Helen Zille: ‘Ongelyke behandeling vir swart en wit in DA’

Helen Zille. Foto: AP Photo/Schalk van Zuydam/ANA

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die redes wat sy aangevoer het om nie uit die DA geskors te word nie, openbaar gemaak.

Zille het Woensdag nadat sy amptelik geskors is, ʼn skakel op Twitter gedeel na die nege bladsy lange dokument wat haar redes bevat oor hoekom sy meen sy nie geskors moes word nie. Volgens Zille het die party ingestem dat sy die redes openbaar mag maak.

Zille het in ʼn reeks twiets bevraagteken of “elke aspek van kolonialisme sleg was”. Haar uitsprake het wyd kritiek uitgelok.

Zille voer in haar redes aan Mmusi Maimane, leier van die DA, en die party se federale raad het haar “vooraf veroordeel” met die besluit om haar te skors. Volgens Zille moet sy die gevolgtrekking maak dat sy aangekla word deur die party omdat sy nie swart is nie.

Zille meen sy kan die gevolgtrekking maak aangesien talle swart Suid-Afrikaners al presies dieselfde sienings gedeel het rakende die nalatenskap van kolonialisme en dat die DA nooit kommer daaroor uitgespreek het nie. Volgens Zille is daar ook geen geskrewe beleid rakende die aangeleentheid nie.

“Ander gebeure oor die afgelope paar maande het my en ander mense tot die gevolgtrekking laat kom dat DA-lede in sekere gevalle verskillend behandel word op grond van ras. Hierdie interpretasie het verdere geloofwaardigheid gekry met die hantering van twee ander dissiplinêre sake, naamlik die sosialemedia-inskrywing van ʼn wit DA-lid en ʼn sosialemedia-inskrywing van ʼn swart DA-lid.”

Volgens Zille is sy ook bewus gemaak van ʼn “georkestreerde veldtog” deur “mense in die binnekring” om haar in die openbaar daarvan te beskuldig dat sy die rigting wat deur huidige leierskap van die party bepaal is, probeer belemmer. Volgens haar is daar ook ʼn veldtog om ʼn beroep op haar te doen om te bedank. “Dit is ʼn gesamentlike poging om die aandag te probeer aftrek van die werklike oorsaak van die probleme wat die party tans in die gesig staar.”

Mmusi Maimane, leier van die DA

Die DA het aangevoer Zille is geskors weens die skade wat sy aan die party se naam aangerig het. “Die voortgesette skade aan die party in die saak is van eie toedoen. My oorspronklike twiets, in ʼn gesprek oor die lesse wat ons van Singapoer kan leer, was geensins bedoel om die party skade te berokken nie en dit kan dit ook nie so opgeneem word indien daar objektief daarna gekyk word nie.”

Zille voer verder aan dat “ander faktore” die federale raad gelei het tot die besluit om haar te skors. Volgens haar sluit die “ander faktore” ʼn verklaring in wat deur Maimane gemaak is waarin hy gesê het “dit het duidelik geword dat ek en Helen Zille grondliggend verskillende houdings het oor die missie wat die DA in 2019 moet bereik, en die doelwitte en prioriteite wat daaruit voortvloei”.

Volgens Zille het sy en Maimane op 18 Mei vergader en het hulle ooreengekom die gesprek sal nie geboekstaaf word nie. Zille se regsverteenwoordiger was glo ook by. “Deur nou hierdie gesprek te gebruik as ʼn rede om my te skors, beteken dat hy hierdie uitdruklike wetlike voorskrifte geïgnoreer het.

“Die ware ironie is dat dit dié soort besprekings is wat die inhoud van die debat in ʼn politieke party moet wees. As iemand geskors kan word deur bloot ʼn ander siening te hê tydens ʼn vertroulike gesprek met die leier van die DA, is die party op ʼn gladde helling, en word die waardes van vryheid, billikheid en geleentheid nie meer verteenwoordig of gehandhaaf nie,” het Zille gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Henk kruget ·

Musi jy tree nou op nes Spur. Sies man. Vat eerder die man met honderde klagte teen hom aan. Wonder wie stem ek 2019 vir. Anc is uit dink DA is ook pateties.

