Helen Zille in sop oor twiet

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige DA-leier, gaan moontlik dissiplinêr verhoor word weens ʼn uitlating wat sy op Twitter gemaak het.

Zille het vroeër Donderdag getwiet:

helen-zille1

Die twiet het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak met Zille wat erg gekap is oor haar uitlatings. Mmusi Maimane, leier van die DA, het kort daarna getwiet: “Let’s make this clear: Colonialism, like Apartheid, was a system of oppression and subjugation. It can never be justified.”

Zille het ook kort daarna om verskoning gevra vir haar twiet:

helen-zille2

Maimane het intussen in ʼn onderhoud op die geselsradiostasie 702 gesê Zille se uitlating is onaanvaarbaar en aanstootlik. Hy het gesê Zille se uitlating is na die party se dissiplinêre strukture verwys vir ondersoek. Zille se twiet is moontlik ‘n skending van die DA se sosialemediabeleid vir openbare verteenwoordigers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

124 Kommentare

katryn ·

ek dink die probleem hier het ingesluip omdat die woord ‘colonialism’ verskillende betekenisse het vir verskillende mense. Vir sommiges beteken dit opbou van ‘n land in ‘n tyd toe daar geen beskawing was nie. Vir ander beteken dit slawerny. Vir ander beteken dit ‘n vorm van onderdrukking. Vir my beteken dit eersgenoemde en dis nou jammer dat Helen dit geskryf het. Ek stem natuurlik met haar saam, maar hier en nou is enige ding mos verkeerd. Ai!

Cherokee ·

Sug…. Poot, die vraag is nie werklik of jy dit beter kon stel as Katryn nie. Die vraag sou eerder wees of jy dit net so goed kon stel as wat sy dit gedoen het.

Ilse ·

Colonialism is mos n vervloeking, maar enige regdenkende persoon sal saamstem dat indien dit nie daar was nie sou ons baie ontbreek het. Punt. Sy is reg! In enige historiese gebeurtenis het elke event positiewe en negatiewe gevolge, uitvindings, uitbreidings en reaksies gehad.

Hendrik ·

Ja nee ek stem saam met jou. Dan reken die menses deur aanhou te stem en hoop alles gaan regmaak. ….

Rynhardt ·

Jakes en Hendrik, julle is heeltemal korrek.Mense bly in ontkenning leef met die politieke bestel in SA! Politiek is lankal dood vir ons mense!

Cherokee ·

Jakes, brei jou kommentaar uit deur die DA-kiesers wat deel in hierdie forum en maak of hulle deel is van die konserwatiewe blanke groep, te herinner daaraan dat dit hul chief is daai.

TTh ·

Sy IS REG !!! WAT IS DIT MET DIE MENSE, IS ALLE INTELLEGENSIE NOU BY DIE DEUR UIT.
Volgense die korrekte definisie van apartheid was daar niks mee verkeerd nie, die Boere Afrikaner volk was nie ‘n klomp koloniste nie, indien so was die swart volke dit OOK !!!.

Wat ‘n volslae sirkus vol narre…

AL ·

Enige wit mens wat so n onbenulligheid sê, gaan in die sop beland.
News 24 maak weer n fees van dit.
Ons wag vir die ANC LP wat gesê het ‘Bury them alive’ .
Dis veel erger, is dit nie!

Lemon ·

Ongelukig AL sal al die wit mense in die hele Suit Afrika moet saam staan en hom aan vat voor enige iets aan hom gedoen sal word. Ongelukig is dit net ‘n handjie vol wat gestraf word vir rasisme en die ander kan se en doen net wat hulle wil, en dis ok. Dis so sad.

skorrs ·

Hier slaan dit nou soos varkmasels uit! Kry vir jou Helen, dis immers jou eie maaksel. Bring solank die springmielies…

Boerseun ·

Dink dis beplan. Hulle gaan haar uit haar pos verwyder na die dissipliner (sy is al verby aftree in elk geval). Watter beter tyd om die DA te her posisioneer onder swark kiesers.

Cherokee ·

Boerseun, as ek die DA se meer onlangse geskiedenis reg onthou en aflei, het sy Maimane opgelei en aangestel. En ek lag vir die DA-kiesers van hierdie selfde forum. Ek lag want jul stem saam met Maimane en dieselfde Zille wat nou verskoning vra vir haar stelling. Julle is net sulke comics.

Boerseun ·

Cherokee,
Jy meer die forum dan sal jy agterkom dat ek het nie veel ooghare vir DA of die het kaap nie.

