Helen Zille se interne verhoor begin

Helen Zille. (Foto: Tracey Adams/African News Agency)

Die DA se jongste interne dissiplinêre verhoor van die voorsitter van sy federale dagbestuur, Helen Zille, het ʼn aanvang geneem en word in Januarie voortgesit.

Die verhoor het die DA-LP Werner Horn as aanklaer, en spruit uit ʼn verslag wat Horn opgestel het ná verskeie klagtes wat van DA-lede ontvang is nadat Zille in Junie getwiet het dat daar tans in Suid-Afrika meer rassistiese wette op die wetboek is as onder apartheid.

Zille se twiet het ʼn opskudding veroorsaak. Dit is die soveelste keer dat haar twiets omstredenheid vir haar en haar party veroorsaak.

Die strekking van Horn se verslag het ingesluit dat die twiets wel skade aan die DA aangerig het, en die verhoor vind binne die raam van dié bevinding plaas.

Die voorsitter van die DA se federale regskommissie het by navraag aan Maroela Media bevestig die verhore is aan die gang met byna al die aanklaer se getuies wat reeds verskyn het, en Zille se kant van die saak wat dan gestel sal word.

Die verhoor word op 20 en 21 Januarie hervat. Die drie DA-lede wat oor die kwessie én moontlike optrede teen Zille moet besluit, is die DA-LP’s Chantel King en dr. Annelie Lotriet, asook die Oos-Kaapse DA-LPW Retief Odendaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Stefaan ·

Sy was nie verkeer nie. Niemand wil die waarheid weet nie.

Chris ·

Dis was my gedagte ook toe ek die berig lees. Ek kan aan n helse klomp rassistiese wette dink maar ek dink die probleem is in ons land kan slegs blankes rassiste wees.

Jacobus ·

In ons land wen feite en waarheid nooit. Wag maar vir Ace se integriteits verhoor.
Sterkte Helen.

Kanjynoumeer ·

Moet nooit vergeet nie – Helen Zille is nie van die ou apartheids era nie. So moet haar sieninge nie as sulks behandel of straf nie. Net omdat sy die waarheid praat word sy nou so stief behandel.
Alles was ook nie sleg van die apartheids era as jy kyk na die infrastruktuur in Suid-Afrika nie.
Hoe lank moet mense gestraf word oor apartheids sieninge? Word omgekeerde apartheid strategieë nou toegepas. Wanneer jy iemand wil slaan sal jy wel n stok vind. Sterkte Helen. In baaaie van ons se oë bly jy n yster vrou!

Michael ·

Dat julle oor apartheids siening gestraf word sal nog lank vat. duitsland word nog steeds gestraf oor die 2. wereld oolog. Selfs vir die 1. wereldoolog het hulle tot in 1990 jare betaal. Ongelukig werk hierdie verkeerde werled so. die engelse wat mat n groot deel van hierdie werld chaos veroorsaak het, sit lekker metn glimlag.

Jacobus ·

Feite en waarheid sneuwel altyd in ons land – sterkte. Wag nou vir Ave se klug.

My siening ·

Die waarheid sal n opskudding veroorsaak in die land waar die ANC misdaad en rassisme op wit mense goed keur, so Helen soos hulle sê die waarheid maak die ANC seer. Hoe kan jul die waarheid aan kla?

Tanniepetoors ·

Daar is sedert 1994 dosyne wetgewing gepromulgeer wat duisende mense werkloos gelaat het. Dit het dikwels gediskrimineer teen spesifieke rasse waar ‘n groot aantal werkers deur een bevolkingsgroep verteenwoordig word. Helen Zille is nie verkeerd nie.

Jannie van Niekerk ·

Die dik brille, swart pakke en kort mannetjie sindroom van sekere DA leiers kos die party alhoemeer stemme. Hulle het eers met Tannie Pat gesukkel. (Met andelige gevolge vir die party) Nou sukkel hulle met Tannie Hellen wat maar net die waarheid praat. Leer die manne NOOIT iets nie?

Blomme ·

Tannie Pat is in ń ander klas… Daar waar geld harder praat as integriteit en lojaliteit!

ROELOF ·

En so verjaag die DA weereens hul kiesers met hul alewige interne ondersoeke as die waarheid uitgelig word. Wat hul probeer bereik weet nugter alleen.

Coenraad ·

Die waarheid moet alweer sneuwel as gevolg van ‘politieke korrektheid’. Sterkte, Helen, gee hulle gas!

