Steenhuisen en dies meer as voorbeeld. Ek hoop egter dat al die DA-lede wat hierbo sê hulle gaan vir ‘n ander party stem se keuse sal val op ‘n ander swart party en dat hulle nie VF toe sal wil draai nie. ‘n Liberalis kan nie eensklaps konserwatief word nie.

sug ·

Chrokee baie waar, laat Helen haar eie party stig, dan kan die libs saam haar gaan

Dirk Jan ·

Ek stem 100% saam met jou Leendert. As Mmaine net werklik eerlik met homself kan wees dan sal hy moet erken dat Zille n’ wit meulsteen om die DA se nek is wat die swart ANC kiesers verhoed om vir die DA te stem in 2019. Maar raak hulle ontslae van haar…….. dan weet ons wat verwag kan word. En dis soos jy dit so mooi stel, ons blankes kan langs die pad maklik verloor word want ons is eenvoudig te min en mense…. ons het nog steeds nie geleer om saam te staan nie.

John ·

Dit wys net watter klug politiek eintlik is. Waarheid is skynbaar nie baie belangrik nie, maar om die regte ding op die regte tyd vir die regte mense te se en veral die regte medium te gebruik, anders is dit klaarpraat met jou. Vervelig verby en dan word die narre nogal ‘n goeie salaris betaal ook.

Bert ·

Die subteks van die hele debakel is dat wit mense (kolonialisme) die onnoembares is. Ons is besmet. Wit vernedering klim nog ‘n trappie.

Bert ·

“There was truth and there was untruth, and if you clung to the truth even against the whole world, you were not mad” George Orwell

Ons is nie mal nie Helen Zille, dit is hulle.

chrisp ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat DA stemmers nou verbysterd is terwyl hulle vir baie jare die ANC beleid deel. Dit is oor en oor deur my en baie ander hier gese en aan die DA maroela-stemmers gedeel en nou verstaan julle nie?
Maar glo my gerus daar gaan nog baie vir die DA aanhou stem met die swakste verskonings denkbaar om dan net weer verstom te staan in die toekoms.

Party mense leer werklik nooit nie.
Die DA was en is en sal nooit vir jou wees nie. Besef dit nou asb!

Kollie ·

VF+ het ook nie ‘n probleem met regstellende aksie nie. Groenewald het dit openlik erken toe hy op RSG gepraat het.

Cherokee ·

So, nou moet ons dit glo bloot omdat jy so sê sonder om na enige aanhaling te verwys.

chrisp ·

Het dit nie gehoor nie sal graag wil.
Indien hulle dan ook soos die DA die ANC se beleid gekaap het laat weet asb dan soek ek ‘een wat die naaste aan my siening is.
Ek is nie behep of getroud aan enige party nie slegs my beginsels.
Stem vir die party naaste aan jou beginsels as dit die ANC se beleid is stem DA. Hulle sal die gekaapte beleid beter toepas maar moet nie vir hulle stem as jy nie die ANC se beleid ondersteun nie .Dit maak van jou ‘n huigelaar.

Andrew ·

Dit was van die begin af duidelik dat Mmusi nooit enige verskoning gaan aanvaar nie. Hy het vooraf besluit Zille moet geskors word – sy voortydige persverklaring dui daarop. In my opinie kan Zille dit in ‘n hof aanvoer en kan sy slaag met onbilikke arbeidspraktyk eis.

Wat meer kommerwekkend is, is dat die DA alles oorboord gooi vir ‘n politieke malemeule. Alles wat die wit man ooit gedoen het is verkeerd en sleg – dis mos hoe die ANC dit wil siem en Maimane glimlag lekker saam.

Die DA moet my asseblief wys watter bestel in die geskiedenis van die mensdom het alles verkeerd gedoen (of dan geen positiewe nalatenskap gelaat nie). Verdomp mense, erken vir ‘n slag dat daar ook goeie goed nagelaat is anders breek julle alles net af om dieselfde ding weer op te bou met Gupta geld of voer mense van ander lande in om dit namens jul te doen.

Indien die DA ‘n nasionale verkiesing sou wen, moet almal nou alles gaan brand en breek net omdat dit deur die vorige bestel godoen is, hetsy goed of sleg. Die DA bestuur tree nou net so op soos die mal leier van daar in die ooste – hulle gebruik net nie lugafweer kanonne om hul “generaals” ‘n les te leer nie.