Wat ek gese het is ek ruik n rot. Die DA beplan die ding sodat hulle kan lyk soos n party wat wit ressiste vasvat. En ek stem ook saam jou, waar is die klomp DA kiesers wat ons verkramptes noem? Tjoep stil in hulle glas huise. Demografie bepaal dat die DA swart stemme moet kry om n verkiesing te wen, so dit betek hulle moet weg beweeg van die wit party stigma.

What a joke! ·

Ag sorry boss maar you can say bury them alive??what a joke South Africa And maimane the hipocrate! Where were you evertime the whites are targeted whit black racism huh wena???. Jul wat blankes wat Da stem moet mooi dink jul stem vir n derde mag eff en word aan jul neuse gelei!

Johann ·

Hoe kan mense dit nog probeer afmaak dat dit alles verkeerd was?

Hentie Smit ·

As Helen ‘n helder oomblik het, word sy verguis. Kry nou die beloning vir al die jare wat sy haar beywer het vir hierdie gemors wat ons mee sit.

Gerhardus Petrus Padda ·

Ou Helen het nou geraak aan die fondament van die illusie wat die sosialiste geskep het. Die kognitiewe dissonansie maak my brein so seer. Mamma, maak dat die ou Tannie haar woorde terugtrek.

Fritz ·

Die witmense wat dink Maimane gan na julle belange omsien is in vir n groot verrassing. Word wakker net witmense gan vervolg word. wat van die uitlating van swart mense op sosiale media. Niks gebeur maar moet net nie n wit Sparrow wees nie. Wat van Zuma kill the boer. Malema en die ANC Lp begrawe hulle lewendig. Witmens as jy nie sien wat besig om te gebeur nie weet ek nie. Hou op verskoning soek omdat jy wit is. Jy word n rasis oor jy deur n spesifieke nasie uitgemoor word. Jy is geregtig op jou plek in SA want jys nie die een wat dit gesteel het nie.

Eva ·

Ja nee, het nog nooit vir DA gestem nie, sal ook nooit. COPE en IFP lyk na beter opsies. Sê maar net.

oe e e ·

Maimane moet posop sy vrou is wit en wat maak dit sy kinders dink hy gaan nou n paar stemme wen en soma baie verloor tweegesig

Brandt ·

Dankie Fritz, stem saam met jou, jy kon dit nie beter gestel het nie. Mense word wakker!

Jen ·

Hond eet hond. Nou sal sy agterkom haar DA en Mmusi s’n verskil ‘n bietjie. So kom al die liberales tot ‘n val deur dieselfde mense vir wie hulle geveg het. Colonialism het die nuwe vloekwoord geword soos apartheid. Plaas beweeg net aan en bly weg van Twitter af.

jennifer jansen van nieuwenhuizen ·

Ek is jammer Mmusi Maimane het nie eerder probeer om te verduidelik wat sy eintlik bedoel het nie. Sonder “cononialism” kon geen land ‘n begin gemaak het nie. Ek begin wonder oor die DA.

Jen ·

Was die foto vd swart manne met klippe wat die wit manne moes doodgooi na die doodskis saak wat einste Mmusi geplaas het nie ook ‘n oortreding of skending van beleid nie? Ek sal tweekeer dink voor ek vir Mmusi of iets wat hy verteenwoordig stem. Daar sien jy nou sy ware kleure.

Cherokee ·

Moet nie die kommentators wat saam met ons hier skryf, se aanvalle teen daardie wit mans, vergeet nie. Hulle het later van wysie verander maar hul aanvalle teen die wittes word onthou.

Jannie ·

Die doodskismanne gaan hard en meedoenloos gestraf word. Hulle verdiende loon en dis net hulle eie skuld en niemand anders s’n nie.

Boerseun ·

Jannie. Hoekom se jy niks oor Helen se nonsense. Of verafsku jy net afrikaner mans?

DG ·

Alle volke in die land is kolonialiste, Zulu,Xhoza, Basutu ens. Die Koi-Sun mense was eerste hier gewees. As mens kyk na die definisie van kolonialisme : imand wat in trek, sy eie kultuur afdruk, ander mense verwyder ens, dan moet daar nie klippe gegooi word nie. Hoekom kan net Europeers kolonies skep, dit is weer ‘n geval dat net wit kolonialisme verkeerd is, maar nie swart kolonialisme nie.

theo ·

ek hou van jou antwoord . Die swartes het ook die land gekolonialiseer.

Spook ·

HA HA HA HA HA HA HA !!!!! Val ek nou amper van my stoel af. Nou draai die comrads ne zille!