Magda ·

Stem Henk – DA ook nie meer vir my nie – Sal maar n groot kruis trek oor die hele bladsy as daar teen daai tyd nie iemand is waarvoor ek dalk kan stem nie – sal maar moet sien, maar soos dinge nou lyk – GLO ek nie

Martin ·

Stem saam. Dit wil voorkom of die DA besig is om te ontaard as ‘n politieke party vir die swart massas.

WW ·

Ek stem beslis ook nie weer vir die DA nie. Om te probeer om ‘n “meerderheid” teen die regerende party in te stem is nie meer ‘n opsie nie.

Marc Daniel ·

Mense ons moet die in gedagte hou. As ons nou nie vir DA stem agv die insident nie, gee ons die land vir die ANC om mee te maak wat hul wil. Die ander kleiner partye dra nie genoeg gewig om n verskil te maak nie

Marc Daniel ·

Ek is teleurgesteld in julle wat nou nie wil stem nie. As almal van ons vir die DA stem in plaas van by die huis sit kan ons stemme n verskil maak. Kyk hoe mooi word die weskaap bestuur. Ons moet die ANC uitstem. Afrikaners kan nie meer saamstaan nie. Trek maar Oranja toe as julle net wittes wil sien

al ·

Die DA moet pasop dat hierdie nie in ñ groter debakel gaan ontaard as wat nodig is nie.
Hulle speel so reg in die opposisie se hande.

Wouter ·

As Zille moet verskoning vra Wat het Mmusi in Zambia gaan soek Hy moet verskoning maak vir Zambiers en sy ondersteuners Hy he niks daar verloor nie Moe’s hom nie uitgegooi het nie Sommer in die trunk gehoor het

LHS ·

Helena, Helena het jy regtig ooit gedink dat hierdie mense enige iets vir jou voel as jou vel wit is, jy is net gebruik suster en nou is jy nie meer van enige waarde nie. Siestog en so val nog n seder in onguns van die wat hulle so saam al dansende probeer omarm het.

WW ·

nee LHS jy is verkeerd. Dit gaan nie oor enige “dansende omarming” nie. Daarmee is daar eintlik niks meer fout nie – ons woon almal saam in hierdie land en myns insiens is dit die regte ding om mekaar te omarm. En ja, ek HET gedink dat ek deel voel van die DA se beleid – juis oor my seining soos kortliks hier bo. Ongelukkig is dit nou duideliker as ooit tevore dat die behandeling van ‘n individu op velkleur gebaseer is eerder as op beleidsverskille. En dan moet ek ongelukkig toegee dat ek dus die beleid verkeerd verstaan het. Daarom sal die DA my kruisie minder hê in die volgende verkiesing.
Vir wie ek gaan stem weet ek nog nie aangesien ek ook nie met die “regse” beleid saamsteem nie.

Ai ·

Kyk ek was nog nooit n fan van haar nie, maar ek voel dit is verkeerd dat sy geskors word vir iets wat n persoonlike opinie is.

Mense…. TWITTER is nie n “vertroulike gesprek” nie dis publiek. Dis oop vir almal om te sien. As jy n vertroulike gesprek wil he, tel die foon op en bel die persoon.

Johann ·

As ek reg het, ek mag verkeerd wees, maar ek herinner my daaraan dat sy ook in ‘n toespraak voor ‘n gehoor, as ek reg het, was dit in Durban, daarvan melding gemaak, dit was nou voor sy dit getweet het, en toe gebeur daar niks. Kan iemand lig daarop werp, ek het die probeer Google, maar kry niks.

. ·

Sy verwys nie na haar twiets as die persoonlike gesprek nie, maar na die vertroulike gesprek wat sy met Mmusi gehad het toe hulle saam met haar regsverteenwoordiger vergader het en besluit het om nie die gesprek te boekstaaf nie…

al ·

Steve se tweet het hom as ñ rassis gebrandmerk. Die arme man dra nou nog die etiket om sy nek.