Stem saam ·

EkSelf(e) voel ook soos julle in voorgaande kommentare.

Jakobus ·

Die wit mense gaan toenemend raak soos bywoners in die land (hul eie land).

Cherokee ·

Dit kan so ‘n interessante debat op die verhoog bring as een van die konserwatiewe parlementslede, met Pieter Groenewald as voorbeeld, die Maimanes en kie sou vra presies waarmee hulle in Zille se bewering oor kolonialisme, verskil en op watter gronde. Ek is verbaas dat Zille self dit nie doen nie. Miskien kan sy dit nie doen nie want dink ek, sy het verskoning gevra daarvoor. En as sy verskoning gevra het daarvoor, stem sy nie meer saam met haar self nie……..sluk daai ene, DA-lede!

WP ·

Jou mentaliteit is die hoof rede hoekom niemand tyd mors om vir vf te stem nie. Die gesê ek wens julle leier kom kaap toe. Baie tyd vir hom.

WP ·

Dit is hoekom al die mense met ‘n bietjie verstand kaap toe trek. Wakker word. Een van die dae is dit net jy en die bergies in PTA

Johan. H. ·

Ta Ta da, en spur . Hoop julle leer jul lesse uit hierdie geskiedenis, Ons Afrikaanertjies is baie naief.. Leer tog jy kan niemand vertrou nie, Alhoewel ek met haar saam stem…Maak jou rug reguit en moenie kniel voor hierdie lot wat jou eintlik maar misbruik het. Vf+hier kom ek,,,

Cherokee ·

Nee..! Bly by die DA! Ons by die VF is konserwatief en ‘n liberalis bly ‘n liberalis.

Adam ·

Cherokee, ek dink teen die tyd is dit algemene kennis dat ek agting en begrip vir jou opinie het, ongeag ons verskillende politieke geskiedenis. Die groot probleem in die DA is dat hulle soos ‘m Multiplex polis alles wil dek, Blankes, wat jare terug vir die “konserwatiewes” gestem het. het DA toe gehardloop in die hoop dat daar iets soos ‘n sterk, oorwegend blanke party kan ontwikkel, instede van om by hulle politieke oortuigings te bly en die VF+ ondersteun het. Die DA moes dus vanaf die gematigde swart lid tot die “konserwatiewe blanke lid gelukkig hou. Toe die DA swart stemme begin jaag het hulle hoofsaaklik “gegriefde” ANC lede bygekry, wie besef het die DA bied vir hulle ‘n platform vir vinnige politieke opgang en daarmee saam ‘n stewige tjekkie. Dit het wat beleid aanbetref tot ‘n Babelse verwarring gelei. Huidiglik is die balanke stem minder belangrik vir die DA as voorheen en die pas daarvan versnel. Die hantering van die Zille sage is bewys hiervan en binne 10 jaar sal die DA ‘n swart dominante party wees.

Tinktinkie ·

Cherokee, geen probleem- ek wil in elk geval nie vir dieselfde party as JY stem nie! Jou alewige “slim” kamtige belese en berese kommentaar irriteer my!!

Hendrik ·

Onthou nie te gaan stem is ook ‘n opsie…of sal dit jou ‘n slegte SA Burger maak?

Cherokee ·

Adam, ek hou van die manier waarop jy die motivering van die oorspronklik konserwatiewe kieser analiseer. Kruks van die saak egter is dat die konserwatis oorspronklik Nasionaal gestem het en die mees liberale party was die Progresiewe Party. Die Nasionaliste het met veragting gepraat van die Progge maar toe verander die Progresiewe Party van Helen Suzman die party se naam na Demokratiese Aliansie en dit spog met Zille as nuwe leier. Skielik stem die nattes vir die progge wat toe DA geword het. Konserwatisme was dus ‘n vals front. Een van die groot probleme in politiek was nog altyd dat onkundiges en ingeligte kiesers se stemme ewe veel tel. En dat mense nie vir ‘n beleid stem nie maar hul kruisies trek soos die kollegas by die werk en bekendes in hul vriendekring sê hulle moet doen.

Moeg vir suid afrika ·

Snaaks genoeg dat ander partye uitlatings maak van hoe die grond gesteel is,plaasmoorde,rasse haat en gruwelike dinge word kwyt geraak en die DA swyg in stilte.Dis ñ skande!Nooit weer sal my kruisie daar getrek word nie.