JC ·

Uiters belaglik, waarvoor, o, waarvoor moet sy om verskoning vra?
Wat sy gese het is mos die waarheid, maar soos gewoonlik striem politiese korrektheid weer vrye spraak. Die diktatuur van die liberalis gaan lank neem om vernietig te word.
Wat ‘n uiters belaglik wereld lewe ons nie in nie ne, uurrghhh!!

theo ·

ek het so gelag oor die durban debakel, die klomp zoeloe sprekende ANC raadslede van durban, moet meer as ‘n 100 miljoen spandeer om uit te vind hulle het nie genoeg geld vir die “COMMONWEALTH” spele nie , dit is “great Brittian” wat Kolonialisme in gebring het, maar die anc wil die spele hier hou? Dit wys net hulle mentaliteit.

Skills transfer ·

Dis n bekende en logiese feit dat kolonialisme die baie groot voordeel van oordrag van vaardighede het

Pan ·

Dis tog waar anders was die plaaslike mense nog in diervelle geklee en voetvervoer, nie die kaders se lang slap mercedeses en pakke klere nie?

Vaardighede oordrag ·

Vaardigheidsoordrag iwas n bekende en logiese voordeel van koloniale tyd.

Sonlapper ·

Almal weet die Son veroorsaak slegs droogtes en ellende vir die mensdom. Daarom is dit ook uiters onaanvaarbaar en aanstootlik om te se^ die Son is goed vir die mensdom omdat dit die primere bron van lig en energie is wat lewe moontlik maak.

JC ·

Watter “koloniste” is ter sprake? Blankes of swartmense. As aanvaar word dat beide swartes en Afrikaners(wat blankes is) min of meer gelyktydig SA gekoloniseer het van onderskeidelik die Suide en die Noorde af, meen sy dan dat die Britte, wat heelwat later as die twee groepe gearriveer het, verantwoordelik is vir die infrastruktuur van ONS land? Of meen sy dit is al die genoemde groepe saam wat verantwoordelik was of net die Afrikaners of net die blankes of wat? En ja, “kolonialisme” het natuurik onwikkeling veroorsaak, want voor toetrede van verskillende volke in SA was die landskap bar en leeg.
Anders maak haar stelling nie sin nie?

ken benoni ·

Ek stuur graag vir tannie Helen, ‘ n serp, ‘n Swart serp!

Rynhardt ·

Helen Zille, ek het geen simpatie met jou nie.Jy en jou liberale DA het vir jare regstellende aksie (rassisme) teen blankes goedgekeur asook grondonteiening.Julle is groot ondersteuners van die Anc se Vryheidsmanifes! Maimamane, jy is die laaste om jou mond te rek oor kolonialisme en apartheid! Jou rassistiese party het nog nooit teen regstellende aksie asook die moorde op wit bowre veroordeel nie.Jy was nie eens Dindag in debat vir plaasmoorde (na 23jaar) nie! In 2015 het jy aan hoofstroommedia verklaar jou ondersteuning van die “Freedom Charter”.Maimane, what makes your Anc wonderful in SA? Do you really think that you will become president?? Think again! You and your party resembles nothing of my culture and values! You refuse to speak Afrikaans to the people of the Western Cape, but you still get a big fat paycheck from white taxpayers*whom you don’t like) that you discriminate against!Some fools see you as a prophet, I see you as a big mouth!! Whites stop supporting the racist DA!It’s time to put Maimane’s party to sleep, permanently! Hope you like my message, Maimane.I’m white and proud of it!!!!!!

blou ·

Regtig ? het mense niks om hulle besig te hou soos werk nie (oops seker nie)

Pieter ·

Dis nie haar skuld as mense nie reg verstaan wat sy bedoel nie . As jy dom is dan is dit jou eie skuld

John ·

Die vyande van ‘n deel van die bevolking kan nie besluit of ons soos die Jode of die Nazi’s is nie. Baie gerieflik om uit twee monde te praat. Wat sou die grondslag wees van die stryd teen apartheid as ons soos die Nazi’s is wat alle swartes (nou skielik die vervolgde ‘Jode’) wil uitwis. Maar eintlik is die ANC aan die kant van die sg Palestyne wat eintlik die Jode haat wat nou uit almal se pad weer in hul eie landjie bly. Dis ook verkeerd. Die logika is soos ‘n juffrou voor swartbord wat die antwoord van ‘n som aanhoudend uitvee en vervang… wat noem mens dit, he?

