Helen Zille se laaste toespraak

Zille tydens haar toespraak Saterdag. Foto: Twitter

Zille tydens haar toespraak Saterdag. Foto: Twitter

Helen Zille het Saterdag haar laaste toespraak as leier van die DA gelewer.

“Dit is ’n ongelooflike eer om hier te wees en die laaste keer as DA-leier met julle te praat. Die DA was nie net ’n groot deel van my lewe nie … dit het dikwels soos my hele lewe gevoel,” het Zille aan afgevaardigdes by die party se verkiesingskongres in Port Elizabeth gesê.

Zille het gesê daar het die afgelope agt jaar baie in die party gebeur terwyl sy aan die stuur van sake was. “Ons sou nie in 2007 kon voorspel waar die DA vandag is nie.” Sy het ook verwys na die party se groei. “Ons het van 338 000 stemme in 1994 na meer as 4 miljoen verlede jaar gegroei. In die proses het die DA een van die mees nierassige partye geword wat die land nog ooit gehad het.”

Zille het gesê die party het egter nog net begin wys wat in hom steek. “Die kongres is ’n draaipunt vir die DA sowel as Suid-Afrika. Dit is die begin van ’n nuwe era.” Volgens Zille verloor die ANC met elke verkiesing steun terwyl die DA se steun groei. “Hulle [die ANC] het niks oor om aan te bied nie … hulle sit vas in die verlede en kan nie die toekoms wen nie.”

Zille het ’n beroep gedoen op die party om haar opvolger te ondersteun soos wat hulle met haar gedoen het. Talle partylede, vriende en familie het vroeër die dag hulde aan Zille gebring.

“Die DA is beter af as wat dit voorheen was, maar nog belangriker is dat Suid-Afrika beter af is as wat dit was,” het James Selfe, voorsitter van die party se federale raad, gesê.

Patricia de Lille, DA-leier in die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad, het Zille se familie bedank aangesien hulle haar met die party en die res van die land gedeel het. Volgens De Lille het Zille die Wes-Kaapse regering verander in ’n “masjien van dienslewering”.

Allister Sparks, veteraan-joernalis, het gesê hy ken Zille al sedert sy ’n skoolmeisie was. “Ek kon sien sy het ’n passie vir die politiek. Die besluit om uit te tree is een van die moeilikste besluite vir ’n leier om te neem.”

Paul en Tom Maree, Zille se seuns, het ook hulde aan haar gebring. “Viva DA viva,” het Paul gegrap. “Ek wou nog altyd dit doen.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Neptunus ·

Viva DA Viva? Toemaar, julle ma se opvolger sal meer gemaklik met die danspassies lyk en minder simpel wanneer hy dit uitvoer.

Die DA sal egter geen verskil maak in die parlement nie, watter belangrike stuk wetgewing het die party nou al ooit gekeer?

Cum Laude ·

Groot handelsmerk gewees. Het vir ZILLE gestem eerder as die DA. Blanke kiesers het nou weer moeilike keuse.

CHRISTA ·

Ek gee nie om of dit ‘n blanke of anderskleurige is wat aan die stuur van sake staan nie. Dit moet net ‘n volwaardige leier wees. Sterkte en voorspoed vir Mmusi en die DA!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.