Slim ·

Dit gaan verseker baie stemme lok by die massa middelklas. Dalk n slim politieke exit van Zille… D.A tot nou gesien as ‘Te wit’ .Ek kan nie dink dat sy per ongeluk iets oor kollonialisme kwyt geraak het.

Willie ·

Zille het haar hele lewe vir demokrasie gegee en gedoen. Nou is haar siening polities verkeerd.. Wat n teleurstelling vir haar en haar aanhangers. Moenie die politiek vertrou nie. Zille is steeds ondergronds besig. Sy was nog altyd n kopseer. Ek bid maar net !!!

Hiskia ·

On the “Spur” of the moment lyk dit vir my asof die DA ook by ‘n Spur-moment gaan bereik.

Callie van der Merwe ·

Die DA verdien geen regdenkende mens se stem nie! Helen se twiets het nie vir my oor wit en swart gegaan nie. Ongelukkig is Maimane en Selfi tweegesig jakkalse! Slaap op jul bed!!!!

Cherokee ·

DA-lede, julle bewonder ‘n vrou wat tydens Umkhonto we Sizwe bomplanters moorde op blankes gepleeg het met winkelbomme en stasiebomme, gewapende ANC moordenaars in haar huis weggesteek het. Nooi haar om ‘n ander party te stig en volg haar. Ons wil die VF suiwer hou.

Pieter Streicher ·

Dit is ‘n bewys dat die DA ons as blanke kiessers nie meer belangrik genoeg ag nie en nie omgee of hy al die wit voters verloor nie. Hierdie gaan nie regtig oor Helen nie maar meer oor Miamane se plan om van Zille ontslae te raak. Hy het net gewag vir ‘n geleentheid. Hierdie wys Miamane en die DA se ware kleure. Hulle gee nie om of hulle al die wit voters verloor nie. Enige een wat nog hierna vir die DA stem moet sy kop laat lees. Daardie persoon gee nie om vir reg en geregterheid nie. Dus is daar duidelik geen verskil meer tussen die DA en die ANC nie. ‘n vote nou vir die DA is net so goed soos ‘n vote vir die ANC.
Dankie Miamane dat jy ons nou jou ware kleure gewys het. Ons Sal maar van voor af begin soek vir ‘n poletieke party wat die waarheid nastreef en nie ‘n tweegesig party is nie. Persoonlik het ek al my respek for Miamane verloor. Nooit weer stem ek vir die DA nie.

Schalk ·

Pieter, hoe ver gaan ons soek vir so n party? Die handvol witmense wat voel die DA het die wittes verraai, gaan geen verskil in watter party ookal maak nie. Ons is dood eenvoudig te min. Ek het van dag een af gese dat daar geen verskil tussen die ANC en DA is nie, dit vat net soms lank vir mense om dit te besef. Maar soek vir iets beter sal ons maar moet soek.

JB ·

En so word die DA swart opposisieparty.
Dankie Helen, hierdie bus waaraan jy so hard gewerk het ry baaaaie lekker. Jy kan nou maar afklim… Die res sal later verwilderd afspring.
Ek kry haar jammer. Ek dink nie eers ‘n hardebaarde politikus soos sy kon in haar liberale gemoed hierdie geveinsde verraad voorspel nie. Fariseërs, witgeverfde grafte. Daar kan uit so ‘n leuenagtige spul niks goed voortspruit nie.

Domvraag ·

Wat het Zille so gesondig. Kolonialisme het struktuur, kennis, vooruitgang, tegnologie en welvaart gebring. Die armste land in Afrika is Somalia wat nooit gekoloniseer was nie. Hipokrate geniet die vrugte van kolonialisme soos paaie,treine,motors,telefone,universiteite,skole,hospitale ens en dan die ergste hul gebruik die taal Engels van die Kolonialiseerder en sy alfabet om te skryf. So nie alles van kolonialisme is sleg nie. As ons kolonialisme wil verwerp dan moet ons alle paaie opruk, vervoermiddels brand,hospitale en skole platslaan en sommer ook ons huise. Dan moet ons die westerse klere en skoene uittrek en kaalvoet met net n beesvel aan mee loop. Dan moet ons rekenaars en papier brand en net mondelings kommunikeer en nie in engsls nie. Brand ons geldnote en begin weer ruilhandel en vernietig damme en waterpype dan kan ons almal met n kalbas op die kop water gaan haal en so kan ek aangaan en bewys dat kolonialisme nie net sleg was nie en oja geen christelike geloof wantcdit het met die kolonialisme gekom. Nou vra ek was alles sleg of is ons tweegat jakkalse wat alles wat kolonialisme gebring het geniet maar moet tog net nooit die woord kolonialisme gebruik nie .
Mmusi het ook mos op sosiale media iets ongeoorloofs gedoen na aanleiding van die doodkis insident en was hy geskors daaroor?
Dit lyk asof die geskiedenis hom herhaal. Jy kan nooit sekere mense vertrou of is dit n domvraag