Hu ·

Die anc doen dan besigheid met ander kolonies, Aus, NZ, USA, Canada ens..maar in Afrika is dit verkeerd. Is die Da leier se vrou nie ook n kolonialis nie? Dinge raak nou belaglik.. Maar die wit dokter, regters ens moet vinnig help as hul nie weet wat

Jaco ·

Ai die sensitiwiteit maak my LAM. Daar MOET mos net in die slegte vasgekyk word.

PieterPan ·

Wat my opval, en dit is die eintlike probleem, die kwaliteit van leirskap. Sy vra onvoorwaardelik omverskoning vir ‘n opmerkuing wat sy glo waar is, en dit is natuurlik waar (dis logies). Hoe kan die kiesers haar vertrou as sy haar self ‘onvoorwaardelik’ verloon hoeveel te meer nie die kiesers nie. Stem vir iemand volgens sy waardes, indien dit ooreenstem met jou eie, dan kan jy nie ‘n fout maak nie. GO VF+.

Drikus ·

Oops, die DA sal die kwessie mooi moet bestuur. Zille behoort van beter te geweet het as om so iets te Tweet, al is daar binne ‘n nugter denkende konteks meriete in haar stelling. Tog is politiek nie nugter denkend nie, maar opportunisties. Dit is nou waar die DA die gevaar loop om met sy optrede teen Zille hulle te vervreem van ‘n belangrike ondersteuningsbasis. Die teendeel is ook waar. Lekker tameletjie die.

Ou Bierman ·

Dis tog immers tegnies korrek ? Kom ons neem 2 simpel voorbeelde soos … die wiel , of messe en vurke. Dit was tog voordelig dat hierdie wonders van die wereld na die Suidpunt van Afrika gebring is ?
Wat baie kommerwekend is , is dat Mnr Maimane ” Colonialism ” en “Apartheid ” as een en dieselfde konsepte sien ? Wat my by die volgende vraag bring… Is Suid Afrika dan eers in 1960 gekoloniseerd ? Indien wel , volgens hierdie argument , moet enige grond-eise dan hersien word met die afsnypunt in 1960 ?

Arie ·

Dit is belaglik! Die DA verskil nie veel van die Anc nie, net nie so militant nie. Sal nie vir hulle stem nie, dan eerder cope

AL ·

Sy moes van beter geweet het – die ANC, EFF en wie ook al gaan op hierdie twiet op rug ry sodat die mense meer gefokus op haar en die DA asipv die skandale van die ANC.

Geraldine ·

Mense moet ophou stem vir die DA,hule is niks anders as ANC nie,en die DA beteken niks vir ons witmense nie..stem liewers VF

adriana ·

Mooi gese Rynhardt! Mooi gese. Ek stem volkome met jou saam. Hy en sy DA party beteken niks vir ons nie. Hy het nog nerens vir ons iets beteken of opgekom nie. Zille het hom so geleer en sy is net so skuldig soos hy. Vir haar voel ek ‘n veer.Kry vir jou Zille – kry vir jou. Wat jy saai sal jy maai. Stem vir Lekota

Jannie ·

Sy’t niks verkeerd gese nie. Niemand kan stry dat infrastruktuur deur kolonialiste opgebou is nie. Sy moes nie om verskoning gevra het nie.

Cherokee ·

Sy’t niks verkeerd gesê nie? Jy vergeet baie vining die verskoning wat sy opgedis het.

Tannie ·

Mnr Maimane, verduidelik asb wat presies jy bedoel? Hierdie dom tannie sukkel om jou tweet te verstaan…

(1) As jy sê daar was niks goeds aan kolonialisme, WAT noem jy dan die oorsprong van die vooruitgang (onafhanklike regstelsel, vervoerinfrastruktuur, lopende water, elektrisiteit, mediese dienste, baksteenhuise, motors, vliegtuie, selfone, sonbrille ens ens ens) wat die witmense in Suid-Afrika tot stand gebring het?

(2) Of bedoel jy die dinge wat ek hierbo opnoem is nie goed nie, want dis ‘n produk van kolonialisme?

Dis vir jou baie lekker om die vooruitgang te geniet, maar die witman kry nooit erkenning daarvoor nie!!! Baie eenvoudige voorbeeld: toe Jan van Riebeeck in die Kaap geland het, het die boorlinge in enkelverdieping hutte gebly. In daardie tye is daar in Europa die mooiste katedrale met loodglasvensters gebou, en in Engeland was daar kastele met verskeie verdiepings.