Nefie ·

Geskors omdat sy die waarheid praat? Net in SA. Ek sluit aan by johan, is wit mense 100% sleg? Nou is ek nog meer bly ek het nie vir die DA gestem nie, en sal ook nooit.

Asseblief ·

Ja stem vir hulle, dan het hulle 341 stemme… Zille is nie die begin en einde nie. D.A is better of 10 evils

Gee krag ·

Ons is nou vreemdelinge in die land. Ons tel nie, ons stemme tel nie, ons word nie as menswaardig gereken nie. Jammer. Erg dat hulle darem. Om belasting wil hê. Gee ons ou mense ons geld as ons wil land uit ASB. Nou word ons hier gyselaar gehou deur die regering.

Adam ·

Korrek Pieter, maar net in soverre dit blankes aanbetref wat nooit somme kon doen nie. Indien die blanke bevolking minder as 10% van die land se inwoners verteenwoordig, kan ‘n politieke party met 20% + steun nie’n “blanke” politieke party wees nie. Die DA se toekomstige groei moet uit nie-wit geledere kom, derhalwe die minagting vir die posisie van blanke lede. Pastoor Maimane probeer veg in ‘n gewigsafdeling waar hy nie tuishoort nie en al sy mooi “preke” verander niks aan die feit dat hy ‘n politieke dwergie is nie. Ongelukkig vir die blankes is getalle teen ons en ongeag vir wie ons stem, sal ons posisie progressief verswak. Enigiemand wat glo daar bestaan iets soos ‘n nie-rassige omgewing hoort nie op straat sonder mediese toesig nie.

Jan ·

Adam, so dis dan OK vir jou dat hulle teen jou diskrimineer oor die kleur van jou vel. Dis OK met my dat dit OK met jou is.

Adam ·

Nee Jan, hoegenaamd nie. My punt is bloot dat blankes in die minderheid is en dat daar nie iets soos nie-rassigheid bestaan nie. Ek glo dat jy, net soos ek, verpes om as ‘n tweederangse burger gesien te word deur ‘n wettelose samelewing.

Ontnugter ·

Voor hierdie debakel het ek as witnerfie nog hoop gehad dat die DA nie-rassig is en met die groei in hul gewildheid, ‘n aanduiding van hoop vir die toekoms was…duidelik was ek verkeerd. Van die kantlyn lyk dit nou vir my of die DA oorgeneem is deur maar net nog swart politici wat die rasse-kaart gaan gebruik. DA, julle het my stem verloor!
Wit word openlik oor ‘n ander kam geskeer as swart! Skaam julle!

Daniël ·

Ek wonder maar net in die stilgeit hoe Suid Afrika (en die res van Afrika) vandag sou gelyk het sonder die invloed van kolloniasliste: 1. Twee-spoor-paaie tussen al die groot stede, kan ‘n mens jou dit voorstel. 2. Gehuggies teen die randjies wat ná elke reënbui herbou moet word. 3. Geen elektrisiteit (dit ken ons darem danksy beurtkrag). 4. Geen opgaardamme en lopende water uit ‘n kraan uit nie, almal gaan haal steeds water met ‘n lekkende boomstam-houer. 5. Nie eers spoel-latrines nie, orals in die veld lê mynvelde. Om nie eers van toiletpapier te praat nie! 6. Drie volle dae se reis van hier na daar. 7. Geen motors, nie eers ‘n donkiekar nie, wonder wat sou die vervoermiddel van die ‘moderne’ gesin gewees het. Dalk moet iemand ‘n fliek maak sonder al hierdie onmisbaarhede vir selfs die stoerste sosialis!?

botterblommetjie ·

Kommerwekkend…. en interesante insette deur mens… Vraag is.. WAT NOU?! Stem moet ons stem, oorleef moet ons oorleef…. polities korrek of te nie…. om vinger te wys gaan nie help nie, nie eens om die werklikheid te besef nie… Almal, as hulle ‘n oomblik stilstaan en dink besef dat politiek ‘n skaakbord is.. skuif vir skuif… Ek plaas maar liewer my skuif in God se hande, want ek het geen idee wat nou nie…