Fires ·

kader selfe en kader maimane het gepraat Helen, ‘you are the weakest link, goodbye”

dirk L ·

mens kan maar net hoop daar ontwikkel nog politieke partye, veral met mense soos Zille wat deurwinter is. Politiek is maar n lelike spel. Al wat op die einde tel is stemme teen misdaad , korrupsie, ens. Ek glo BEE en regstellende aksie gaan ‘n knou kry. Dit het sy volhoubaarheid verloor in die oseaan van korrupsie. Die meeste mense is ook gematig en verafsku hierdie regering se doen en late.

Mielie ·

Wel nou weet ons wat gaan van die Weskaap word……going down down down…..die donasies gaan opdroog en dan gaan almal weer by ANC aansluit of JM gaan septer swaai.

Snoepie ·

Die probleem hier is die volgende; Die DA moet dis meerderheid gelukkig hou (en ons amal weet wie is dit) die meerderheid het aanstoot geneem. En dreig om oor te gaan na die ANC. Om een te verloor is seker beter as hordes. Onthou net, as jy nis stem nie. Gaan jou stem elkgeval vir die ANC

Yohan ·

Min wit mense toyi-toyi; hulle spur-spur eerder. Dis amper erger en die DA-DA gaan dit voel waar dit die seerste maak.

anton ·

Verduidelik asb. vir my hoe my stem vir die anc gaan as ek nie stem nie? Want ek stem nie saam met jou nie snoepie!

chrisp ·

Anton ek/ons het al oor en oor ook die een verduidelik.
Hulle verstaan regtig nie.Maar soos ek daar bo gese het ,die mense sal nog aanhou stem vir die DA met die swakste argumente denkbaar om later net weeer verbaas te staan .Net soos nou.

Nettie ·

@Anton – ek stem saam met jou oor die ding wat mense sê ‘n “onuitgebronge stem gaan vir die ANC” – hoe kan my stem, wat ek nie stem nie – vir enige ander party gaan? Ek het nie my kruisie langs die geel-groen-en-swart getrek in ’94 nie en ook nie (vir die laaste keer) in ’99 nie. Die ANC is nie my party nie en Zuma is nie my president nie. En ek het ‘nee’ gestem in die laaste referendum. Punt, einde van die saak: my stem, is mýne. Dit behoort aan niemand, tot ek (dalk, maar waarskynlik nie) weer my kruisie op ‘n stuk papier trek.

Koos1 ·

Kom ek verduidelik dit vir julle. Jou stem gaan nie fisies na die ANC nie, maar hier werk ons met persentasies. As 10 mense kan stem en 5 stem ANC en 5 vir oposisie partye is die mos 50% stemme vir elk. Nou as 10 kan stem maar 5 stem ANC en 3 stem vir die oposisie en 2 stem nie dan is dit 5 uit 8 stemme vir die ANC (62.5%) en 3 uit 8 vir die oposisie (37.5%) . So die 2 stemme wat vir die oposisie verlore gegaan het, het indirek die ANC se persentasie versterk!
Dit is presies wat met die ANC gebeur het in Jhb, Pta en NMM. Hulle het minder stemme gekry want minder mense het gaan stem, en toe die metros verloor.

Cherokee ·

Anton, ek het die Snoepies meer kere al uitgedaag om daardie stelling te bewys en dan bly hulle stil. Dit is een van ‘n menigte wolhaarstories wat versprei word sonder om dit te probeer uitpluis.

Domvraag ·

N Stem vir opposisie kanselleer n ANC stem. Deur nie te stem is ANC meerderheid groter. Setels op persentasie toegeken. Deur nie te stem beteken n stem vir ANC

Rupert Ashford ·

Nouja dobbelsteen gerol. En hulle strompel lomp van een fout na die volgende. Probleem vir wit kiesers is hulle word verswelg in die massas met nasionale verkiesings en die DA reken sinies hulle kan in 2019 meer swart stemme wen agv hierdie aksie as die wittes wat hulle verloor. Hulle reken ook die wittes het nerens anders om te stem nie en meeste sal maar dikbek aanhou vir hulle stem na dese. Wittes se stem is slegs belangrik in plaaslike verkiesings en die is nou vir eers verby.