Ek is nou so opgeklits, ek lê sommer nog ‘n eier… Aan diegene wat hulle so beywer vir decolonisation of education: ek wens ek kan hulle bose selfone (bose produk van die wetenskap) konfiskeer. Mens kan mos nie net halfpad decolonise nie, jy moet konsekwent wees!

FCM ·

Hoekom dan die Statebondspele wil aanbied as Kolonialisme as so ‘n negatiewe aspek beskou word ……?

Swart kolonialis ·

Zille, jammer vir jou as die waarheid ander seermaak met die feite. Net jammer jy het klem gele op een aspek. ongelukkig die verkeerde vir die ander mense. Maimane, kyk asb beter terug na die verlede en leer wat het rerig gebeur. huidiglik is ek nie trots op hoe hierdie land regeer word nie. En julle in die Weskaap moet maar hoor dat dit nie so lekker is daar soos julle dit polities wil voorhou nie. elkeen het maar sy blind spots soos die sielkundiges my geleer het, daarom moet ons eerder saam staan en mekaar help. Vir die DA stem, nee. Dalk die IFP. DA, kry die balans en jul sal meer van ons trek.

BEN ·

Maimane het maar net bevestig wie en wat hy werklik is. ‘n Pion van die ANC, Raak realisties asseblief!. My groot oupa was indiens van die Oos Indiese Kompanje. Hy was ‘n tuinwerker en bykans slaaf. EK HAAT NIE DIE NEDERLANDERS NIE. My ouma is in ‘n konsentrasie kamp, haglik en luis besmet in Ladismith gebore. Die plase is afgebrand en diere is vrekgemaak. EK HAAT NIE DIE ENGELSE NIE. Familie van my het deurgeloop en is vermoor deur die MAU_MAU. EK HAAT NIE DIE SWARTES NIE. My swaer is vermoor in Zimbabwe EN EK HAAT NOG STEEDS NIE SWARTES NIE. Wie en wat maak mense so spesiaal om my bloedlyn te haat! Almal is dieselfde – gaan lees Handelinge as jy kan !

Konrad ·

Ben, dis omdat ons Christene is.
Ek ken n swart Christen, Jesse Lee Petersen in Amerika- hy probeer kliphard vir swartmense reghelp om te stop om wittes so te haat, ma hulle wil hom stenig. Jy kan hom GOOGLE.Fantastiese mens en n kind van die Here.

Theresa ·

Ja. Dis skandelik dat daar so ‘n haatveldtog aan die gang is. Niks regverdig dit nie en tog word dit aangeblaas en nie gestop nie. Ek hou van jou uiteensetting.

Skim ·

Soos Helen Suzman verraai is deur die mense vir wie sy haar lewe opgeoffer het, deur haar eie mense te verloën, so kom Hellen Zille nou dieselfde oor. So word die liberales nou as rassiste en kolonialiste uitgeskel terwyl hulle voor gedans het saam met die Womans League en Black Sash. Shame man, dit moet ‘n vreeslike ontnugtering wees om die BYT te voel van dieselfde mense wat julle gehelp het om aan bewind te kom, en steeds aan bewind te hou!! Duidelik dink jy en Maimane nie dieselfde nie, klink of julle van twee verskillende partye is.

Johanna Botha ·

Wel is sy verkeerd of maak die waarheid nou weer seer ….genade die mense is tog SO gevoellig en sensitief en die waarheid maak mos seer …so mens verwag presies die tiepe reaksie van die mense wat so n sirkus bedryf in die parlement …

Johan van der Colf ·

Zille het die waarheid getweet, sy het die negende gebod geeerbiedig, nou wil die pastoor haar straf. As kolonialisme totaal onaanvaarbaar is hoekom word mercedes benze nie verban nie.

JC ·

Ja John…vra dit. Verwardheid van ‘n ideologiese gefomfaaiery aldag heeldag politiek korrekte jollerige partytjie politiekery. Hulle weet nie eers wat hulle nie weet nie.

AL ·

Gelukkig wangedra Malema hom nou in die Parlement teenoor Zuma – dalk is die Zille affêre ou nuus.
Nuus verander met die spoed van weerlig heeltyd.
In South Africa, there is never a dull moment!

DS ·

Pateties! God slaap nie Zuma!!!! Jy en jou trawante moet eendag rekenskap gaan gee voor Hom!! So geniet jou tydjie van “roem” op aarde.

david ras ·

Ek wil graag vir ou Mmusi ‘n definisie voorhou van ‘n kolonis, in die taal wat hy so graag besig:
Uit die Oxford dictionary–“COLONY–settlement. settlers in a new country forming a community fully or partly SUBJECT TO THE STATE from which they have emigrated…….ens

Dus Mmusi–die mense, vandag bekend as Afrikaners , wat in die Kaap kom woon het , was nooit verantwoordelik aan Nederland die hoof-stamland nie. Die Nederlandse vlag het nooit in die Kaap de Goede Hoop Gewapper nie—slegs die vlag van die Nederlands indiese Kompanjie het hier gewaai.