Mielie ·

Ek is nie n groot HZ aanhanger nie, maar ek voel regtig jammer vir haar. Sy veg vir dit waarin sy glo en sy het baie mense gehelp om te wees waar hulle is vandag. Sy het gesien hoe het Lindiwe met haar gemaak en nougaan dit aan. Persoonlik dink ek MM is onder geweldige druk om teen haar op te tree. Ek het al lankal my respek vir MM verloor. Vir my lyk dit asof al die mense magsbehep is. Ek glo die DA sal sukkel sonder die blanke en bruin stem in die WK. Die DA gaan defnitief sy g t sien in die volgende paar jaar. Dit gaan hom landwyd byt……

RC ·

DA moet nou maar klaar kom sonder bruin en wit mense wat die DA oorspronklik in die Kaap laat seëvier het. Dit het nou net ‘n swart party geword daarom gaan ons anders moet stem. Hier is iets fout met MM se DA.

Carel ·

Wat vir my erg is, is dat wanneer hulle (DA) praat dan is dit engels. Maar is engels nie ‘n koloniale taal nie. Kies hulle (DA) nie engels bo afrika tale nie. Dus snaaks. Lyk my Zille het ‘n punt beet. Dit hang af wie dit se.

Ada ·

DA is korrup – nes die ANC – hulle is lekker hand op die blaas met mekaar. Ons moet na onsself kyk nie na die DA nie. Het dit laaaankal agtergekom.

Griki ·

As Maimane en Zille grondliggend verskillende houdings het oor die missie wat die DA in 2019 wil bereik, is hy dalk die verkeerde een en moet hy dalk liewer geskors word. Hy kan nie sommer net aanvaar dat hy reg is as net hy en Helen daaroor gepraat het nie. Dis arrogant en hoort nie by ‘n leier nie.

Leendert ·

Ek sien James Myburgh, redakteur van Politicsweb, het, betreffende die aangeleentheid rondom Zille en die DA, in ‘n artikel, genaamd, ” ‘n Gemeenskap wat rassisties mal geraak het”, geskryf, ons het grotendeels ‘n ras gesentreerde land met ‘n bende-psigose geraak.

Theresa ·

Beter kan mens dit nie stel nie. Dis SO sleg dat dit gebeur. Daar is nie regverdigheid nie.

Johannes van Staden ·

Ek is n vreemdelig in my eie land sonder dat ek eers verhuis het ! ! !

Annie ·

Ek het respek vir Mmusi verloor. Nie gedink hy sou dit doen nie. Sy het net gese dat kolonialisme ook goeie goed gedoen het. Sy het nie gese dit was reg teenoor swart, kleurling en Indier mense nie. So ook het goeie goed gebeur gedurende apartheid. Damme is gebou, grootste hospitaal in die suidelike halfrond, ander hospitale , skole ens. Daarmee se ek nie dat apartheid reg was teenoor die meerderheid mense nie. Hy wou maar net van Zille ontslae raak. Hy moet oppas, dit kan hom nog aan die hakskeen byt. Baie mense gaan die DA verlaat, dit sluit my in. Met al die roeringe in die Da, gaan hy beslis ook nie president word nie. Die DA se dae is getel….so tragies. Dit kon so anders gewees het.

Genieve ·

Ek dink sy het nog altyd geveg vir die party.Syt immers mos verskoning gevra nou aanvaar hulle dit ook nie.Zumpies het nog nooit verskoning gevra nie.