Ashlee ·

Die ANC klap hande, nee hulle juig!! Hoe meer daar gesinspeel word om om die DA nou onder die bus te gooi (soos met Spur) hoe sterker word Zuma en party. Hierdie is n totale muishond van n ander kleur, en daar is niks, maar niks wat die blanke Suid-Afrikaner hieraan, die keer kan doen. Wys maar weereens hoe onbelangrik, hoe verdwaal ons volk geraak het. n Perdeby, veel sterker, groter as n mier, kan binne n oogwink deur n horde miere verswelg word.

Stefan ·

Ons almal weet dat kolonialisme baie voordele ook gehad het. Die punt hier is dat geen party gaan groei of ooit noemenswaardige impak gaan hê op die SA politieke landskap sonder swart steun nie. Zille se uitsprake doen die DA meer skade as goed. Sy striem dus groei wat nou nodig is met die oog op 2019. Ek moet dus hierin Maimane se kant vat. Hy is die leier en hy moet deur die meerderheid van die kiesers as sodanig gesien en respekteer word. Dit is sy geleentheid hierdie on te wys day hy nie Helen se lakei is nie. Haar stelling is dalk reg, maar sy doen dit verkeerd.

Rats ·

Anton. dis hoe dit werk, omdat die ANC die hoof party is.

As jy nie stem nie gaan jou stem na die anc toe omdat hulle dit vir hulle neem, dit werk so in elke land in die wereld, dis hoe dit ook gewerk het met die NP voor 1994 en nou daarna ook dis algemene kennis, gaan vra maar vir enige politieke party VF+ ingesluit, as jy dit nou nog nie weet en verstaan nie dan sal jy nooit nie

anton ·

Rats, dit kan nooit so werk nie!!!
Hoe kan jy iets vat wat ek gekies het om neutraal te hou en wat nie aan jou behoort(anc)
Om buite stemming te bly is n persoonlike keuse en moet beskou word as n neutrale stem.
Eerstens stem ek nie na 1994 nie want ek ”erken” nie die huidige regering nie en ek was ook nie deel van die wat hulle daar geplaas het nie!
Na 1994 sou die blankes nooit weer n kans staan om sy stem te kan laat tel nie.
Al sou al die blankes vir dieselfde party stem sou ons geen kans staan nie. Terloops sal dit nooit gebeur nie. Ons kan nie saamstaan nie!
Maak die somme. 4 miljoen teen 45 miljoen.
Ek kan meer uitbrei maar dit daar gelaat.

Smurfie ·

Ek hoop dat amal wat kla (en glo my; ek kla saam) gestem het in die verkiesing. Want as jy glad nie gestem het nie, het jy nie die reg om te kla nie. Ons moet eerder saam staan en die ANC uit stem

Cherokee ·

Van watter verkiesing praat jy? Ek het gestem in die algemene verkiesing omdat ek vir ‘n konserwatiewe party kon stem, maar het nie gestem tydens die munisipale verkiesing nie omdat ek in ‘n Engelse stad woon en die party waarvoor ek sou stem, was ne verteenwordig nie. My gewete laat my nie toe om DA te stem nie en dus het ek buite stemming gebly.

Susan ·

DA jul het ñ stem verloor. Jul het verkeerd opgetree. Daar het Baie goeie goed uitvorige regering gekom 1 van dit was om Mandela vry te laat en apartheid af teskaf. Nuwe regering. Kry ons net resessies.

danie ·

Sy is lank al nie meer die leier nie, sy dien haar tyd uit as primere. As ons tussen die lyne lees klink die hele storie vir my na n , ons het ons leier vas gevat wat gaan julle met julle sin doen. Ek dink alle partye lei ons as mense om die bos.

nannie ·

Maimane kan rassisties aanmerkings maak teen wittes en hy kom niks oor nie.
Zille het lekker saam gedans en nou is sy aan die hakskene gebyt.
Stem lankal nie meer vir die DA nie.

Jacques Venter ·

Nannie
Wanneer het Maimane rassistiese aanmerkings teen blankes gemaak?

