Helen Zille een van vier in DA-wedloop

Helen Zille.

In die politieke verrassing van die jaar het die voormalige DA-leier en Wes-Kaapse premier haarself verkiesbaar gestel vir die vakante posisie van voorsitter van die DA se federale dagbestuur noudat James Selfe uittree.

Die voorsitter van die DA se verkiesingskommissie, Désirée van der Walt, het aan Maroela Media bevestig dat daar tans vier kandidate vir die pos is.

Geen nuwe kandidate kan bykom nie, omdat benoemings reeds gesluit het. Kandidate kan wél onttrek.

Hulle is Athol Trollip (tans die DA se federale voorsitter), Thomas Walters (tans ondervoorsitter van die DA se federale dagbestuur) en Mike Waters (tans federale ondervoorsitter van die party).

Dit is belangrik om te besef dat hierdie nie ’n wedloop om Mmusi Maimane se leiersposisie is nie – dit is die meer administratiewe posisie wat James Selfe gevul het.

Die DA se federale raad sal Selfe se opvolger tussen 18 en 20 Oktober verkies.

In ’n verdere maar onverwante verwikkeling het die DA se tesourier, dr. Dion George, aangekondig dat hy al die tersaaklike finansiële state behoorlik deurgewerk het en dat Maimane niks verkeerd gedoen het wat die omstrede huur van sy huis of gebruik van ’n motor wat die maatskappy Steinhoff aan die DA geskenk het, betref nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Frik ·

Helen Zille, indien jy nog lus is vir die politiek, stig ‘n nuwe politieke party. Die DA is gedoem.

Kerneels ·

Maak dit ‘n Kaapse party wat werk vir ‘n konfederasie in die westelike deel van die land. Dan sal die VF+ ook moet toon in watter rigting waai hulle wind.

Frik ·

Die dag wanneer die VF+ ‘n plan vir afstigting op die tafel plaas stem ek vir hulle. Tot dan is hulle maar net ANC super lite.

aj ·

Helen … Helen … Helen!

Sonder Helen is die DA … wa?

Nêrens!

sweis ·

Frik ,Dr Groenewald het dit in die parlement direk vir Ramaposa gevra om regstellende aksie en diskriminerende wette te skrap,hy het ook gevra vir onderhandeling om af te stig ,dit is op rekord,die probleem is die afrikaanssprekende mense wat oningelig deur die lewe gaan en die DA aanhang.Ek beveel aan jy skryf vir hom of adv Alberts en vra hom om n petisie op te stel vir die onderhandeling om te begin en ek sal dieselfde doen.

Frik ·

Sweis, dit is nie nodig om briefies te skryf nie. Dis in elkgeval ‘n mors van tyd. Die VF+ moet afstigting ‘n missie maak, en aksies in plek kry om dit ‘n top prioriteit maak, binne en buite die parlement. Ramaphosa sal in elk geval niks doen nie. Tot dan sal ek nie vir die VF+ stem nie. Tans is die VF+ net ‘n klomp praters.

jaco ·

Wow! Waarom ALMAL wit??? Wat het dan geword van die DA se verbintenis tot regstellende aksie en BEE? Selfs die VF-Plus wat teen regstellende aksie is, is die DA 1 voor deur vir Peter Marais wat ‘n paar maande terug by hulle aangesluit het, ‘n parlementslid te maak.

Janneman ·

Peet, ek stem volkome saam. Nog meer, sy is ook die enigste politikus wat hierdie land op n wenpad kan plaas. Maar ons weet dat dit nooit sal gebeur nie.

Kolskoot ·

Sy moet n nuwe party stig
Die belasting betalers party
BBP dan sal jy n ding sien die mense wat die land staande hou sal Haar sterk ondersteun die DA is bad news Hellen n gebore leier moet namens haar eie party kan praat sy en Thuli Madonsela sal n goeie kombenasie maak laat die vrouens die mans in die Parlement pak sal my kla lag

Koos ·

Die demografiese verandering van die vergroting van Transkei en oorspoel van onrus en anargie in Weskaap is meestal Zille se skuld.
Sy veg nog steeds teen apartheid soos in die dae van die Black Sash.
Maar die Zombies gaan seker weer agter die fluitspeler van Hamlin aan hardloop.

Kallie ·

Koos, in ‘n sekere sin is jy reg. Die Wes-Kaap is redelik suksesvol in vergelyking met die ander provinsies. Daarom stroom die mense uit die Oos-Kaap daarheen op soek na ‘n beter lewe.

Ontnugter? ·

Het hulle toe uiteindelik besef dat ouens soos Moesie nie die pot mooi kan kook nie?

Marietjie Blignaut ·

Sy gaan hierdeur sorg dat sy verder verneder word. Het sy dan nog nie haar les geleer nie? Die meerderheid wat tans in die DA is, sal haar weer uithaal…..

KrokodilBotha ·

ANC lite spring nou rond op n warm dak. Is dit nou al weer die begin van DA forie. Desperasie is n teken , nie noodwendig positief nie. VF + dankie !

Waarheid ·

Dankie tog ek is nie deel van die DA en hierdie vrou nie.
VF bly maar die beste.
Hulle is nie agteraf pelle met die anc en eff nie.

HPV ·

Die DA is soos die SAL, SABC, Eskom, ens, soek alreeds ‘n reddingboei en gaan nog baie soek. Nee wat ek hou maar by die VF.

Attie. ·

Dit is baie duidelik dat die DA se tyd as opposisie in die land getel is. Arme Moesie probeer sy uiterse bes maar hoe langer hy bly hoe erger gaan die DA ly. Lyk of die linkse faksie van ANC kan saamsmelt met EFF en die regse faksie van ANC kan oorloop na DA. Die regse faksie van DA kan oorloop na VF+, die VF+ het nie twee faksies nie en gaan beslis baie sterker as vandag in 2024 aan die volgende verkiesing deelneem.

Petrus ·

Daar is lankal nie meer ‘n “regse” faksie in die DA nie. Die groep wat wel glo in ‘n liberale ekonomiese beleid sal eerder hul eie party stig. Daar is wittes en swartes in die DA wat so voel. Die VF+ bied geen politieke tuiste aan die groep nie.

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg, Petrus. Ons kan doen sonder liberale insypeling.

Kallie ·

Petrus, die mense hier verstaan nie mooi wat is die verskil tussen ‘n liberale ekonomiese beleid en ‘n liberale sosiale beleid nie. Dalk moet jy verduidelik. Die woord “liberaal” gee hulle koue rillings, maar dit beteken nie jy moet lang hare groei, dagga rook en ‘n boom loop soen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.