MCH ·

Wat kan ons sê van al die dinge? Ons voel nou aan ons lyf hoe dit moes wees om n Samaritaan te wees in Jesus se tyd waar die Jode selfs gaan bad het as diè se skaduwee op hul geval het. Ook hoe dit op hul beurt vir die Jode moes voel onder die Romeinse juk. Tog, het die Seun van die mens gesê as hul jou bokleed vra, gee ook die onderkleed, wanneer hul n myl van jou afdwing, loop twee myl saam. Tragies om van die verguising van menswees te lees net omdat jou velpigment verskil. Ons weet ook nou hoe dit moes wees om in die ou bedeling donker van kleur te wees. Ek is bevrees al wat priester, profeet, apostel,pastoor, dominee, biskop en whatever op ons blinkgepreektes gehad het, het geen effek in die daaglikse lewe nie. Vergifnis word wraak in mensehande, van alkante van die spektrum. Maar,wie volhard tot die einde toe, sal gered word.

al ·

Baie waar MCH. Ons word gestraf vir die verlede – al was ons te jonk en nie so erg op politiek ingestel soos wat die jeug nou is nie.
Verwoerd moes nooit apartheid ingestel het nie, nou moet ons wag tot die politieke brander sy piek verloor.

Cherokee ·

Maar al, Hendrik Verwoerd het mos nie apartheid ingestel nie! Die Engelse het nie-amptelik daarmee begin lank voor republiekwording. HF Verwoerd het die pragtige idee gehad van ‘Onafhanklike Ontwikkeling’ waartydens die land opgedeel is met grond vir verskillende groepe waar elk daarvan onafhanklik kon ontwikkel en eie groei bevorder.

What were you thinking ·

Dalk wen hul n paar met die storie. Anders sit ons dalk met eff wat groei.

Cherokee ·

Die konserwatiewe kieserspubliek glimlag meewarig vir julle. Nie met ‘n houding van ‘ons hèt julle mos gesê’ nie. Nie vermakerig nie. Ons het bloot verskillende kultuurwaardes en julle het van regs na links gespring en is alweer partyloos. Maar moet nie wanhoop nie, daai antie is nie ‘n kat om sonder handskoene aan te pak nie. Miskien stig sy vir julle ‘n nuwe party.

Theresa ·

Ek stem nie saam met “al”nie. In dié land sal jy wag en wag en wag. Daar was al klaar langer as 2 dekades kans om gelyke regte, let wel: GELYKE regte toe te pas. Gaan maak berekeninge en skryf als mooi in kolomme neer. Korrekte statistiek (soos in ou dae en sekerlik steeds nou) en kyk of jy dink nog wag gaan dit verander. My voorspelling (nee, nie negatief nie – bitter realisties) is dat dit nooit gaan verander nie, maak nie saak wat mense wat so vreeslik skuldig is oor goed wat verby is nie. Persoonlik verdoem ek misdaad. Wat tans in hierdie lieflike land ervaar word, is misdaad wat goedgekeur word. Die politiek is ‘n vulletjie as mens die misdaadvloed daarmee vergelyk.

Baie bekommerd. ·

Wat hier gebeur het is presies wat Malema wou he. Dis jammer want as almal gaan doen wat hulle se gaan die volgende opesiesie leier die eff wees. Ek stem saam laat ons ons stemme laat hoor maar ons gaan bitter sleg daarvan afkom as ons nou uitmekaar spat. Laat ons as DA lede op elke moontlike manier die DA laat weet ons stem nie saam met hulle besluit nie maar ons kan nie bekostig om nou uitmekaar te spat nie. Dis maar net my siening.

Susan ·

Hy Weet Hy het aangejaag van begin af en kan nie in sy woorde terug vat sonder om verneder te word nie so vir hom is dit maar gooi haar Dan maar Onder die wiel so te spreek…

humor ·

In die huidige politieke toestand waarin die anc blykbaar ooglopend steun verloor het Mmusi en paneel laat besef die tyd is nou ryp om twyfelende anc – lede se koppe te laat swaai. Die oorwoe mening is dat dit vir die DA n veel groter kieserkorps sal besorg. Die blanke kiesers is maar n klein prys om daarvoor te betaal. Hou maar die toekomstige uitlatings dop. Daar is alreeds deurlopend gekla oor die doofstomheid van die DA rakende ingrypende kwessies wanneer dit by n sekere minderheidsgroep kom Daniel stem saam. Net daar sal nie veel wit papier die wereld vol le nie. Hulle hou nie van wit nie. Gebruik eerder stokke en klippe.