Vissie ·

Jacques , MMusi het op twitter genoem dat wit mense doen inkopies en swart mense moet werk. Dit maak hom glo woedend. Daar was niks van die D. A . Se Kant af nie.

Jacques Venter ·

Die skade wat Zille aan die DA gedoen het is onberekenbaar. Sy het die enigste party wat die ANC teenstaan kom staan en verdeel.
Nou skreeu so baie FF+, min wetende dat die FF+ kop in een mus is met die ANC.
Al ooit gewonder.waarom Zuma vir Pieter Mulder n adjunk ministers pos gegee het?
Dis veral op plaaslike vlak waar die ANC sterk op die FF+ staatmaak om die blanke stem te verdeel

Frik ·

Ongelukkig weet jy nie waarvan jy praat nie. Nie net Muller het pos gekry nie. Zuma het mense aangestel om hul kennis te gebruik. Gaan doen self ondersoek en sien hoe VF+ hulle teenstaan en dan sal jy nie sulke oningeligte bewsrings maak nie

Luiperd74 ·

Ja neh… skielik dink ek nou aan al daardie beeldmateriaal waar sy so vrolik staan en toi toi…

Ten minste het sy nou ook besef dat sy maar net ook ‘n toeskouer is met geen sê nie. Welkom by die res van ons “minority”.

sarahk ·

Helen Ziller moet maar eerder nog n politieke party begin ek sal haar beslis steun. Hierdie keer moet sy versigtig wees wie sy vertrou.

Siener van Melbourne ·

Helen, kapings is ‘n werklikheid in Suid Afrika. As dit nie jou motor is nie is dit jou party. Jou skorsing was nie afhanklik van jou redes wat jy aangevoer het nie maar wel n uitgemaakte saak van die begin af. As jy net lank genoeg kan uithou in Suid Afrika sal jy sien kolonialisme het niks positiefs teweeg gebring in Suid Afrika nie. Op die oomblik is daar egter nog tekens van kolonialisme se positiewe nalatenskap, maar dit sal gou verdwyn. Derhalwe sal die vorige benadeelde burgers nie insien hoe nadelig die huidige bedeling vir die toekomstige geslagte is nie. Wie weet wat die toekomstige leiers sal kwyt raak oor vandag se skurk bewind.

Jaco ·

Sal my nie verbaas as die Gupta’s ook in die DA of by Musi betrokke is nie. Hierdie hele storie is om die fokus van die Gupta sage te skuif. Guptas is die moderne “kolonialiste”. Hulle steel die land se hulpbronne en dra al die geld land uit met die regering se toestemming met die verskil dat hulle niks terug ploeg of ontwikkel in die land nie. Helen is nie verkeerd dat kolonialisme ook goed was nie en tot ontwikkeling aanleiding gegee het nie. Verskil is ons het met onafhanklikheid gesukkel , geleer en hard gewerk om dit vir onsself beter te maak en te groei terwyl dit tans net afgebreek word of weg gegee en geplunder word

Michael ·

Ek dink nog dit is ‘n briljante plan om seker te maak die DA wen die verkiesing in 2019 en vir al die wat nou nie gaan stem nie stem vir die VF+ die DA kan nie wen sonder om ‘n koalisie met die ander opposisie te vorm nie.

Jacques Venter ·

Zille het Maimane met n catch 22 situasie gelos.
Tree hy teen haar op verloor die party blanke stemme.
Tree hy nie teen haar op nie verloor hy swart stemme.
So Zille het dit goed gevind om terwille van haar ego, die party onherstelbare skade te berokken.
Haar grootste struikelblok is dat sy altyd die limelight wil hê

Ai ·

En daar gaan my stem … Maimane het sy hand oorspeel. Hy sal ook ‘n diktator soos Zuma word as hy aan bewind kom.

Chaparel ·

Ek lees nou so die kommentare van hierbo en dit wil my so voorkom dat baie van julle dink dat julle daadwerklik weet wat aangaan in die politiek.
Stig julle eie party op en wys ons hoe dit volgens julle wel moet gedoen word, die beste stuurman staan mos altyd aan wal.
Met bla bla bla bereik julle niks in die lewe nie dus sit julle woorde om in dade.

