Helen Zille en Chester Missing in Twitter-oorlog

Conrad Koch en Chester Missing Foto: Werner Beukes/SAPA

Conrad Koch en Chester Missing Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Twitter-oorlog het tussen Helen Ziller, leier van die DA, en die buikspreekpop Chester Missing, oftewel Conrad Koch, uitgebreek na Zille glo gesê het Koch het ʼn veldtog teen rassiste van stapel gestuur om sy loopbaan ʼn hupstoot te gee.

Zille het vroeër die week in haar nuusbrief, “SA Today”, verwys na die sanger Steve Hofmeyr se hofaksie teen Koch en Missing.

Zille het gesê Missing het ʼn nasionale held en die “poster-pop for anti-racists” geword nadat hy die saak gewen het.

“But maybe the laugh’s on us. Chester knows there is nothing like a running battle with racists to send your career into orbit. Maybe he did a deal with Steve and Dan to share the royalties in perpetuity. Steve and Dan would know that’s what you do when your career needs a booster rocket,” het Zille in haar nuusbrief geskryf.

Missing het op Twitter vir Zille gesê dat hy en sy gesin gedreig is maar dat hy nogtans hof toe gegaan het terwyl sy net agteroor gesit het. Hy het verwys na haar twiets verlede maand waarin sy vir Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, gevra het of hulle “oukei” is met Steve se uitlatings.

Zille het Maandag getwiet: “Kan iemand asseblief verduidelik hoe @chestermissing dit reggekry het om die nuusbrief oor hom te laat gaan? Wie het dit hier verloor?” Missing het teruggekap en gesê Zille het hom daarby ingesleep en dat sy nie moet kla oor hy daarop antwoord nie. “Jy kon net vir Steve gekap het,” het hy gesê.

Missing het Woensdag satiriese plakkate getwiet en gesê hy stem saam met Zille dat Koch aandag soek. Hy het ʼn foto van Zille getwiet waar sy op ʼn donkiekar ry en vir haar die volgende advies gegee:

Zille het geantwoord dat ʼn gemeenskap van Noordwes wat met ʼn grondeis worstel haar met die donkiekar kom haal het en dat sy gek was daaroor. ʼn Ander persoon het gesê Zille se uitlatings oor die deel van tantieme was snedig, waarop sy gesê het dis “verstommend” dat satirici nie satire oor hulself kan hanteer nie. Missing het gesê hy is verbaas dat Zille haar uitlatings as satiries beskou en het gevra of haar kopdoek ook satire is. Missing het ook ʼn foto getwiet van Zille waar sy ʼn blou kopdoek aanhet en ʼn pot pap roer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anon ·

Regtig? Dink party mense moet net groot word…. En ou Zille asb jy is die laaste een wat kan praat oor rassities wees. Jy is self blank maar trap die blankes in die grond. Jy is mal oor die ander kleuriges. Dink nogal jou uitrustings wat getwiet is pas by jou….

Kaspaas ·

Ek is ook verbaas dat Zille die Afrikaner hater nou kwansuins ‘n probleem het met rassisme. Op grondvlak is daar geen verskil tussen die DA (ANC lite) en die ANC nie.

Amanda ·

Hemel Anon en Max, julle kan darem maar twak praat! Sy is seker mal oor die “anderskleuriges”, want hulle is nie sulke bitter, vol haat, rassiste soos julle nie. Ek ondersteun Helen en voel dieselfde as sy! Viva Helen! Urgh!

Riaan Slabbert ·

AMANDLA amanda AMANDLA!!! Gaan kots op n ander plek asb. Dit ruik na kochmissingbrain se hand, wat uit bravopop se alie uitkom.

JZ Myburg ·

Aron en Max,Julle wil ook seker n paar punte wen soos Koch,eending is seker Steve en Zillie kruip nie agter n pop weg nie.Miskien dink julle Koch is nie n rassis nie maar,hy is nie n Afrikaans liefheber nie ,al probeer hy dit voorgee.In afrikaans noem ons dit “‘n boere haater”.

Kaspaas ·

Zille is ook ‘n “boere hater” – lykmy nie sy hou van kompetisie nie.

Merinda ·

Elke dag verloor ek meer en meer respek vir Zille. Vir wie moet ek nou stem??? Seker vir Steve….

Mauritz ·

Wat moet n mens dink van n bleek wit man wat sy hand in die uitlaat pyp van n swart man het? Deur mekaar.

Riaan Slabbert ·

En die pop lyk soos….? Hy is duidelik in nr 1 se g@t op gekruip

lillian ·

Ek stem saam met Helen, hy soek aandag die mannetjie …

Gee hom gas Helen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.