Anoniem ·

Dit voel so onregverdig, maar dis dalk ‘n bedekte seën. Dink objektief aan die politiek as ‘n skaakspel: die situasie sal meer swartes laat wegdraai van die ANC en volgende keer DA laat stem. Daarsonder kan die ANC nie in 2019 uitgestem word nie. Die blankes is te min, hulle sal nooit alleen die ANC kan uitstem nie, maak nie saak waar hulle stem nie. Die blankes kan wel vir ‘n party soos die VF+ stem wat hulle dan verteenwoordig in ‘n koalisieregering saam met die DA. Die land het ‘n beter kans op sukses onder die DA as onder die ANC of die EFF.

Gwen ·

Welkom in die Nuwe Suid-Afrika, mev. Zille. Ek hoop u is tevrede met die monster wat u help skep het.

marous ·

Stel voor sy tree af op ‘n stukkie grond naby Coligny …waar sy rustig kan slaap.

Willie ·

Hallo Mev Zille, welkom in die wereld van blanke vertrap word.

What were you thinking ·

Zille moet liewr nou stil bly. Natuurlik word wit mense anders behandel oor tweets. Hul gebruik selfs daai gevreesde woord maar ons mag nie. Ek is teleurgesteld in zille dat sy so min insig gehad het om die woord kollonialsme te opper sondr om te dink dit gaan soveel skade doen. Of dalk is dit d.a se plan om van die wit beeld(tony,zille) ontslae te raak. Ons het húl stemme nodig. Nie anders om nie. Spur kan ons nog boikot, maar nie die da. Ander partye is weglaatbaar klein. Ons is minder as 5milj!!!

Kabous ·

DA is “ge-capture” deur EFF.

DA self het in 2016 konserwatief bereken dat 51% van hulle steun blank is. (Ek dink dis meer. )

Mense het nou ander opsies: FF+ en moenie COPE vergeet nie.

Lekota IS pro-Afrikaner. Enigeen wat onlangse Afriforum Veiligheidsberaad bygewoon het sal dit bevestig.

Lekota is enigste swart leier wat in openbaat (bv op 702) gesê het dis twak dat blankes grond van swartes gesteel het.

Ek dink ‘n COPE/UDM/DA/ VF+ koalisie sal goed wees vir SA.

Die DA is dus NIE die enigste teenvoeter vir die ANC NIE.

Ons kan met geruste harte vir ander anti-ANC partye stem.

Andre ·

Zille van Black Sash faam, was nog altyd een van die Afrikaner se grootste vyande. Ek voel vere vir haar trane wat sy nou stort – die wiel het gedraai of hoe me. Zille? Jou NSA waarvoor jy so hard geveg het, het jou nou ingehaal. Al daai dansery het skynbaar ook nie gehelp nie. Die kommuniste noem liberaliste “useful idiots”. Waar plaas dit jou in die prentjie?

Johan ·

Weet julle ons land is al lankal verwoes mense vra my horkom ek nie stem…hier is die rede. Bring n party in wat glo in regverdigheid en ek stem. Malema kan se wat hy wil en mense aanmoedig om geweld te pleeg teen oor witmense en daar kom niks van? Enigste hoop vir ons land is as die VN gaan ingryp want die klomp idiote wat nou dit moet bestuur het geen idee wat hulle doen….

VF+ ondersteuner ·

Ek kon al die DA ondersteuners lankal vertel het, Helen gaan nie lank bly nie want ‘Moesie’ wil totale beheer hê oor die DA en nou het hy dit! Don’t worry Helen, the VF+ will gladly have you. DA + ANC = 1

Gatvol ·

Nee man!H, gaan op laaaang verlof en wees rustig. Wil nie ook tweespalt in dieVF+ sien nie.

Andre ·

@ VF+ ondersteuner, jou stelling wat lui: “… Helen, the VF+ will gladly have you”. Wat sal Zille daar maak, sy is ‘n super-liberalis?

Tokkie Mare' ·

Dit was net ‘n kwessie van tyd voor hulle die DA sou kaap. Nou sal dit vinnig aangepas word as ‘n ANC kloon wat ingestel is op magsbeheptheid en misbruik.