Johann ·

Ongeag of die mense weet of nie, die streep is in die sand getrek. En dit is nie vir hulle nodig om te weet wat in die politiek aangaan om te besluit vir watter party hulle stem nie. Of die DA nou nie anders kan as hy wil groei en eendag bestuur van die land wil oorneem nie, is nie waaroor dit vir hulle gaan nie, maar om vir ‘n party te stem wat hulle aan glo en wat hulle kan sien en ERVAAR, dat daardie party, hul belange op die hart dra. Veral diegene wat dit erns met hul taal, indiensneming, BEE, ens, ens, het, hul grondwetlike regte as Afrikaanssprekendes nie misken word nie, en hulle ook nie uit die ekonomie geweer, of dit vir hulle aspris moeilik maak om deel te neem nie, maar as hulle dit wel toelaat, op HUL terme.

Die Volk sal moet besluit, die volgende algemene verkiesing is om die draai. En ek sien baie mense het nou agtergekom hoe die wind waai.

Siener van Melbourne ·

Chaparral, jou veroordeling van mense se opinies laat die indruk jy weet die beste? Gelukkig gaan dit hier oor mense se opinies, reg of verkeerd.

Andre Cornelissen ·

Dit gaan nie by Zille oor ego ,limelight en skade aanrig nie.Sy het onwrikbare beginsels wat sy nie ter wille van politieke korrektheid oorboord gooi nie.
Dis tyd dat iemand wat teen haar optrede is vir ons die nadele van kolonialisme hier op Maroela Media skriftelik lys.Dit kan dan debatteer word.

Koos1 ·

Wat doen Zuma as iemand sy posisie bedreig? Hy werk hom uit (Gordon?). Wat die Mmusi as iemand sy posisie bedreig?
Ironies genoeg het ek nou die dag ‘n stuk op MM gelees waar gesê word dat die blankes oor sowat 60-80 jaar heeltemal gaan verdwyn in SA oor imigrasie(jong mense) en afsterwes (ou mense).
Die DA en Spur kry dit vinniger reg.

Jacques Venter ·

Frik
Ongelukkig is my antwoord aan jou uitgehaal. Vertel my asb waar die Ff+ die ANC tee gegaan het.

Dirwou ·

Die waarheiid het nie verskoning nodig nie .Wat het Musi in Zambie gaan soek Hy is nie eens die land seleier nie.Goed hulle het hom weg gejaag.Hier is genoeg goed om op te konsentreer

Afrikaanse Knaap ·

Dankie vir al tannie se moeite en insette in SA. Ek hoop tannie kan elders waardeer word.
Mmusi het met sy twiets al gewys, teenstrydig aan die Bybel, sal hy die eerste klip gooi.

Susan ·

As Zille moet gaan, voel dit my daar het niemand oorgebly wat die witmense en die kleurlinge verteenwoordig nie. Die DA het nie vanself tot stand gekom nie. Zille en Patricia de Lille het die party opgebou. Noem dit modernisering/kolonialisme, maar moenie die dam onder die eend uitruk nie. As ons nie vir die DA stem wat defnitief die ANC op hul herrie sou gee nie, vir wie stem ons dan om die ANC uit ons land te kry?

Johann ·

Dit wat jy sê is baie waar, kyk maar effe boontoe wat ek so 52 minute gelede gesê het, ek is bevrees Maimane het die DA gekaap. Ons sal nou vorentoe sien hoe dit in die Wes Kaap gaan, en hoe hy die beleid met dit wat hy in die res van die land toepas versoen. Zille en DE Lille het die dinge daar aanmekaar gehou. Ek is bevrees, as hy sy beleid, wat dieselfde as die ANC s’n is, bv betreffende indiensneming, BEE, taal, ens, die mense misken en bv bevordering soos wat die ANC dit in die Gevangenisdiens gedoen het, gaan hy ook die Bruin Mense vervreem.

Nettie ·

Nee wat, @Susan, vergeet maar van die ANC uit die land kry deur vir enige politieke party se verteenwoordiger te stem. Enige een wat dink dat enige verkiesing sedert ’94 eerlik en regverdig was, lewe op Wolkie No. 99 (Cloud 99) – die ANC was, die ANC is en die ANC sal wees; as hulle nie genoeg ‘stemmers’ voor die tyd kan invoer vanuit Zim, Mosambiek en ander Afrika-lande nie, sal hulle die die verkiesings kook. Tannie Helen moet maar seker die VF+ gaan ‘join’, maar ek dink hulle is té wit, té Afrikaans en té Pro-Boer vir haar, andersyds moet sy maar haar parlementêre periode uitdien en dan saam met haar man by die see gaan aftree …… SA is in elk geval in sy kanon en die Wes-Kaap vinnig oppad soontoe, met die spul ANC-stemmers wat nou ingevoer word en brande wat gestig word in alte-bekende rykmans-buurte en wit dorpe, so ja ……… Die Skrif is seker maar aan die Muur vir die blankes?