Die Kaap het eers Koloniale status gekry in 1806 met die finale Britse besetting aldaar.
As jy Koloniste soek–kyk by ons verby na die geboorteland van jou geliefde taal– Engels.

Just for you edification Mmusi–I recently saw an advert in a Swaziland newspaper inviting people to visit a cave outside Mbabane to see “Bushman paintings”……..
The History of the Black migration southwards states the Nguni people were leading the southward migration–in front were the Xhosa tribes, followed by the Zulus and then the Swazis—-
So the Bushmen-the SAN, was there before even the Xhosas came….
Now stole whose land Mmusi ..?

Hanna ·

Wil die mense wat teen kolonialisme is lendekleed dra? Ek lag my ‘n papie!

Nee gaats! ·

Daai oorgewig mamas van die parlement in ‘n lendekleed? My arme retinas!!!!!

Adam ·

Mnr Maimane, net een ou onskuldige vragie? Is u bewus van een persoon uit u geledere wat al ooit gekla het oor hy in ‘n Jaguar, Mercedes-Benz of BMW op ‘n N roete moes ry na Kentucky Fried Chicken of Nando’s om sy wegneem-etes te koop en dit dan in sy keelgat af te was met Johnny Walker Blue Label of Glenfuddich? Jy sien, ek dink die anti-kolnialiste is mal oor die kolonialiste se produkte, maar julle haat dit om te sien dat hulle ook toegang daartoe het.

Cherokee ·

Adam, wees nou eerlik en sê vir ons of jy werklik glo dat Maimane hier lees. En of jy sommer in die wind praat.

Janee ·

My pa het baie keer gesê: “Pasop, hy maak of hy jou vriend is, dis nie lank nie dan doen jy ál die werk en daarna kom steek hy jou in die rug.” Ek het dit al so baie in die lewe gesien. So sal hulle jou in die rug steek Helen, ek glo nie jy’s verbaas nie. Niemand is nie.

Bernard K Hellbery ·

Helen Zille was reg, en dis tyd dat Maimane grootword, Anderson sal hy as “ANC Lite” onthou word.

PJ ·

DA ANC EFF Moi kyk staan dit vir DAANC EFF, almal dieselfde, kan nie glo mense stem nog DA NIE, DA moet nou begin stemme verloor….

Pieter ·

Helen Zille het dit uiters diplomaties gestel. Sonder Kolonialisme in Suid Afrika sou daar niks bestaan het nie.
So almal wat met my of haar verskil, handig asseblief alle items wat verbind kan word met die beskawing wat Kolonialisme gebring het en gaan terug na die duine.

Boerseun ·

In die reenboog nasie is dit rassisties en onvanpas om sulke goed te se. En een van die dae sal dit ook onwettig wees om sulke goed te se, soos die hele tweede wereld oorlog ding in Duitsland.

aag asb! ·

Aag asb! Die regering moet groot word! Kla eers die ou aan wat gese het ” burry them alive”…en dan praat ons weer. Om te dink dat dit groot mense is wat in regering is wat so kinderagtig optree!

De Villiers ·

Zille is absoluut korrek in haar argument en hoef niemand om verskoning te vra nie, want niemand kan haar verkeerd bewys nie. Blankes wat destyds Suid Afrika binne gekom het om ‘n beskaafde bestaan hier te maak, het ‘n bar en onontwikkelde land omskep in iets leefbaar. Hulle het paaie, dorpe, myne, fabrieke, lughawens, skeepshawens, elektrisiteit, hospitale, skole, damme, wateraanlegte ens. beplan, befonds en ontwikkel. Dit terwyl gebiede Noord van Suid Afrika, waar swartes al vir eeue gewoon het, nog niks ontwikkel het nie. Diegene, soos Maimane, wat nou galbraak hieroor, dui in hul optrede aan dat hulle eintlik oningelig is oor die geskiedenis van hierdie land, of net in ontkenning wil bly oor wat hulle weet die waarheid is.

Hans ·

DA-leier daar gebeur baie verkeerde goed in die land,fokus liewers daarop in plaas van op tv n aanval op Me Zille te loods .