Grassie ·

Die DA se vér linkse liberalisme glip kort-kort uit. Destyds wou hulle vir Zille kruisig omdat sy gesê het alles was nie net sleg tydens die vorige sg. “koloniale” bewind nie, daar is darem so nou en dan iets goeds gedoen. Nou verhoor hulle haar omdat sy, ten regte, praat van rassistiese wette. Intussen probeer die DA ‘n meer gematigde vals front voorhou om die Afrikanerstem te paai. Luister wat ek sê, DA – ons is nie onnosel nie, ons is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie, ons sien deur julle.

Jaco ·

Dié vrou sê allerhande goed wat uiteindelik nog eendag deur die ANC en die EFF vertolk gaan word as “alle wit mense is maar so”. En dan, wanneer hulle begin om ons regtig te onderdruk en te straf ook oor Helen Zilleguitsprake waarmee nie eens alle wit mense saamstem nie, dan kan sy maklik SA verlaat, omdat sy deur haar grootouers aan moeders- en vaderskant Duitse burgerskap kan kry.

agnes ·

Sy is heeltemal reg, ons land was nog nooit so rassisties soos nou nie

J ·

Die WAARHEID maak seer!

Die ANC rampokker regime het alle morele geloofwaardigheid verloor deur die ou Apartheidsregering te OORTREF met rasse-diskriminerende wette!

Die ANC rampokker regime oortref boonop die ou Apartheidsregering by verre met korrupte selfverryking!

Die enigste fasette waarmee die ANC rampokker regime, NIE die ou Apartheid regime kan oortref nie is met DIENSLEWERING en WET en ORDE!

DA ….. LOS VIR HELEN UIT!

Sy was nog altyd reg … en haar kollegas ver vooruit!

Zille is tot dusver die BES PRESTERENDE politieke leier sedert Nelson Mandela!

Chris ·

Die grootste probleem in die land is die meerderheid van ons burgers lei aan die Dunning – Kruger sindroom. Ek haal dit aan in Engels wat dit baie meer beskaafd/sagkens as ek stel: “The Dunning – Kruger effect is a cognitive bias in which people with low ability at a task overestimate their ability. It is related to the cognitive bias of illusory superiority and comes from peoples inability to recognise their lack of ability”. Jy durf dit egter nie onder die persone se aandag bring nie aangesien ‘n kleur daaraan gekoppel sal word.

Nico ·

DA verdien om weg te kwyn. As jy na die feite kyk was en is sy nog altyd reg maar hulle klou vas aan die ANC light en politiek korrek wees beginsel. So dus DA gaan maar totniet.

JohanR ·

DA weg, VFPlus weg, Solidaritei weg, AfriForum weg, en daar is SA ‘n woestyn!

JohanR ·

Was sy verkeerd van/oor die vette? As sy verkeerd was of gelieg het dan gee haar pakslae, maar sy reg was??

Adriana ·

As sy iets twiet en sê wat die waarheid is word dit verdraai en moet sy verhoor en in die hof verskyn, maar die ANC kaders en Malema mag sê en doen wat hul wil en daar word niks aan hul gedoen. Is dit nou nie verdeeldheid en rassisme nie.

Oompievis ·

DA is uitgedien. Dit het ń afspring plek geword vir ń klompie politikusnarre wat nêrens anders ń speelplek kry nie.
Hierdie land het GEEN leiers oor wat ń demokrasie kan bestuur nie. Dis ongelukkig nie die moeite werd vir ń ware leier om in politiek betrokke te raak nie aangesien die stigma rondom Suid Afrikaanse politikuste ń permanente skade aan hul beeld sal veroorsaak.
Ek probeer dink aan ń eerbare politikus en die enigste naam wat opkom is Helen.

Ek stem saam met die plasing van Dunning-Kruger sindroom.

Sarel ·

Die DA kan masr net niecsy huis on orde kry nie.
Julle het reeds seer gekry in die WK.

Sarel ·

Sy is ou en gesoute Politikus
Die DA se beheer van die WK was aan haar leierskap te danke.

Meyndert ·

Wat die DA nie wil verstaan nie is, dat die skade aan die DA nie haar twiets was nie maar hulle veregaande reaksie op die waarheid wat sy getwiet het. Hierdie aksie wat hulle nou neem sal my permanent van die DA vervreem. Weet net nie waarheen nou nie. WAS die enigste lewensvatbare opposisie vir die anc.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.