Darius Els ·

Zille was n Black Sash voor 1994,toe leer sy dans om stemme te kry.
Ons afrikaners bly maar dof,lees so as jy nie verstaan nie:
Glo FW wat land uitverkoop
Glo Zille n voormalige linkse (black sash)
Glo Maimane ,niks anders as oppertunionis
Glo VF+, vinnig vergeet wat ou KP aangevang het.
Verlaat ons waardes en norme , terwille van”vrede”
Amper vergeet glo kortbroek van Schalkwyk, FW tipe.
Kan nog noem my woorde word beperk ,MM
Selfs PTA FM is verdeel in 2

Groot vraag bly: WAAR IS PINK FRIKKIE,SY GRIEK,
DIE KASSIE ROOIWYN WAT HY WIL UITVOER EN DIE FLOU BOKKE? weet nie of daar rerig bokke is wat ander kleur as groen,geel en wit is nie,so FLOU SAL HULLE BLY.
Soos voor 1989(toe PW weg is) maak ons soos die ander volke toegedoen het tw:
Inisieer boikotte oorsee
Doen jou bes om toerisme tot n stiltand te bring
Koop net by jou mense
As cANCer dit gedoen het oor jare, do unto them they did to us.
Ek sal my nie deur die baie sogenaamde slimmes op die blad at ompraat nie.Tenminste het ek politiese ,volkekundige en bstuursopleiding.Ek weet tenminste my ervaring kom van geleerdheid af en slimmigheid wat gedroom oor word nie

Realiteit ·

Mmusi het die laaste ruk lekker hande geskud en hand om die blad met Malema geloop.
Ek is seker hulle deel ‘n paar ideologiee.
Wonder wat dink Mmusi se wit vrou van die rassisme teen wittes.

James ·

Nou as dit dan sodanig verkeerd is om na die goeie dele van kolonialisme verwys, hoekom maak die “spul” dan gebruik van die kolonialistiese uitbreidings: spoel toilette, boorgate, spoorlyne, motorkarre, en…en…en…

Nie alles van kolonialisme was positief nie (dit verstaan ek), maar om die baba saam met die badwater uit te gooi, dui op absolute idiotisme (as daar ooit so ‘n woord is).

Ek hoop nou vir eens en vir altyd die spul blankes wat so gedwee agter die DA aangeskarrel het, se oe gaan nou vir eens en vir altyd oop. Dit sal ALTYD ‘n geval tussen wit vs swart wees. Daar sal NOOIT versoening kom en wees nie – gaan kyk maar na die res van die wereld, dit is niks nuut nie. Dis ‘n globale verskynsel. In die oe van die swart man is daar nie plek vir die blanke nie; nie in die regering nie, nie in SA nie, en nog minder in die DA. Die blanke is net “verkrag” ten einde stemme te kry. As die DA gekry het wat hulle wou, dan word die blanke, soos orals anders, uitgespuug soos ‘n opgekoue stuk kougom…

Sela!!!

Johann ·

James, die mense wil nie van die wit mense hoor nie, hulle wil nie van Jan van Riebeeck hoor nie, hulle wil nie van kolonialisme hoor nie, want almal van hulle het ook bygedra tot die vooruitgang van die land, en die swart mense het niks te wys nie. Ek dink DIT is waaroor hulle eintlik kwaad is. Hulle hoor net die heel tyd van die ander wat gedit en gedat.

Leendert ·

Ek sien James Myburgh, redakteur van Politicsweb, sê ons het grotendeels ‘n ras gesentreerde land met ‘n bende psigose geraak.

Anoniem ·

Ek kry julle DA-lefties jammer! Nou verbrokkel al die hoop wat die DA julle bied. Om DA te stem is dieselfde as om ANC te stem.

Stem DA, sit jou kind in ‘n Engelse skool en moet nie die Gelofte onderhou nie. As jy wil links wees, wees links in sy totaal.

Kom by Afrikaner volk, hou op om jouself te verraai!!

Thomas ·

Ag hoe kerm die DA linkses nou! Ons weet al lankal wat julle nou eers uitvind! Liberalisme het geen remme nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.