Henk ·

En daar beaam Maimane weereens dat die DA net soos die ANC rassisties is en dat die DA slegs ‘n tak van die ANC is

Reinhard ·

As n mens die waarheid praat dan word daar vewag dat n mens moet jammer sê, anders word jy as n rassis bestempel.

ada ·

Vra bietjie die lot in die parlement waar hulle vandaan kom. Hulle gaan nie weet nie en gaan se Oos Kaap. Maar vra wat hulle voorvaders se oorsprong was. Dit was nie hier nie. Maymane sal sy fensie kar en huis moet opgee en ook net lendekleed moet dra. Dit is seker waarna hy strewe. Hy het vandag n klomp stemme verloor en dis n feit. Waarom is sy vrou wit? Haar oorsprong is dalk van Engeland of Jan van Riebeeck. Nou wat nou? Nee hy is n rugsteker . Ou Zille se comrade.

BR ·

Adam ek stem saam Gariepdam is n produk van kolonialisme daarom is sy water nie goed genoeg vir almal nie. Net vir die wat nie n probleem met kolonialisme het nie

Louis strydom ·

Aan almal wil ek graag vra gaan na you tube en kyk na Ms. Ann. Dan praat ons weer

Louis strydom ·

Aan almal wil ek graag vra gaan na you tube en kyk na Ms. Ann. Dan praat ons weer

vermeende ·

Te oordeel aan die DA se ontstaan en die begin jare tot nou, is daar nog n party wat in so n kort tydjie die hele spektrum van regs tot links gedek het soos die DA?

Nie eens die NP was so goed in sy leuns soos die DA nie behalwe de klerk, hy was sover ons land se beste leunaar.

snoefie ·

blerrie kinderagtig. gee die hele spul n sakkie alies en n pakkie marshmallows en jaag hulle om te gaan speel.

TDW ·

Dis heelbo genoem, ek wil dit net weer noem. Maimane het ‘n foto opgesit van ‘n swart man wat met ‘n baksteen agter die muur wag. Dit was vir die doodskis wit mense bedoel. Vandag is daar ‘n video van ‘n wit seun wat met ‘n baksteen gegooi is deur ‘n swart seun. Maimane het mos gewys dis reg so. Tugtig liewer vir hom. Maimane het al gesê hoe sleg was dit vir hom om te sien hoe net swart mense tydens die feesseisoen werk terwyl wit mense vakansie het, maar hy skree heel eerste oor die hoë werkloosheid syfer. Hierdie man is gif, hy wil die DA laat vou.

Vos ·

Ontwaak, my volk. Ontwaak gou. Julle word in julle slaap uitgemoor en afgelaai.

Nico ·

So, as ek ook ‘n objektiewe stelling maak wat historiese feite bevestig soos Zille – en ek jou nie eens van haar nie – gaan ek ook op die brandstapel verbrand word? Haar stelling was gekwalifiseerd. Geen blanko endossering van kolonialisme nie. Iemand moet bietjie wakker word.

Justice ·

Indien jy nou deur Afrika reis sien jy gereeld hoedat brue uit die koloniale era van die 50’s nog steeds staan maar gelap word met boomstompe en klippe. Waarom kan hulle nie hul eie kundiges gebruik om ordentlike en veilige nuwe brue te bou nie? Nou is die koloniale era se kundigheid ‘n rasse kaart om hul eie onkundigheid te verbloem. Vir wat vra Zille omverskoning? Kan sy nie ‘n / haar standpunt inneem nie – ek het beslis meer van haar verwag. Sekerlik het sy ‘n goeie punt beet om in enige forum te kan debateer.

Pop ·

Vir wat tweet mense nog. Daars nie n maroela wat jou gaan sensor nie so in die sop gaan jy beland. Maar verdomp of mense gaan ophou facebook en tweet. So kry vir julle!

Landsverraaier ·

Lekota was die Afrikaner nog altyd goedgesind gewees. Selfs toe ons hom in die tronk gegooi het in 70’s. Ek vertrou hom. Maar dis nogal snaaks hoe ons ou volkie rond ploeter opsoek na ‘n swart leier!

Franco ·

Ja die wittes wat vir die Da stem stem vir sy eie ondergang word wakker mense Hulle haat ons met n passie ek dink hierdie storie beeld dit mooi uit

Peter ·

Jip, dis die begin van die einde van die DA. Die Maimane het ons mooi laat verstaan waar sy lojaliteit le. En dit is nie by ons nie. Hy is afgeskryf. Lekota sal moet begin om stemme te werf en hy sal dit kan doen in Afrikaans. Daar is op die oomblik geen ander sterk genoeg leier vir ons in die land nie. Lekota staan op die oomblik die sterkste uit. Ek glo ook dat daar darem ‘n paar swart mense en bruin mense is wat ook graag na n moordvrye land streef. Sit hulle almal bymekaar en jy sal dalk verbaas wees oor die getalle.