Johann Marx ·

Tannie Helen, onder daai black-sash is jy toe uiteindelik maar steeds net nog ‘n verwenste wil vel.

Jacques Venter ·

Baie mense skreeu teen Maimane, maar hulle lees nie. Maimane het nie vir Zille geskors nie.
Die DA se federale Raad, waarvan James Selfe die voorsitter is het haar geskors. Volgens. DA nuusberig is die besluit deur n oorweldige. meerderheid in die raad geneem.
So haar aanspraak dat haar skorsing rassisties is, val van die wa af

Johan Viljoen ·

Ek wil die volgende uitdaging aan die DA rig: Daag die blanke Suid-Afrikaners wat DA gestem het uit om die wat hulle nie kan vereenselwig met die klagte wat teen Helen Zille ingedien is en wat daarby staan dat kolonialisasie Suid-Afrika net goed gedoen het nie weer vir die DA mag stem nie.

Willie ·

Nou wonder ek oor die minderbevvoregtes se twiets? Of publieke uitsprake.. Dit raak nou regtig siek…

John Nieman ·

Hierdie is ‘n aanduiding dat die DA ook nie meer plek vir my het nie. Ek sal my stem dan elders laat geld.

Jacques Venter ·

Die mense wat die VF+ as n alternatief vir die DA sien, besef nie dat die VF+ op sterwe na dood is nie.
Met elke verkiesing verloor hulle steun.
Waar hulle egter baie suksesvol is, is in plaaslike verkiesings waar hulle die blanke stem verdeel om die ANC te help

Anton Alberts ·

Nee jy is verkeerd. Die VF Plus groei elke verkiesing sedert 2000, behalwe vir 2011. Daardie daling was herstel in 2016 met by die 100% groei. As jy ‘n belegger was sou jy in die VF Plus belê met ‘n definitiewe opwaartse trajek en baie potensiaal vir groei. Dis juis daardie groei wat daartoe gelei het dat die VF Plus die DA se grootste koalisievennoot in Pta, Krugersdorp en talle ander dorpe is. Die toekoms lê in koalisies en die DA sal nie nasionaal of selfs in Gauteng kan regeer sonder die VF Plus nie. Indien die DA goed groei onder die swart kiesers en die VF Plus onder minderhede kan ons dalk nog die EFF uitskakel. Dit behoort die doelwit te wees om dan ‘n links/sentrum regse regering te bou waar minderhede ook aktief saam regeer.

Bert ·

Zille se geval kan as simbolies gesien word: sy is die gemiddelde wit DA lid wat afrangeer word na ‘n tweedeklas lid, mense wat net verdra word want die toekoms is swart. Twee dinge hieroor: die Zille geval is ‘n groot geskenk vir die van ons wat besef dat die Afrikaner flirtasie met die DA dwaas is. Hoe meer die DA sy rug draai op ons, hoe meer verlore skape sal daar terugkeer na die mense. En is groter eenheid tog nie een van die fondasies vir ons oorlewing nie? Vergeet tog van parlementêre politiek. Ons toekoms is belangegroepe met bewese ondersteuning. Demografies kan dit nie anders nie. Die ander aspek is dat die DA se aantrekkingskrag vir veral Afrikaners sekerlik was dat op plaaslike vlak dienslewering die fokus was. Hoeveel honderde Afrikaanse DA raadslede is tot ‘n groot mate die rede vir die DA se sukses met dienslewering? Hoe gaan die vervreemding van hierdie mense impakteer op die beste ‘selling point’ wat die DA het? Wat beteken dit vir toekomstige dienslewering?

Jacques Venter ·

Ek haat dit dat Zille dink ons is almal onnosel. Sy probeer nou victim speel en sê sy word vervolg omdat sy wit is.

Dis die grootste klomp twak.

Daar is verskeie gevalle waar die DA teen swart lede opgetree het waar hulle fouteer het. Mense moet gerus n bietjie wyer lees.

Zille ons is nie so dom en kortsigtig as wat jy dink nie. Jy kan party maar nie almal om die bos lei, maar nie almal nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.