Klipgooier ·

Maimane het nou duidelik gewys dat die nuwe DA net ‘n party vir swartes is, nie vir ‘kolonialiste’ nie, hy gaan nou begin steun verloor onder die blankes wat so wragties geglo het dat hy na hulle belange sou omsien. Hy het vinnig grootkop gekry omdat hy vinnig as leier van ‘n ‘sterkerk’ opposisie kon inskuif. Gaan kyk bietjie hoe lyk jou DA sonder die Wittes en Bruines se stemme Mmusi, en dan gaan gooi jy en jou makkers verder die doodskismanne met klippe.

Piet ·

Binnekort word die Nuwe DA party seker gevorm deur Zille, sy sal net eers ‘n Judasbok moet kry wat dom genoeg is om voor te loop. Stem sommer dan eerder van die begin af ANC dan lyk julle ten miste nie so verward soos in die DeKlerk/ Korbroek tyd nie.

JOHAN DE VILLIERS ·

Was dit nie vir kolonialisme nie was ons steeds ge-Bathabile en ge- snaakse demokrasie,

Louis strydom ·

Kerneels kyk wat hulle eie mense te se het you tube “ms ann”

marous ·

Bwahahahaha! Die liberalrasisite wat so een na die ander hul self in die voet skiet . Die ou gesegde van wat die hart van vol is loop die mond van oor.

madels ·

Ek gee nie om wat Helen Zille gese het nie, met al die ongelooflike spanning oor rasisme in hierdie land moet daai woord nie eers genoem word nie, veral nie uit n politieke leier se mond wat wit is nie. As ons nou moes se “begrawe die swartes lewendig” sou hier tien teen een n burgeroorlog uitgebreek het, maar as n swarte dit se dan word honderde mense vermoor en dit heeltemaal in die haak, niemand maak n piep nie! Dis verskriklik wat nou aangaan oor rasisme!

Hendrik ·

Al hou al die Afrikaners op moet stem vir die DA gaan dit nie ‘n verskil maak nie. Die DA probeer by die massa stemvee uitkom en dis hoekom hulle so teen kolianisme is. Hulle probeer nou ook hard om hulle DA kandidaatslys te kwota. Ek wil net se as jy nou na hierdie episode nog steeds DA stem is jy ‘n dwaas…

Piet ·

Hendrik jy is 100% in die kol. Wat die manne hierbo se, is dat die DA nooit weer, ‘n veilige uitkoms sal bied vir die blanke stemmer nie. Dit het ook nooit nie, maar hulle was ongelukkig te dom om dit te besef. Om vir die een of die ander party te stem moet hulle mos ‘n beleid he wat verskil. As daar nie ‘n verskil is nie, dan loop mens mos ‘n risiko wanneer daar oor grondwetlike kwessies in die parlement gestem word.

Theresa ·

Genade tog. Mens moet maar ophou (of dan 2x dink voordat) jy twiet, kwaak, op sprook. Dis die nuwe spy-ding. Enige oop poste?

gerda ·

Lekota kan as hy waarlik vir ons blankes op die hart dra – ‘n field day he. Hy sal egter moet spring en strike wile the iron is hot. Dit kan dalk ‘n burger/rasse-oorlog vermy.

SARIE VAN HEERDENs ·

Lokota het nog altyd ‘n situasie objektief beskou en behandel en sy optrede in die parlement is maar net soos wie en wat hy is. What you see is what you get.

Christo ·

Dit is betreurenswaardig dat logies nie meer logies is nie!

Chriszelda Steyn ·

kan nie sien hoekom sy in die sop is oor haar stelling nie, sy het immers net die waarheid gepraat.

Rita ·

Jip, dit bevestig net weer eens my besluit van verlede jaar dat ek nooit weer vir die DA sal stem nie. Dit hou geen voordeel vir my wat ‘n Afriskaans sprekende, blanke Suid-Afrikaner is, in nie.

Ouma ·

As Zille moet afgedank word oor haar opmerking, gaan die DA baaaie stemme verloor. Ek begin ook nou baie wonder wat onder die party broei. Wat Helen getwiet het, kom nie naastenby by wat die LP lid (nogal) geskreeu het wat met die boere gedoen moet word nie! Ek hoop hy word aangekla van haatspraak. Anders weet ek nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.